Satellite
  • Day 7

    Dag 7 - Ngepi

    March 25, 2017 in Namibia ⋅ ⛅ 21 °C

    Dis rusdag vandag. Sommige toerlede besoek die Buffalo-sektor van die Bwabwata- nasionale park, ander ry na Popa-valle of nog 'n draai deur Mahango-reservaat. Maar meeste lê laag by Ngepi, en doen dalk 'n voëlkykuitstappie of gaan op 'n mokorovaart. Laatmiddag is dit tyd vir 'n Ngepi-hoogtepunt: die sonsondergangvaart op die Okavangorivier. Ons sien 'n krokodil, blouape, ses seekoeie en twee troppe olifante. Doodstil dryf ons verby dié bosreuse terwyl hulle op die oewer wei. Verlangs is weer aan die lug, maar ons bly droog. Ons vier 'n toerlid se verjaarsdag ná 'n aandete van varknek, braaiaartappels, ertjies, pampoen en courgettes. Dit is nou laataand, 'n jenewer is gedrink en die skopsuiltjies roep.Read more