• Dag 4 - Maun

    17 de março de 2018, Botsuana ⋅ ⛅ 25 °C

    Vandag ry toerlede in dorp toe - na Maun - waar meeste mense besigtigingsvlugte onderneem oor die Okavangodelta. Padlangs lê Botswana geilgroen na onlangse reën. Ons drink koffie by die Tshillie Coffee Shop en ry dan terug na Drifters Lodge waar toerlede 'n middagklas loop in fotografiewenke. Tussendeur loop die rustigheid dik strome. Dis mos vakansie!Leia mais