Dag 1 - Kaapstad na Mamre
1. marraskuuta 2017, Etelä-Afrikka ⋅ ☀️ 22 °C
Weg Agterpaaie Weskus begin in Kaapstad: Toast Coetzer en Sophia van Taak reis hiervandaan na die sendingdorp Mamre waar hulle die Cape Nature botanis Rupert Koopman ontmoet wat hulle neem na 'n kolLue lisää
Dag 2 - Weskus- nasionale park
2. marraskuuta 2017, Etelä-Afrikka ⋅ 🌙 18 °C
Die dag begin met 'n rustige seekajakvaart na Schaapen-eiland by Langebaan saam met Marie-Louise Kellett van Gravity Adventures. Daarna ry Sophia en Toast saam met hoofveldwagter Pierre Nel in dieLue lisää
Dag 3 - St Helenabaai en Kaap Columbine
3. marraskuuta 2017, Etelä-Afrikka ⋅ ☀️ 17 °C
Vandag leer ons hoe 'n sardyn in 'n Saldanhablikkie beland, iemand draai Sophia toe in kleefplastiek en dan ry ons agterpad na Kaap Columbine waar die vuurtoringwagter Japie Greeff staaltjies deel uitLue lisää
Dag 4 - Paternoster
4. marraskuuta 2017, Etelä-Afrikka ⋅ 🌙 17 °C
Vandag vertel Pieter "Meester" Coraizin ons van sy lewe as visserman op Paternoster. Ons vaar uit saam met hom en sy vriend sedert kinderdae, Hendrik Visagie. Die dag eindig op die strand, met meeueLue lisää
Dag 5 - Vredenburg en Kersefontein
5. marraskuuta 2017, Etelä-Afrikka ⋅ 🌙 15 °C
Toast en Sophia kuier by tannie Alida Lochner in Vredenburg en kry gebreide musse en 'n bak beskuit present. In die Hopefield-distrik wys Julian Melck die Weg Agterpaaie Weskus-span rond op syLue lisää
Dag 6 - Hopefield en Velddrif
6. marraskuuta 2017, Etelä-Afrikka ⋅ ☀️ 21 °C
Ons dag behels (sover): perd opsaal en beeste aanjaag op Kersefontein, luister na 'n kort orrel-uitvoering deur Julian Melck in die Hopefield NG-kerk, wortelkoek en koffie eet oorkant die pad by HoneyLue lisää
Dag 7 - Velddrif en Redelinghuys
7. marraskuuta 2017, Etelä-Afrikka ⋅ 🌙 19 °C
'n Onverwagse internasionale-strandhengelkompetisie, bokkoms sorteer in Bokkomlaan, Duncan Theart op die Bergrivier, koue koeldrank in warm Aurora en kunstenaar Rod Freemantle in Redelinghuys. DítLue lisää
Dag 8 - Elandsbaai
8. marraskuuta 2017, Etelä-Afrikka ⋅ 🌙 13 °C
Vandag ry Sophia en Toast vir die eerste keer in hul lewens brander. Wel, dit was meer 'n gevallery en gesluk van soutwater as iets anders, maar dit was pret! Gigs Celliers en Chantal Isaac van DieLue lisää
Dag 9 - Clanwilliam en Pakhuispas
9. marraskuuta 2017, Etelä-Afrikka ⋅ ☀️ 20 °C
Weg Agterpaaie ry vir eers weg van die Weskus, binneland in, van Elandsbaai deur Leipoldtville en Graafwater na Clanwilliam, waar Sophia en Toast sien hoe Strassberger-vellies gemaak word. Dan draaiLue lisää
Dag 10 - Traveller's Rest, Sederberg
10. marraskuuta 2017, Etelä-Afrikka ⋅ ⛅ 27 °C
Vandag neem die Strauss-familie van Traveller's Rest ons in: rotsklim, samesyn, rooibosteelande, rotskuns, lusernlaai en nou, nou gaan ons braai...
Oornagplek: Traveller's Rest, travellersrest.co.za
Dag 11 - Clanwilliam na Lambertsbaai
11. marraskuuta 2017, Etelä-Afrikka ⋅ ☀️ 18 °C
Pakhuispas oor terug na Clanwilliam waar ons vellies koop by Strassbergers, dan Graafwater deur na die koelte van die kus. Ian Turner van Muisbosskerm ontvang ons, vertel hoe sy pa dié ikonieseLue lisää
Dag 12 - Rusdag, Lambertsbaai
12. marraskuuta 2017, Etelä-Afrikka ⋅ ☀️ 20 °C
Die Weg Agterpaaie Weskus-span rus bietjie vandag: daar word laatgeslaap, ontbyt geëet by die Lambertsbaai-hotel, wasgoed gewas by die BP en daarna braai ons dikke steaks van Piet se Slaghuis terwylLue lisää
Dag 13 - Lambertsbaai
13. marraskuuta 2017, Etelä-Afrikka ⋅ 🌙 15 °C
Almal ken Lambertsbaai se malgaskolonie en vandag wys bewaarder Yves Chesselet vir Toast en Sophia díe natuurwonder van naby. Op Steenbokfontein ry Kitta Burger hulle rond op die plaas na ou grotte,Lue lisää
Dag 14 - Doringbaai na Vredendal
14. marraskuuta 2017, Etelä-Afrikka ⋅ ☀️ 29 °C
Grondpad na Doringbaai vir klippies sorteer en perlemoen kyk, Papendorp volgende vir uitroei op die Olifantsrivier en net uitgooi, dan Vredendal vir rieldans en stof opskop by Teubes-wyne. En by RoomsLue lisää
Dag 15 - Vredendal
15. marraskuuta 2017, Etelä-Afrikka ⋅ 🌙 15 °C
Vandag word ons op die hande gedra deur die vriendelike mense van die Maskam-brouery. Eers wys Maree Botha ons rond tussen die sitrusboorde en wingerde, dan tel ons die Sishen-Saldanhatrein se waensLue lisää
Dag 16 - Vanrhynsdorp
16. marraskuuta 2017, Etelä-Afrikka ⋅ 🌙 16 °C
Dis fyn trap tussen vetplantjies - beeskloutjies bababoudjies en knopies - op die Knersvlakte vandag saam met Christine Wiese, dan frekwensies gesels met Oom Louis Latsky in sy radiomuseum opLue lisää
Dag 17 - Ratelgat
17. marraskuuta 2017, Etelä-Afrikka ⋅ ⛅ 20 °C
Oom Thys en tannie Valerie Mentoor neem ons vandag diep in die geskiedenis van die Griekwa in: ons besoek Beeswater, bespreek die visioene van Die Kneg, wat dinge soos die Sishen-SaldanhatreinLue lisää
Dag 18 - Vanrhynsdorp na Hondeklipbaai
18. marraskuuta 2017, Etelä-Afrikka ⋅ ☀️ 15 °C
Die Fortuner rek bene: van Vanrhynsdorp N7 langs verby Nuwerus, Bitterfontein en Garies, dan grondpad af na Hondeklipbaai waar die middag kunstig raak by Deon Venter en Madeleine Baumgart. AlsLue lisää
Dag 19 - Wallekraal
19. marraskuuta 2017, Etelä-Afrikka ⋅ 🌙 16 °C
Vandag het ons Nagmaal gehou op Wallekraal.
Dag 20 - Hondeklipbaai na Kamieskroon
20. marraskuuta 2017, Etelä-Afrikka ⋅ 🌙 17 °C
Die pad lei ons van die wildeperdekrag van die Atlantiese Oseaan se branders oor berge en dale deur die kurkdroë Namakwaland na Kamieskroon waar ons dieper die berge invaar tot by lieflikeLue lisää
Dag 21 - Boesmanland
21. marraskuuta 2017, Etelä-Afrikka ⋅ 🌧 8 °C
Die dag begin met stuifreën en koue op Pedroskloof buite Kamieskroon. Ons ry agterpad oor Gamoep, en op Dabeep sien ons hoe Boesmanland-boere ontvangs neem van droogtehulp uit Hartswater se wêreld.Lue lisää
Dag 22 - Springbok
22. marraskuuta 2017, Etelä-Afrikka ⋅ 🌙 12 °C
Springbok is een van die mooiste dorpe in die Noord-Kaap. Vandag kuier ons by Annelize en Roelf Erasmus van die Springbok-lodge, dan vaar ons die dorp in vir proviand-aankope, gasbottel volmaak enLue lisää
Dag 23 - Kleinzee
23. marraskuuta 2017, Etelä-Afrikka ⋅ 🌫 6 °C
By die Kleinzee-museum ontmoet ons vir Rodville Adams en Natalie Weyers, dan gesels ons verder diamantstories by die gholfklub saam met Johan 14 Mostert, Koos Polony, Langmouter Coetzee en RudolfLue lisää
Dag 24 - Port Nolloth
24. marraskuuta 2017, Etelä-Afrikka ⋅ ☀️ 30 °C
Vanoggend verken ons eers Kleinzee saam met Quiryn Snethlage en Werner Engelbrecht en dan tour de force George Moyses ons deur die diamantgeskiedenis van Port Nolloth. Ons gesels met Rozanne HanekomLue lisää
Dag 25 - Eksteenfontein en Richtersveld
25. marraskuuta 2017, Namibia ⋅ 🌙 26 °C
Dit is tyd vir die wildernis. Eers kuier ons by tannie Rachel en oom Koos Strauss in Eksteenfontein waar ons droogte, liefde en Springbokrugby bespreek. Dan lei Rey Janse van Rensburg ons langs dieLue lisää


























































































































































Sien baie uit om saam te reis
Julle moet dit geniet! Wanneer is die uitsending op tv ? Piet Swart
WegTydskrifDit sal so van middel-Januarie 2018 op die kassie wees. :)