• Dag 6 - Tsodilo na Ngepi

    March 19, 2018 in Namibia ⋅ ⛅ 24 °C

    Tsodilo-heuwels teen dagbreek is 'n goeie plek om te wees, en ná laasnag se sagte reën is dit amper koel wanneer ons gaan stap om na die rotstekeninge te kyk. Voetpadlangs let ons mense (en hul lense) vandag op die fyn goedjies: duisendpootbene, ragfyn paddastoeltjies, papierbas wat loskrul... Middagete in die piekniekterrein roep 'n boomeekhorinkie ons oor na 'n klein pofadder. Dan ry ons Shakawe deur, Mohembo-grenspos deur, sit effens vas op pad na Ngepi maar sit nou ewe vas by hul kroegtoonbank se koue koeldrank (en Wi-Fi...). Groete van hier.Read more