Hier gaan ons!
11. September 2016 in Südafrika ⋅ ☀️ 16 °C
Hallo! My naam is Toast Coetzer, Weg-joernalis. Oor die volgende paar maande ry ek Alice Inggs van Kaapstad noordwaarts, rofweg op pad na die ewenaar: Zambië, Tanzanië, Rwanda en Uganda wag. OnsWeiterlesen
Laatontbyt by Die Veldskoen-padstal
11. September 2016 in Südafrika ⋅ ☀️ 17 °C
Ek stop gereeld hier op pad binneland in. Behalwe vir goeie ontbyt en koffie verkoop hulle droë vrugte, fudge by die till, hanepoot...
Veldblomme langs die N1
11. September 2016 in Südafrika ⋅ ☀️ 19 °C
Moenie die Groot-Karoo vlak kyk nie: hier is ook baie veldblomme in die lente, veral as die reën op die regte tyd geval het.
Aalwyntjie anderkant Beaufort-Wes
11. September 2016 in Südafrika ⋅ ☀️ 22 °C
Langpad na Aberdeen
11. September 2016 in Südafrika ⋅ 🌙 24 °C
Wanneer begin jou reis werklik? Wanneer jy die voordeur agter jou toetrek? Wanneer jy die buitewyke van jou dorp agterlaat? Of wanneer die vryheid van die oop pad vlak in jou gemoed kom lê?
Gooi diesel, Graaff-Reinet
11. September 2016 in Südafrika ⋅ 🌙 19 °C
Tyd vir koffie ook. Nog so drie ure om te ry, in die donker. Eers Cradock toe, dan plaas toe - waar die eintlike pakwerk vir ons reis na die ewenaar in alle erns begin. (Kyk hoe mooi lyk onsWeiterlesen
Die Fortuner is gepak
15. September 2016 in Südafrika ⋅ ⛅ 18 °C
Eers moes ons daai klein sitplekkies in die kattebak loskry - gelukkig het Alice 'n Fortuner thread in Australië iewers raakgegoogle wat als stap vir stap verduidelik het. Met die sitplekke uit konWeiterlesen
Geel tulpe langs Gariepdam
16. September 2016 in Südafrika ⋅ ☀️ 16 °C
N1, Vrystaat
16. September 2016 in Südafrika ⋅ ⛅ 20 °C
Kroonvaal Engen
16. September 2016 in Südafrika ⋅ ☀️ 20 °C
Jy weet jy's op die langpad wanneer jy 'n Wimpy-koffie in die hand het.
Sonsondergang in Gauteng
16. September 2016 in Südafrika ⋅ ☀️ 24 °C
Lyk bietjie soos die Okavango as jy jou oë (erg) skrefies trek... En dan kry ons gou iets by Woolworths.
Kuier by familie in Pienaarsrivier
17. September 2016 in Südafrika ⋅ ☀️ 17 °C
Steakbraai en toebroodjies vir die pad Francistown toe.
Biltong & leeus, Lephalale-distrik
17. September 2016 in Südafrika ⋅ ☀️ 22 °C
Oor die Limpopo - Botswana!
17. September 2016 in Botswana ⋅ ☀️ 33 °C
Sonsondergang in Francistown
17. September 2016 in Botswana ⋅ ☀️ 32 °C
Woodlands-kampplek
17. September 2016 in Botswana ⋅ 🌙 30 °C
Loshande die beste oornagplek rondom Francistown. Dis vol vanaand: Suid-Afrikaners wat vuur aansteek en potjie maak ("Sal jy vir ons 'n whiskey gooi?", vra een. "Het jy ys?" kom die antwoord) enWeiterlesen
Nata: middelpunt van die wêreld
18. September 2016 in Botswana ⋅ ⛅ 25 °C
In Nata gooi jy vol. In Nata kyk jy verlangend na die Wimpy. In Nata oorweeg jy roomys koop. In Nata besluit jy of jy wes wil draai Maun toe, of noord wil hou Kasane toe. Altwee is ver.
Naby Pandamatenga
18. September 2016 in Botswana ⋅ ☀️ 32 °C
Reeds noord van Nata kan jy begin olifante sien, en ons eerstes kom naby Elephant Sands, 'n kampplek met 'n watergat, so die olifante drom dikwels daar saam. Verder sien ons kameelperde, enWeiterlesen
Olifante langs die pad
18. September 2016 in Botswana ⋅ ☀️ 31 °C
Laatmiddagstappie in Kasane
18. September 2016 in Namibia ⋅ ☀️ 31 °C
Ons slaap die volgende twee aande by ons vriende van Pangolin Photo Safaris - hulle het 'n huis op die oewer van die Chobe, en wanneer jy hier laatmiddag met jou honde gaan stap is dit reg langsWeiterlesen
Hello, Namibië!
20. September 2016 in Namibia ⋅ ☀️ 32 °C
Tafel + Zambesi = Doodgelukkig
20. September 2016 in Sambia ⋅ ⛅ 21 °C
Vanaand slaap ons by Caprivi Houseboat Safari Lodge digby Katima Mulilo. Môre: Zambië, en nog Zambesirivier.
Dagsê, Zambië!
21. September 2016 in Sambia ⋅ ☀️ 32 °C
Ons is met min moeite (uur en 'n half, tops) deur die Wenela-Sesheke-grenspos. Daarna het ons in Sesheke gedraai vir geld trek (tyd vir kwacha in die beursie), sim-kaarte koop - en 'n onverwagseWeiterlesen
Kabula Lodge, Zambesirivier
21. September 2016 in Sambia ⋅ ☀️ 31 °C
R115 vir kampering - gras onder die voete, groot bome én vriendelike diens.
Zambesirivier, naby Sioma
22. September 2016 in Sambia ⋅ ☀️ 32 °C
Hier moes jy altyd met 'n pont oor die rivier; deesdae is hier 'n nuwe brug. Tjoef-tjaf.





















































Len van HeerdenNice...geniet dit. Lekker wiele en lekker company!
WegTydskrifDankie, Len!
Good to see you both again! What a wonderful journey you have embarked on. Look forward to keeping track of your trip.🐘🐘