Dag 1 - Kaapstad na Mamre
1 listopada 2017, Afryka Południowa ⋅ ☀️ 22 °C
Weg Agterpaaie Weskus begin in Kaapstad: Toast Coetzer en Sophia van Taak reis hiervandaan na die sendingdorp Mamre waar hulle die Cape Nature botanis Rupert Koopman ontmoet wat hulle neem na 'n kol Czytaj więcej
Dag 2 - Weskus- nasionale park
2 listopada 2017, Afryka Południowa ⋅ 🌙 18 °C
Die dag begin met 'n rustige seekajakvaart na Schaapen-eiland by Langebaan saam met Marie-Louise Kellett van Gravity Adventures. Daarna ry Sophia en Toast saam met hoofveldwagter Pierre Nel in die Czytaj więcej
Dag 3 - St Helenabaai en Kaap Columbine
3 listopada 2017, Afryka Południowa ⋅ ☀️ 17 °C
Vandag leer ons hoe 'n sardyn in 'n Saldanhablikkie beland, iemand draai Sophia toe in kleefplastiek en dan ry ons agterpad na Kaap Columbine waar die vuurtoringwagter Japie Greeff staaltjies deel uit Czytaj więcej
Dag 4 - Paternoster
4 listopada 2017, Afryka Południowa ⋅ 🌙 17 °C
Vandag vertel Pieter "Meester" Coraizin ons van sy lewe as visserman op Paternoster. Ons vaar uit saam met hom en sy vriend sedert kinderdae, Hendrik Visagie. Die dag eindig op die strand, met meeue Czytaj więcej
Dag 5 - Vredenburg en Kersefontein
5 listopada 2017, Afryka Południowa ⋅ 🌙 15 °C
Toast en Sophia kuier by tannie Alida Lochner in Vredenburg en kry gebreide musse en 'n bak beskuit present. In die Hopefield-distrik wys Julian Melck die Weg Agterpaaie Weskus-span rond op sy Czytaj więcej
Dag 6 - Hopefield en Velddrif
6 listopada 2017, Afryka Południowa ⋅ ☀️ 21 °C
Ons dag behels (sover): perd opsaal en beeste aanjaag op Kersefontein, luister na 'n kort orrel-uitvoering deur Julian Melck in die Hopefield NG-kerk, wortelkoek en koffie eet oorkant die pad by Honey Czytaj więcej
Dag 7 - Velddrif en Redelinghuys
7 listopada 2017, Afryka Południowa ⋅ 🌙 19 °C
'n Onverwagse internasionale-strandhengelkompetisie, bokkoms sorteer in Bokkomlaan, Duncan Theart op die Bergrivier, koue koeldrank in warm Aurora en kunstenaar Rod Freemantle in Redelinghuys. Dít Czytaj więcej
Dag 8 - Elandsbaai
8 listopada 2017, Afryka Południowa ⋅ 🌙 13 °C
Vandag ry Sophia en Toast vir die eerste keer in hul lewens brander. Wel, dit was meer 'n gevallery en gesluk van soutwater as iets anders, maar dit was pret! Gigs Celliers en Chantal Isaac van Die Czytaj więcej
Dag 9 - Clanwilliam en Pakhuispas
9 listopada 2017, Afryka Południowa ⋅ ☀️ 20 °C
Weg Agterpaaie ry vir eers weg van die Weskus, binneland in, van Elandsbaai deur Leipoldtville en Graafwater na Clanwilliam, waar Sophia en Toast sien hoe Strassberger-vellies gemaak word. Dan draai Czytaj więcej
Dag 10 - Traveller's Rest, Sederberg
10 listopada 2017, Afryka Południowa ⋅ ⛅ 27 °C
Vandag neem die Strauss-familie van Traveller's Rest ons in: rotsklim, samesyn, rooibosteelande, rotskuns, lusernlaai en nou, nou gaan ons braai...
Oornagplek: Traveller's Rest, travellersrest.co.za
Dag 11 - Clanwilliam na Lambertsbaai
11 listopada 2017, Afryka Południowa ⋅ ☀️ 18 °C
Pakhuispas oor terug na Clanwilliam waar ons vellies koop by Strassbergers, dan Graafwater deur na die koelte van die kus. Ian Turner van Muisbosskerm ontvang ons, vertel hoe sy pa dié ikoniese Czytaj więcej
Dag 12 - Rusdag, Lambertsbaai
12 listopada 2017, Afryka Południowa ⋅ ☀️ 20 °C
Die Weg Agterpaaie Weskus-span rus bietjie vandag: daar word laatgeslaap, ontbyt geëet by die Lambertsbaai-hotel, wasgoed gewas by die BP en daarna braai ons dikke steaks van Piet se Slaghuis terwyl Czytaj więcej
Dag 13 - Lambertsbaai
13 listopada 2017, Afryka Południowa ⋅ 🌙 15 °C
Almal ken Lambertsbaai se malgaskolonie en vandag wys bewaarder Yves Chesselet vir Toast en Sophia díe natuurwonder van naby. Op Steenbokfontein ry Kitta Burger hulle rond op die plaas na ou grotte, Czytaj więcej
Dag 14 - Doringbaai na Vredendal
14 listopada 2017, Afryka Południowa ⋅ ☀️ 29 °C
Grondpad na Doringbaai vir klippies sorteer en perlemoen kyk, Papendorp volgende vir uitroei op die Olifantsrivier en net uitgooi, dan Vredendal vir rieldans en stof opskop by Teubes-wyne. En by Rooms Czytaj więcej
Dag 15 - Vredendal
15 listopada 2017, Afryka Południowa ⋅ 🌙 15 °C
Vandag word ons op die hande gedra deur die vriendelike mense van die Maskam-brouery. Eers wys Maree Botha ons rond tussen die sitrusboorde en wingerde, dan tel ons die Sishen-Saldanhatrein se waens Czytaj więcej
Dag 16 - Vanrhynsdorp
16 listopada 2017, Afryka Południowa ⋅ 🌙 16 °C
Dis fyn trap tussen vetplantjies - beeskloutjies bababoudjies en knopies - op die Knersvlakte vandag saam met Christine Wiese, dan frekwensies gesels met Oom Louis Latsky in sy radiomuseum op Czytaj więcej
Dag 17 - Ratelgat
17 listopada 2017, Afryka Południowa ⋅ ⛅ 20 °C
Oom Thys en tannie Valerie Mentoor neem ons vandag diep in die geskiedenis van die Griekwa in: ons besoek Beeswater, bespreek die visioene van Die Kneg, wat dinge soos die Sishen-Saldanhatrein Czytaj więcej
Dag 18 - Vanrhynsdorp na Hondeklipbaai
18 listopada 2017, Afryka Południowa ⋅ ☀️ 15 °C
Die Fortuner rek bene: van Vanrhynsdorp N7 langs verby Nuwerus, Bitterfontein en Garies, dan grondpad af na Hondeklipbaai waar die middag kunstig raak by Deon Venter en Madeleine Baumgart. Als Czytaj więcej
Dag 19 - Wallekraal
19 listopada 2017, Afryka Południowa ⋅ 🌙 16 °C
Vandag het ons Nagmaal gehou op Wallekraal.
Dag 20 - Hondeklipbaai na Kamieskroon
20 listopada 2017, Afryka Południowa ⋅ 🌙 17 °C
Die pad lei ons van die wildeperdekrag van die Atlantiese Oseaan se branders oor berge en dale deur die kurkdroë Namakwaland na Kamieskroon waar ons dieper die berge invaar tot by lieflike Czytaj więcej
Dag 21 - Boesmanland
21 listopada 2017, Afryka Południowa ⋅ 🌧 8 °C
Die dag begin met stuifreën en koue op Pedroskloof buite Kamieskroon. Ons ry agterpad oor Gamoep, en op Dabeep sien ons hoe Boesmanland-boere ontvangs neem van droogtehulp uit Hartswater se wêreld. Czytaj więcej
Dag 22 - Springbok
22 listopada 2017, Afryka Południowa ⋅ 🌙 12 °C
Springbok is een van die mooiste dorpe in die Noord-Kaap. Vandag kuier ons by Annelize en Roelf Erasmus van die Springbok-lodge, dan vaar ons die dorp in vir proviand-aankope, gasbottel volmaak en Czytaj więcej
Dag 23 - Kleinzee
23 listopada 2017, Afryka Południowa ⋅ 🌫 6 °C
By die Kleinzee-museum ontmoet ons vir Rodville Adams en Natalie Weyers, dan gesels ons verder diamantstories by die gholfklub saam met Johan 14 Mostert, Koos Polony, Langmouter Coetzee en Rudolf Czytaj więcej
Dag 24 - Port Nolloth
24 listopada 2017, Afryka Południowa ⋅ ☀️ 30 °C
Vanoggend verken ons eers Kleinzee saam met Quiryn Snethlage en Werner Engelbrecht en dan tour de force George Moyses ons deur die diamantgeskiedenis van Port Nolloth. Ons gesels met Rozanne Hanekom Czytaj więcej
Dag 25 - Eksteenfontein en Richtersveld
25 listopada 2017, Namibia ⋅ 🌙 26 °C
Dit is tyd vir die wildernis. Eers kuier ons by tannie Rachel en oom Koos Strauss in Eksteenfontein waar ons droogte, liefde en Springbokrugby bespreek. Dan lei Rey Janse van Rensburg ons langs die Czytaj więcej


























































































































































Sien baie uit om saam te reis
Julle moet dit geniet! Wanneer is die uitsending op tv ? Piet Swart
WegTydskrifDit sal so van middel-Januarie 2018 op die kassie wees. :)