• Dag 9 - Vanzylspas na Nêrens

    12 maj 2017, Namibia ⋅ ☀️ 40 °C

    Dit is D-dag, oftewel Vanzylspas-dag, met die ergste deel van die pas - die "Hillary Step" - wat op die bestuurders wag. Rey kry almal in een stuk oor dié struikelblok, en teen middagete is ons onder in die mooie Marienfluss, vanjaar kuithoogte getooi in geel gras tot teen die horison. Rooidrom verby, en daar draai ons rofweg suid, skurwe en woeste wêreld in. Ons kamp weer in die veld, by wat Rey sommer Kamp Nêrens noem. Voor aandete is hy en Jarra eers onder 'n Hilux in wat moeilikheid gee: 'n boereplan word gemaak. Pap en wors vir aandete, dan slaaptyd.Läs mer