• Dag 10 - Victoriawaterval

    23 marzo 2018, Zambia ⋅ 🌙 -4 °C

    Die reënweer bly by ons vandag. Dis koel en bewolk wanneer ons die grens oorsteek na Zimbabwe. In Vic Falls aangekom gaan party toerlede op helikoptervlugte terwyl ander te voet die bulderende Victoriawaterval bekyk (dis vól). Teen middagete sit party van ons by The Lookout Café wat uitkyk oor die Batokaravyn. Die weer dreun, weerlig blits en die reën val dat jy net sien toeriste spat.Leggi altro