• Dag 3 - Tiaan's na Drifters Maun Lodge

    March 16, 2018 in Botswana ⋅ ⛅ 10 °C

    Ons klein konvooi steek vandag die Botetirivier oor by Xhumaga en by die ingangshek na die Makgadikgadi- nasionale park kry ons 'n kort praatjie by navorsers van Elephants for Africa. Daarna sien ons hope olifant en kameelperd, en na middagete in die veld verlaat ons die park en ry na Drifters Maun Lodge, ons basis vir die volgende paar dae. Teen sonsondergang is almal op die kaai vir foto's oor die water. Aandete? Wors en kapokaartappels, plus slaai. Die vrugtevlermuise twiet. Lekker slaap!Read more