FindPenguins
  • Домой
  • Исследовать
    • Скачать программу
    • Регистрация
    • Войти
    • Скачать программу
    • Войти
    • Домой
    • Напечатать альбом
    • Создать видео облёта
    • Исследовать
    • Поддержка
    • Следите за нами
  • Регистрация
Очистить поиск
Weg Agterpaaie Weskus
  • WegTydskrif
  • WegTydskrif

Weg Agterpaaie Weskus

29-дневное приключение от WegTydskrif Читать далее
ПодписатьсяОбзорОбзорКалендарьКалендарьФотографииФотографииПоделитьсяПоделитьсяКорзина
Сначала новые
  • Начало поездки
    1 ноября 2017 г.
    WegTydskrifWeg Agterpaaie WeskusWegTydskrif

    Dag 1 - Kaapstad na Mamre

    1 ноября 2017 г., Южная Африка ⋅ ☀️ 22 °C

    Weg Agterpaaie Weskus begin in Kaapstad: Toast Coetzer en Sophia van Taak reis hiervandaan na die sendingdorp Mamre waar hulle die Cape Nature botanis Rupert Koopman ontmoet wat hulle neem na 'n kol bedreigde renosterveld buite die dorp. Boegoe word aan geruik, en hondegesiggies en sandveldspinnekopbos leer ken.

    Oornagplek: Duinepos Selfsorg-chalets, www.duinepos.co.za
    Читать далее

    Посмотреть перевод

    Sien baie uit om saam te reis

    01.11.2017Ответить

    Julle moet dit geniet! Wanneer is die uitsending op tv ? Piet Swart

    01.11.2017Ответить
    WegTydskrif

    WegTydskrifDit sal so van middel-Januarie 2018 op die kassie wees. :)

    03.11.2017Ответить
    4 лайка
     
  • WegTydskrifWeg Agterpaaie WeskusWegTydskrif

    Dag 2 - Weskus- nasionale park

    2 ноября 2017 г., Южная Африка ⋅ 🌙 18 °C

    Die dag begin met 'n rustige seekajakvaart na Schaapen-eiland by Langebaan saam met Marie-Louise Kellett van Gravity Adventures. Daarna ry Sophia en Toast saam met hoofveldwagter Pierre Nel in die Weskus- nasionale park rond, van Geelbek na Abrahamskraal, Kraalbaai na Tsaarsbank. Padlangs sien hulle o.a. molslange, 'n ernstige pofadder en oulike steenbokkies. Die dag eindig - wraggies - met donderweer en reën, soete reën.

    Oornagplek: Duinepos Selfsorg-chalets, www.duinepos.co.za
    Читать далее

    Посмотреть перевод
    3 лайка
     
  • WegTydskrifWeg Agterpaaie WeskusWegTydskrif

    Dag 3 - St Helenabaai en Kaap Columbine

    3 ноября 2017 г., Южная Африка ⋅ ☀️ 17 °C

    Vandag leer ons hoe 'n sardyn in 'n Saldanhablikkie beland, iemand draai Sophia toe in kleefplastiek en dan ry ons agterpad na Kaap Columbine waar die vuurtoringwagter Japie Greeff staaltjies deel uit sy lang jare teen Suid-Afrika se kuslyn.

    Oornagplek: Klein Paternoster-selfsorg, 082 804 2500 (Pikkie)
    Читать далее

    Посмотреть перевод
    3 лайка
     
  • WegTydskrifWeg Agterpaaie WeskusWegTydskrif

    Dag 4 - Paternoster

    4 ноября 2017 г., Южная Африка ⋅ 🌙 17 °C

    Vandag vertel Pieter "Meester" Coraizin ons van sy lewe as visserman op Paternoster. Ons vaar uit saam met hom en sy vriend sedert kinderdae, Hendrik Visagie. Die dag eindig op die strand, met meeue in die vlakbranders, en hand-in-hand laatstappers.

    Oornagplek: Klein Paternoster-selfsorg, 082 804 2500 (Pikkie)
    Читать далее

    Посмотреть перевод
    3 лайка
     
  • WegTydskrifWeg Agterpaaie WeskusWegTydskrif
    1

    Dag 5 - Vredenburg en Kersefontein

    5 ноября 2017 г., Южная Африка ⋅ 🌙 15 °C

    Toast en Sophia kuier by tannie Alida Lochner in Vredenburg en kry gebreide musse en 'n bak beskuit present. In die Hopefield-distrik wys Julian Melck die Weg Agterpaaie Weskus-span rond op sy geskiedkundige plaas, Kersefontein. Die dag word afgesluit op die Bergrivier, met 'n jenewertjie.

    Oornagplek: Kersefontein, www.kersefontein.co.za
    Читать далее

    Посмотреть перевод

    Juffrou Alida Lochner, my Standard 1 onderwyseres op Vredenburg. Sy was kwaai, maar met 'n hart van goud. Een van daardie mense wat jou help om jou lewe te vorm. Sy het skelm my geel onderbaadjie vir my gebry toe ek in Standerd 5 was. Ek kan nou nog nie 'n knoop aanwerk nie.... Dankie Juffrou Lochner vir mooi herinneringe.

    07.11.2017Ответить
    3 лайка
     
  • WegTydskrifWeg Agterpaaie WeskusWegTydskrif

    Dag 6 - Hopefield en Velddrif

    6 ноября 2017 г., Южная Африка ⋅ ☀️ 21 °C

    Ons dag behels (sover): perd opsaal en beeste aanjaag op Kersefontein, luister na 'n kort orrel-uitvoering deur Julian Melck in die Hopefield NG-kerk, wortelkoek en koffie eet oorkant die pad by Honey Bee, Velddrif toe ry, bord calamari bestel by die Laaiplek-hotel. Als loop reg.Читать далее

    Посмотреть перевод

    Bly julle het dit geniet, maar so min van ons dorpie gesien. En Simply Bee, oulik verander in Honey Bee. Geniet die res van jul reis.

    11.11.2017Ответить
    3 лайка
     
  • WegTydskrifWeg Agterpaaie WeskusWegTydskrif

    Dag 7 - Velddrif en Redelinghuys

    7 ноября 2017 г., Южная Африка ⋅ 🌙 19 °C

    'n Onverwagse internasionale-strandhengelkompetisie, bokkoms sorteer in Bokkomlaan, Duncan Theart op die Bergrivier, koue koeldrank in warm Aurora en kunstenaar Rod Freemantle in Redelinghuys. Dít was ons dag!

    Oornagplek: Vensterklip, vensterklip.co.za
    Читать далее

    Посмотреть перевод
    3 лайка
     
  • WegTydskrifWeg Agterpaaie WeskusWegTydskrif

    Dag 8 - Elandsbaai

    8 ноября 2017 г., Южная Африка ⋅ 🌙 13 °C

    Vandag ry Sophia en Toast vir die eerste keer in hul lewens brander. Wel, dit was meer 'n gevallery en gesluk van soutwater as iets anders, maar dit was pret! Gigs Celliers en Chantal Isaac van Die Witmosselpot wys (ná ernstige seekosdisse vir middagete) later vir ons die uitsig oor Elandsbaai vanaf Bobbejaanpunt, asook rotskuns. Vanaand gaan ons lekker slaap!

    Oornagplek: Vensterklip, vensterklip.co.za
    Читать далее

    Посмотреть перевод
    4 лайка
     
  • WegTydskrifWeg Agterpaaie WeskusWegTydskrif
    2

    Dag 9 - Clanwilliam en Pakhuispas

    9 ноября 2017 г., Южная Африка ⋅ ☀️ 20 °C

    Weg Agterpaaie ry vir eers weg van die Weskus, binneland in, van Elandsbaai deur Leipoldtville en Graafwater na Clanwilliam, waar Sophia en Toast sien hoe Strassberger-vellies gemaak word. Dan draai die Fortuner na die Pakhuispas, waar gestop word by Leipoldt se graf voor afgesaal word by Traveller's Rest, met 'n bord vol elandvleis. Koningskos!

    Oornagplek: Traveller's Rest, travellersrest.co.za
    Читать далее

    Посмотреть перевод
    Annalie Prinsloo

    ПутешественникLove this picture!!

    10.11.2017Ответить

    Love it too!!

    11.11.2017Ответить
    2 лайка
     
  • WegTydskrifWeg Agterpaaie WeskusWegTydskrif

    Dag 10 - Traveller's Rest, Sederberg

    10 ноября 2017 г., Южная Африка ⋅ ⛅ 27 °C

    Vandag neem die Strauss-familie van Traveller's Rest ons in: rotsklim, samesyn, rooibosteelande, rotskuns, lusernlaai en nou, nou gaan ons braai...

    Oornagplek: Traveller's Rest, travellersrest.co.za

    Посмотреть перевод
    3 лайка
     
  • WegTydskrifWeg Agterpaaie WeskusWegTydskrif

    Dag 11 - Clanwilliam na Lambertsbaai

    11 ноября 2017 г., Южная Африка ⋅ ☀️ 18 °C

    Pakhuispas oor terug na Clanwilliam waar ons vellies koop by Strassbergers, dan Graafwater deur na die koelte van die kus. Ian Turner van Muisbosskerm ontvang ons, vertel hoe sy pa dié ikoniese Weskusplek begin het en dan, dan val ons weg...

    Oornagplek: Eagle's Nest, Carol Burger 0834581575
    Читать далее

    Посмотреть перевод
    1 лайк
     
  • WegTydskrifWeg Agterpaaie WeskusWegTydskrif

    Dag 12 - Rusdag, Lambertsbaai

    12 ноября 2017 г., Южная Африка ⋅ ☀️ 20 °C

    Die Weg Agterpaaie Weskus-span rus bietjie vandag: daar word laatgeslaap, ontbyt geëet by die Lambertsbaai-hotel, wasgoed gewas by die BP en daarna braai ons dikke steaks van Piet se Slaghuis terwyl die son sak.

    Oornagplek: Eagle's Nest, Carol Burger 0798808685
    Читать далее

    Посмотреть перевод
    1 лайк
     
  • WegTydskrifWeg Agterpaaie WeskusWegTydskrif

    Dag 13 - Lambertsbaai

    13 ноября 2017 г., Южная Африка ⋅ 🌙 15 °C

    Almal ken Lambertsbaai se malgaskolonie en vandag wys bewaarder Yves Chesselet vir Toast en Sophia díe natuurwonder van naby. Op Steenbokfontein ry Kitta Burger hulle rond op die plaas na ou grotte, mooi selfsorghuisies en 'n labirint. Dan word daar, soos ons nou al gewoond is, ernstig geëet.

    Oornagplek: Eagle's Nest, Carol Burger 0798808685
    Читать далее

    Посмотреть перевод
    1 лайк
     
  • WegTydskrifWeg Agterpaaie WeskusWegTydskrif

    Dag 14 - Doringbaai na Vredendal

    14 ноября 2017 г., Южная Африка ⋅ ☀️ 29 °C

    Grondpad na Doringbaai vir klippies sorteer en perlemoen kyk, Papendorp volgende vir uitroei op die Olifantsrivier en net uitgooi, dan Vredendal vir rieldans en stof opskop by Teubes-wyne. En by Rooms With A View-gastehuis word ons ontvang soos konings.

    Oornagplek: Rooms With A View-gastehuis, Reneé 0829340629
    Читать далее

    Посмотреть перевод
    1 лайк
     
  • WegTydskrifWeg Agterpaaie WeskusWegTydskrif

    Dag 15 - Vredendal

    15 ноября 2017 г., Южная Африка ⋅ 🌙 15 °C

    Vandag word ons op die hande gedra deur die vriendelike mense van die Maskam-brouery. Eers wys Maree Botha ons rond tussen die sitrusboorde en wingerde, dan tel ons die Sishen-Saldanhatrein se waens (340!) en daarna val ons weg by Maskam-brouery waar Joyce en Abrie Botha se span ons trakteer. Dankie!

    Oornagplek: Rooms With A View-gastehuis, Reneé 0829340629
    Читать далее

    Посмотреть перевод
    1 лайк
     
  • WegTydskrifWeg Agterpaaie WeskusWegTydskrif

    Dag 16 - Vanrhynsdorp

    16 ноября 2017 г., Южная Африка ⋅ 🌙 16 °C

    Dis fyn trap tussen vetplantjies - beeskloutjies bababoudjies en knopies - op die Knersvlakte vandag saam met Christine Wiese, dan frekwensies gesels met Oom Louis Latsky in sy radiomuseum op Vanrhynsdorp. Laatmiddag gou halfpad teen Gifbergpas uit, dan aansit om borde skaap en groente by Maskam-gasteplaas.

    Oornagplek: Maskam-gasteplaas, Ancarene 027 219 2589
    Читать далее

    Посмотреть перевод
    1 лайк
     
  • WegTydskrifWeg Agterpaaie WeskusWegTydskrif

    Dag 17 - Ratelgat

    17 ноября 2017 г., Южная Африка ⋅ ⛅ 20 °C

    Oom Thys en tannie Valerie Mentoor neem ons vandag diep in die geskiedenis van die Griekwa in: ons besoek Beeswater, bespreek die visioene van Die Kneg, wat dinge soos die Sishen-Saldanhatrein voorspel het. Op Ratelgat sien ons ou grafte, 'n put, en hul heiligste plek, die monument. Dan rits ons terug deur Vanrhynsdorp na Maskam-gasteplaas vir laaste klink van glasie Rheebokskloof met die Maskam wat agter ons vlamvat.

    Oornagplek: Maskam-gasteplaas, Ancerene 0761190242
    Читать далее

    Посмотреть перевод
    2 лайка
     
  • WegTydskrifWeg Agterpaaie WeskusWegTydskrif

    Dag 18 - Vanrhynsdorp na Hondeklipbaai

    18 ноября 2017 г., Южная Африка ⋅ ☀️ 15 °C

    Die Fortuner rek bene: van Vanrhynsdorp N7 langs verby Nuwerus, Bitterfontein en Garies, dan grondpad af na Hondeklipbaai waar die middag kunstig raak by Deon Venter en Madeleine Baumgart. Als goed.

    Oornagplek: Die Honnehokke, www.honnehokke.co.za
    Читать далее

    Посмотреть перевод
    1 лайк
     
  • WegTydskrifWeg Agterpaaie WeskusWegTydskrif

    Dag 19 - Wallekraal

    19 ноября 2017 г., Южная Африка ⋅ 🌙 16 °C

    Vandag het ons Nagmaal gehou op Wallekraal.

    Посмотреть перевод
    1 лайк
     
  • WegTydskrifWeg Agterpaaie WeskusWegTydskrif

    Dag 20 - Hondeklipbaai na Kamieskroon

    20 ноября 2017 г., Южная Африка ⋅ 🌙 17 °C

    Die pad lei ons van die wildeperdekrag van die Atlantiese Oseaan se branders oor berge en dale deur die kurkdroë Namakwaland na Kamieskroon waar ons dieper die berge invaar tot by lieflike Pedroskloof-gasteplaas. Hier wys Sulene en Berto Archer ons hoe jy skaapkop voorberei en dan, dan eet ons dit.

    Oornagplek: Pedroskloof-gasteplaas, pedroskloof.co.za
    Читать далее

    Посмотреть перевод
    1 лайк
     
  • WegTydskrifWeg Agterpaaie WeskusWegTydskrif

    Dag 21 - Boesmanland

    21 ноября 2017 г., Южная Африка ⋅ 🌧 8 °C

    Die dag begin met stuifreën en koue op Pedroskloof buite Kamieskroon. Ons ry agterpad oor Gamoep, en op Dabeep sien ons hoe Boesmanland-boere ontvangs neem van droogtehulp uit Hartswater se wêreld. Die kouefront bly heeldag hang, tot op Kangnas waar ons gholf speel, in die veld stap en skaaptjops braai.

    Oornagplek: Springbok-lodge
    Читать далее

    Посмотреть перевод
    1 лайк
     
  • WegTydskrifWeg Agterpaaie WeskusWegTydskrif

    Dag 22 - Springbok

    22 ноября 2017 г., Южная Африка ⋅ 🌙 12 °C

    Springbok is een van die mooiste dorpe in die Noord-Kaap. Vandag kuier ons by Annelize en Roelf Erasmus van die Springbok-lodge, dan vaar ons die dorp in vir proviand-aankope, gasbottel volmaak en wasgoed was. André Botes wys later vir Sophia hoe om sy hot-rod te bestuur op die dorp se ovaalrenbaan. Gelukkig mag sy nie vinniger as tweede rat gery het nie...

    Oornagplek: Springbok-lodge
    Читать далее

    Посмотреть перевод
    1 лайк
     
  • WegTydskrifWeg Agterpaaie WeskusWegTydskrif

    Dag 23 - Kleinzee

    23 ноября 2017 г., Южная Африка ⋅ 🌫 6 °C

    By die Kleinzee-museum ontmoet ons vir Rodville Adams en Natalie Weyers, dan gesels ons verder diamantstories by die gholfklub saam met Johan 14 Mostert, Koos Polony, Langmouter Coetzee en Rudolf Nelson. Derek Pieterse, Henry Swart en Hein Frylinck probeer dan hul bes om vir Sophia en Toast te leer gholf speel...

    Oornagplek: Lazy Whale, Kleinzee (Natalie: nats.weyers@gmail.com)
    Читать далее

    Посмотреть перевод
    1 лайк
     
  • WegTydskrifWeg Agterpaaie WeskusWegTydskrif

    Dag 24 - Port Nolloth

    24 ноября 2017 г., Южная Африка ⋅ ☀️ 30 °C

    Vanoggend verken ons eers Kleinzee saam met Quiryn Snethlage en Werner Engelbrecht en dan tour de force George Moyses ons deur die diamantgeskiedenis van Port Nolloth. Ons gesels met Rozanne Hanekom en haar pa Bias by Maresol-restaurant en dan raak ons rustig in McDougallsbaai.

    Oornagplek: Dis Al, McDougallsbaai
    Читать далее

    Посмотреть перевод
    1 лайк
     
  • WegTydskrifWeg Agterpaaie WeskusWegTydskrif

    Dag 25 - Eksteenfontein en Richtersveld

    25 ноября 2017 г., Намибия ⋅ 🌙 26 °C

    Dit is tyd vir die wildernis. Eers kuier ons by tannie Rachel en oom Koos Strauss in Eksteenfontein waar ons droogte, liefde en Springbokrugby bespreek. Dan lei Rey Janse van Rensburg ons langs die Stinkfonteinberg af voor ons wegswenk oor klippers en deur klowe na die Oranjerivier. Hier is die stilte later pure psalms en gesange.Читать далее

    Посмотреть перевод
    1 лайк
     
Загрузить еще
  • 2026© FindPenguins
  • Домой
  • О нас
  • Групповой трекинг
  • Пресса
  • Правила
  • Конфиденциальность & Cookies
  • Центр помощи
  • Отпечаток
  • Следите за нами