Afskop
April 15, 2024 in South Africa ⋅ 🌙 15 °C
Eerste maal op 'n vliegtuig; laat die avontuur begin...
Dubai stop
April 16, 2024 in the United Arab Emirates ⋅ 🌧 26 °C
Geland op Dubai waar ek gaan oorklim op my volgende vlug. Weens die reënerige en bewolkte weer het ons 'n uur langer rondom die lughawe gesirkel voordat dit oop genoeg was vir die vlieënier om teRead more
Aankoms in Switserland
April 17, 2024 in Switzerland ⋅ 🌫 2 °C
Om middernag op Genéve lughawe geland, ingeklok, tasse gekry en my Switserse tannie het my daar ingewag. Weens verskriklike storm reën het ons gesukkel om Dubai lughawe te verlaat en is die vlug metRead more
Château de Mont'orge
April 26, 2024 in Switzerland ⋅ ☁️ 13 °C
Die verkenningstog begin...
Château de la Soie
April 26, 2024 in Switzerland ⋅ ☁️ 10 °C
Nog 'n kasteel...
Bisse de Savièse
April 27, 2024 in Switzerland ⋅ ⛅ 11 °C
Noord van Sion op teen die helling en verby Savièse, is 'n besondere "Bisse". Na 'n heerlike staptog daarheen met pragtige uitsigte, is die Bisse wel gesluit en kan ek nie die roete voltooi nie...
Eerste treinrit - Sion na Visp
May 5, 2024 in Switzerland ⋅ ☁️ 7 °C
Daar is 'n aupair vergadering in Zürich vanmiddag en ek is op pad om dit by te woon. Ek het die "half-fare" vir my Swisspass treinkaart, maar die dagkaartjie, wat my toelaat om enige van die publiekeRead more
Interlaken
May 5, 2024 in Switzerland ⋅ ☁️ 12 °C
Aan die ander kant van die tonnel is dit nog mooier. Dis só groen en die bergspitse is wit. Die volgende stop is by Spiez, langs die Thundersee wat ongelooflik blou is, en dan draai ek af InterlakenRead more
Tot by Zürich
May 5, 2024 in Switzerland ⋅ ☁️ 19 °C
Grootstad... treinstasie massief. Hier langs die "strand" is dit baie rustiger. Van Interlaken af maak ek 'n draai in Brienz en Luzern voor ek na die grootstad toe is. Die "Haupt Bahnhoff" is regtigRead more
Montreux
May 7, 2024 in Switzerland ⋅ 🌧 11 °C
Hier tref ons die bekende Château de Chillon aan, asook die huis waarin President Paul Kruger oorlede is in Clarens.
Bonera lägerli - Grindelwald
May 9, 2024 in Switzerland ⋅ ☀️ 7 °C
Dis eenvoudig so... Ek sien 'n berg, ek wil hom klim...
Oo Grindelwald is mooi! Ek klim my eerste berg in Switserland hier toe ek sommer die eerste beste voetpad inslaan. So kom ek op 'n gletser af.Read more
Ballenberg Freilichtmuseum - Brienz
May 11, 2024 in Switzerland ⋅ ☀️ 18 °C
Oom Pierre Jordaan wat in Basel bly, kry my vanoggend en dan gaan ons na die buitelugmuseum by Brienz toe. Dis 'n langnaweek en my huisgesin het Raclette gemaak, wat ek toe ook vir die eerste keerRead more
Romoos
May 18, 2024 in Switzerland ⋅ ⛅ 13 °C
Iewers onbekends... Ek het 'n gitaar vir goedkoop hier by iemand kom haal; beslis dit werd. Mens sien berg Pilatus in die agtergrond.
Kantersteg, Oberbärgli, Oeschinensee
May 19, 2024 in Switzerland ⋅ ☀️ 9 °C
Die klim na bo is verseker die moeite werd...
Ek is vroeg al aan die stap, wat 'n goeie ding is. Dit was nog stil met net enkele stappers en ek kry toe wraggies 'n troppie "Stein" bokke langs dieRead more
Andermatt na Göschenen
May 25, 2024 in Switzerland ⋅ ☁️ 5 °C
Die volgende uitstappie...
Altdorf, Volksmusik festival
May 26, 2024 in Switzerland ⋅ ☁️ 15 °C
Daar is 'n volksmusiek-fees in Altdorf die naweek. Vasberade om alles van die kultuur te ervaar, kom woon ek die fees by. Ek kyk vertonings van verskillende musiekgroepe en woon later die middag 'nRead more
Zermatt
May 30, 2024 in Switzerland ⋅ ☁️ 11 °C
Die oggend was baie mistig en reënerig, maar na die middag se kant toe het die son begin uitkom. Die Matterhorn se piek wou-wou oopmaak, maar die wolke het oor hom bly troon. Dis 'n katoliekeRead more
Heididorf
June 1, 2024 in Switzerland ⋅ ☁️ 11 °C
Natuurlik moet ek hier kom draai! Dis mos my aanvanklike inspirasie om Switserland toe te kom! Dis reënerig, maar tog mooi...
Locarno
June 2, 2024 in Switzerland ⋅ ☁️ 19 °C
So bietjie aan die Italiaanse kant van die land. Heerlike sonskyn dag!
Camedo - grens van Italië
June 2, 2024 in Switzerland ⋅ ☁️ 16 °C
Van hier af gaan die trein na Domodossola in Italië voordat ons weer in Brig se rigting gaan.
Domodossola - 'n stukkie Italië!
June 2, 2024 in Italy ⋅ ☁️ 15 °C
Die trein maak 'n draai deur Italië voor ek huis toe gaan. Baie neut en kersiebome groei langs die pad.
Crans-Montana
June 9, 2024 in Switzerland ⋅ ☁️ 21 °C
Met die Funiculaire op vanaf Sierre/Siders kom mens vinnig hier. Die kantonale musiekfees van Wallis is die naweek hier. Ek sien nie veel daarvan nie, maar klim 'n stukkie berg en ontmoet 'n kat inRead more
Klettergarten - Zeneggen
June 11, 2024 in Switzerland ⋅ ☁️ 14 °C
So vinnige bergklim sessie na my afspraak by die Ausweiszentrum in Visp.
Le Châble
June 16, 2024 in Switzerland ⋅ ☀️ 10 °C
My eerste kuier by die Marets. Ons ry fiets deur die mistigheid, klim muur by die sportsentrum, probeer alpehoring speel, kyk The Chosen, leer knoppies-akkordion speel en gesels in ons gebroke Engels.
























































































































































































































