• Dag 5 - Na Tsodilo-heuwels

    March 18, 2018 in Botswana ⋅ 🌧 3 °C

    Ons konvooi van 9 voertuie verlaat vandag Maun en ry na Sehitwa waar ons noord draai. Die pad is goor - slaggate soos jy lanklaas gesien het - maar dit lei ons darem na 'n mooi plek: Sepopa Swamp Stop teen die Okavango-pypsteel, waar ons middagete geniet terwyl druppels oor die delta val, dwergganse verbyvlieg en 'n klein krokodilletjie ons met een oog dophou. Dan stoot ons onder dik wolke aan na Tsodilo-heuwels, waar die veld groen en dig staan van veldblom, gras en boom. Om ons lê wildernis, nou swart gehul in nag.Read more