Afskop
15 Nisan 2024, Güney Afrika ⋅ 🌙 15 °C
Eerste maal op 'n vliegtuig; laat die avontuur begin...
Dubai stop
16 Nisan 2024, Birleşik Arap Emirlikleri ⋅ 🌧 26 °C
Geland op Dubai waar ek gaan oorklim op my volgende vlug. Weens die reënerige en bewolkte weer het ons 'n uur langer rondom die lughawe gesirkel voordat dit oop genoeg was vir die vlieënier om teOkumaya devam et
Aankoms in Switserland
17 Nisan 2024, İsviçre ⋅ 🌫 2 °C
Om middernag op Genéve lughawe geland, ingeklok, tasse gekry en my Switserse tannie het my daar ingewag. Weens verskriklike storm reën het ons gesukkel om Dubai lughawe te verlaat en is die vlug metOkumaya devam et
Château de Mont'orge
26 Nisan 2024, İsviçre ⋅ ☁️ 13 °C
Die verkenningstog begin...
Château de la Soie
26 Nisan 2024, İsviçre ⋅ ☁️ 10 °C
Nog 'n kasteel...
Bisse de Savièse
27 Nisan 2024, İsviçre ⋅ ⛅ 11 °C
Noord van Sion op teen die helling en verby Savièse, is 'n besondere "Bisse". Na 'n heerlike staptog daarheen met pragtige uitsigte, is die Bisse wel gesluit en kan ek nie die roete voltooi nie...
Eerste treinrit - Sion na Visp
5 Mayıs 2024, İsviçre ⋅ ☁️ 7 °C
Daar is 'n aupair vergadering in Zürich vanmiddag en ek is op pad om dit by te woon. Ek het die "half-fare" vir my Swisspass treinkaart, maar die dagkaartjie, wat my toelaat om enige van die publiekeOkumaya devam et
Interlaken
5 Mayıs 2024, İsviçre ⋅ ☁️ 12 °C
Aan die ander kant van die tonnel is dit nog mooier. Dis só groen en die bergspitse is wit. Die volgende stop is by Spiez, langs die Thundersee wat ongelooflik blou is, en dan draai ek af InterlakenOkumaya devam et
Tot by Zürich
5 Mayıs 2024, İsviçre ⋅ ☁️ 19 °C
Grootstad... treinstasie massief. Hier langs die "strand" is dit baie rustiger. Van Interlaken af maak ek 'n draai in Brienz en Luzern voor ek na die grootstad toe is. Die "Haupt Bahnhoff" is regtigOkumaya devam et
Montreux
7 Mayıs 2024, İsviçre ⋅ 🌧 11 °C
Hier tref ons die bekende Château de Chillon aan, asook die huis waarin President Paul Kruger oorlede is in Clarens.
Bonera lägerli - Grindelwald
9 Mayıs 2024, İsviçre ⋅ ☀️ 7 °C
Dis eenvoudig so... Ek sien 'n berg, ek wil hom klim...
Oo Grindelwald is mooi! Ek klim my eerste berg in Switserland hier toe ek sommer die eerste beste voetpad inslaan. So kom ek op 'n gletser af.Okumaya devam et
Ballenberg Freilichtmuseum - Brienz
11 Mayıs 2024, İsviçre ⋅ ☀️ 18 °C
Oom Pierre Jordaan wat in Basel bly, kry my vanoggend en dan gaan ons na die buitelugmuseum by Brienz toe. Dis 'n langnaweek en my huisgesin het Raclette gemaak, wat ek toe ook vir die eerste keerOkumaya devam et
Romoos
18 Mayıs 2024, İsviçre ⋅ ⛅ 13 °C
Iewers onbekends... Ek het 'n gitaar vir goedkoop hier by iemand kom haal; beslis dit werd. Mens sien berg Pilatus in die agtergrond.
Kantersteg, Oberbärgli, Oeschinensee
19 Mayıs 2024, İsviçre ⋅ ☀️ 9 °C
Die klim na bo is verseker die moeite werd...
Ek is vroeg al aan die stap, wat 'n goeie ding is. Dit was nog stil met net enkele stappers en ek kry toe wraggies 'n troppie "Stein" bokke langs dieOkumaya devam et
Andermatt na Göschenen
25 Mayıs 2024, İsviçre ⋅ ☁️ 5 °C
Die volgende uitstappie...
Altdorf, Volksmusik festival
26 Mayıs 2024, İsviçre ⋅ ☁️ 15 °C
Daar is 'n volksmusiek-fees in Altdorf die naweek. Vasberade om alles van die kultuur te ervaar, kom woon ek die fees by. Ek kyk vertonings van verskillende musiekgroepe en woon later die middag 'nOkumaya devam et
Zermatt
30 Mayıs 2024, İsviçre ⋅ ☁️ 11 °C
Die oggend was baie mistig en reënerig, maar na die middag se kant toe het die son begin uitkom. Die Matterhorn se piek wou-wou oopmaak, maar die wolke het oor hom bly troon. Dis 'n katoliekeOkumaya devam et
Heididorf
1 Haziran 2024, İsviçre ⋅ ☁️ 11 °C
Natuurlik moet ek hier kom draai! Dis mos my aanvanklike inspirasie om Switserland toe te kom! Dis reënerig, maar tog mooi...
Locarno
2 Haziran 2024, İsviçre ⋅ ☁️ 19 °C
So bietjie aan die Italiaanse kant van die land. Heerlike sonskyn dag!
Camedo - grens van Italië
2 Haziran 2024, İsviçre ⋅ ☁️ 16 °C
Van hier af gaan die trein na Domodossola in Italië voordat ons weer in Brig se rigting gaan.
Domodossola - 'n stukkie Italië!
2 Haziran 2024, İtalya ⋅ ☁️ 15 °C
Die trein maak 'n draai deur Italië voor ek huis toe gaan. Baie neut en kersiebome groei langs die pad.
Crans-Montana
9 Haziran 2024, İsviçre ⋅ ☁️ 21 °C
Met die Funiculaire op vanaf Sierre/Siders kom mens vinnig hier. Die kantonale musiekfees van Wallis is die naweek hier. Ek sien nie veel daarvan nie, maar klim 'n stukkie berg en ontmoet 'n kat inOkumaya devam et
Klettergarten - Zeneggen
11 Haziran 2024, İsviçre ⋅ ☁️ 14 °C
So vinnige bergklim sessie na my afspraak by die Ausweiszentrum in Visp.
Le Châble
16 Haziran 2024, İsviçre ⋅ ☀️ 10 °C
My eerste kuier by die Marets. Ons ry fiets deur die mistigheid, klim muur by die sportsentrum, probeer alpehoring speel, kyk The Chosen, leer knoppies-akkordion speel en gesels in ons gebroke Engels.
Martigny
16 Haziran 2024, İsviçre ⋅ ☁️ 23 °C
Ons gaan kerk toe - alles in Frans. Daarna eet ons by die Château de la Bâtiaz. Die dorp dra nog die spore van Romeine van 'n klompie eeue terug.
























































































































































































































