Inkommersdans
26. September in Südafrika ⋅ ☁️ 18 °C
Ons het weer gaan dans by die Blou Kombuis. Dries was die vorige keer vies vir sy skoene wat haak aan die vloer, toe maak hy vir hom sleeks. 🤣
Ponchos. Vir die eerste keer in 12 jaar.
'n Vrou watWeiterlesen
Hessequa Harmonie Gala Konsert
23. September in Südafrika ⋅ ☁️ 20 °C
Musiek uit die boonste rakke. Musiek wat die trane laat loop net omdat dit mooi is. Ek het nie eintlik meer woorde nou nie. Ek moet eers prosesseer.
Toutrek Wereldkampioenskappe
19. September in Südafrika ⋅ ⛅ 18 °C
Dit was 'n eerste vir my. Ek het nog nooit 'n toutrek kompetisie gesien nie. Vandag het ons 'n stukkie van die wereldkampioenskap gaan kyk by Hartenbos se Amfiteater.
Al ken ek nie die reels nie, asWeiterlesen
Inkommersdans by die Blou Kombuis
18. September in Südafrika ⋅ 🌙 14 °C
Uiteindelik! Ons het genoeg gekerm toe maak hulle plek.
Toe ek in 2008 vir die Here 'n briefie geskryf het, het ek gevra vir 'n man wat met my sal dans. En dit het ek gekry. Ons het skoene uitgetrekWeiterlesen
Mosselbaai Punt
16. September in Südafrika ⋅ ☁️ 15 °C
Ons het vandag 'n selfoon fotografie werkswinkel bygewoon. Meeste van hierdie fotos is geneem voor die werkswinkel. Die wat 'n watermerk het, is na die tyd geneem.
Die panoramas het Dries geneem.Weiterlesen
Friemersheim
5. September in Südafrika ⋅ ☀️ 14 °C
Vandag se trippie was na Friemersheim. 'n Piepklein dorpie met mooi skilderye teen die mure van sommige huise.
Bubbly & Oysters
27. August in Südafrika ⋅ ☁️ 21 °C
Brian and Debbie are back. So tonight it was bubbly and oysters.
Die Ruiterbos Draaitjie 1
22. August in Südafrika ⋅ ☀️ 20 °C
Ons wou eintlik Friemersheim toe gaan, maar ons het nooit daar uitgekom nie. Natuurlik het ons die grondpad gekies. Die natuur is besig om Lente aan te kondig. Die blomme in die veld is oral!
Ons hetWeiterlesen
Die Ruiterbos Draaitjie 2
22. August in Südafrika ⋅ ☀️ 18 °C
Kyk die blomme.
Grondpad Glimlag
7. August in Südafrika ⋅ ☀️ 18 °C
Op pad terug van Mosselbaai af, het ons so bietjie 'n grondpad gaan soek. Ons het 'n Muskeljaatkat en 'n Swartkopreier gesien, maar was nie so gelukkig om fotos te kry nie. Die blomme begin oralWeiterlesen
SAPREC
7. August in Südafrika ⋅ ☀️ 17 °C
Seabird & Penquin Rehabilitation Center
Interessante feite:
Inkubasie tydperk is 38 dae.
Voëls wat 'n gebrek het, word nie weer vry gelaat nie. Hulle tree daar af en word versorg.
Pikkewyne paar virWeiterlesen
Interessante kopies
7. August in Südafrika ⋅ ☀️ 17 °C
Wanneer laas het jy sandwich spread gesien? My pa het na dit verwys as katkots. Geen idee hoekom nie. Ek kon die versoeking nie weeerstaan nie. Iewers in die volgende paar dae gaan ek 'n broodjie eetWeiterlesen
Seeplaas
7. August in Südafrika ⋅ ☀️ 15 °C
Ons het vier lui dae sonder werk. Vanoggend het ons ontbyt gaan eet by Seeplaas. Die blomme begin uitkom. Ons het die blomme fotos op die duine geneem.
Mossel Bay Zipline
1. August in Südafrika ⋅ ☀️ 18 °C
Dit was fun!!!
Wouter van de Venter
29. Juli in Südafrika ⋅ 🌙 14 °C
Die Blou Kombuis
Kyk, normaalweg is ons die heel week soet. Vanaand was die uitsondering. Ons kon dit eenvoudig nie mis nie. Hierdie hippies moes gaan dans!
Walvis Safari 2
26. Juli in Südafrika ⋅ ☀️ 18 °C
Walvis Safari 1
26. Juli in Südafrika ⋅ ☀️ 14 °C
Dit was 'n baie lekker ervaring, maar terselfdertyd geweldig teleurstellend. Ons het die robbe gesien, maar geen haaie, dolfyne, of walvisse. En dis niemand se skuld nie. Dis nou maar net hoe dit is.
Blou Kombuis - Tanya Storm
25. Juli in Südafrika ⋅ 🌙 11 °C
Blues by die Blou Kombuis.
Sjoe. Dit was baie mooi.
Ek het snot en trane gehuil toe sy The Story begin sing. En my servet vir 'n tissue gebruik.
Mosaic tonnel 2
25. Juli in Südafrika ⋅ ☀️ 16 °C
Mosaic Tonnel 1
25. Juli in Südafrika ⋅ ☀️ 16 °C
Die tonnel is begin in September 2022 en voltooi in April 3026. Dit is ongelooflik mooi.
Kaai 4
25. Juli in Südafrika ⋅ ☀️ 15 °C
Ons drink maar ietsie. Die boot will nie start nie. Hopelik kan ons more die walvis safari beleef.
Cape Saint Blaze
18. Juli in Südafrika ⋅ ☁️ 14 °C
Ons wou ontbyt eet met 'n see uitsig. Toe beland ons by 'n ligtoring. Maar dis koud, mistig en toegetrek. Ons sal terug kom vir die ligtoring toer EN die zipline! Ons sal beplan vir 'n sonskyndag.
Outeniqua Power Van 5
11. Juli in Südafrika ⋅ ☀️ 17 °C
Landskap fotos











































































































































































































































































































































































































































