Mongu - volmaaktyd
22. September 2016 in Sambia ⋅ ☀️ 18 °C
Ons kamp die volgende paar dae in Kafue- nasionale park - ons behoort laatmiddag daar te wees. Die Zambesivloedvlakte - wat wyd hier langs Mongu uitstrek - laat ons nou agter. Brandstof hier isWeiterlesen
Kafue- nasionale park
22. September 2016 in Sambia ⋅ ⛅ 20 °C
Hekwag Jack Chainda teken ons in by Kafue- nasionale park. Ons toegang vir 2 mense, vir 4 nagte (3 dae), voertuig ingesluit, kos K1548. Dit sou duurder uitgewerk het as ons in Amerikaanse dollarWeiterlesen
Kasabushi, Kafue
23. September 2016 in Sambia ⋅ ☀️ 14 °C
'n Puik nuwe kampplek reg teen die Kafuerivier - seekoeie wat ons heelnag geselskap hou. Dit kos K200 per persoon. Andy en Libby Wilson het Kasabushi twee jaar gelede begin; luukse tentchalets is ookWeiterlesen
Mayukuyuku, Kafue
24. September 2016 in Sambia ⋅ 🌬 14 °C
Reg op die rivier!
Kapenta-happie
25. September 2016 in Sambia ⋅ ⛅ 17 °C
Kort net bietjie Weg-braaisout en die saak is reg!
KaingU-kampeerplek, Kafue
25. September 2016 in Sambia ⋅ ⛅ 14 °C
Hier kan ons dalk vashaak...
Mumbwa
26. September 2016 in Sambia ⋅ 🌬 32 °C
Geld trek, volgooi, waai.
Chisamba se mense
27. September 2016 in Sambia ⋅ ☀️ 28 °C
Gisteraand oornag by Lize en Gawie Peens, boere by Chisamba noord van Lusaka. Hulle maak kaas op die plaas - die kaaskoelkas is in 'n massiewe miershoop ingebou! (Dit hou die temperatuur stabielWeiterlesen
Kabwe
27. September 2016 in Sambia ⋅ ☀️ 29 °C
Kapiri Mposhi
27. September 2016 in Sambia ⋅ ⛅ 32 °C
Serenje
27. September 2016 in Sambia ⋅ ☀️ 29 °C
Om te boer waar die pad ophou
28. September 2016 in Sambia ⋅ ⛅ 15 °C
Pieter Snyman (in hierdie foto saam met sy vriendin Charmaine Venter) maak al sedert die middel-90s 'n bestaan op 'n plaas sowat 500 km noord van Lusaka. Hy het al biobrandstof gemaak, organiese tabakWeiterlesen
Mpika
29. September 2016 in Sambia ⋅ ☀️ 29 °C
5078 km sedert ons uit Kaapstad weg is. Mooiweer en warm.
Kapishya Hot Springs
30. September 2016 in Sambia ⋅ ⛅ 18 °C
Tyd vir asemskep. Warm water wat uit die sand onder jou tone losborrel. Reuse palmbome. 'n Tuin vol voëls. Ook tyd vir daai bottel Bain's whiskey wat 'n vriend uit die Kaap saamgegee het...
Kom ons bespreek: Mosi Lager
30. September 2016 in Sambia ⋅ ☀️ 26 °C
Mosi is die bier van Zambië - dis vernoem na Mosi-oa-Tunya (Victoriawaterval), so jy weet dit gaan goed wees. Hy sit vars op jou tong, groenerig in die neus, soos 'n varsgesnyde krieketkolfblad. HyWeiterlesen
Langpad, verder noord
1. Oktober 2016 in Sambia ⋅ ☁️ 16 °C
Die laaste paar honderd kilometer na die Zambië-Tanzanië-grens: honderde vragmotors (byna al Zambië se brandstof word met dié pad van Dar es Salaam aangery), tientalle wrakstukke én genoegWeiterlesen
Tunduma-grenspos
2. Oktober 2016 in Sambia ⋅ 🌙 12 °C
Dis Sondag, so relatief rustig. Tog vat als tyd. Tussendeur kyk ons sepies, nuus en musiekvideo's op hangende TVs.
Tanzanië!
2. Oktober 2016 in Tansania ⋅ ⛅ 28 °C
Utengule Coffee Lodge
3. Oktober 2016 in Tansania ⋅ ⛅ 18 °C
Dié plek lê op die rand van Afrika se groot Skeurvallei: sonsondergang was iets om te aanskou. Ons kamp, maar raak uitspattig met ontbyt - en natuurlik koffie uit die Utengule-landgoed se plantasie.
Mbeya, Tanzanië
3. Oktober 2016 in Tansania ⋅ ☁️ 18 °C
Mbeya lyk soms soos iewers in Pretoria met sy strate vol jakarandas. Ons vertoef 'n uur in die Vodafone-winkel om simkaarte te kry, dan ry ons verder ooswaarts in die rigting van Iringa.
Padwerke rondom Makambako
3. Oktober 2016 in Tansania ⋅ ☀️ 21 °C
'n Hengse stuk pad word tans oorgebou hier. Frustrerend nou, maar goeie nuus vir oor 'n jaar of twee wanneer jy op bietjie nuwe teer sal kan ry. En dís iets wat maar selde gebeur hier rond.
Kisolanza Old Farmhouse
3. Oktober 2016 in Tansania ⋅ ☁️ 18 °C
Warm sjokolade gemaak met Amarula, plus 'n brownie! Lekker om terug te sit in die kampstoel na 'n lang dag in die saal. Dit lyk na reën...
Beeste dip op Kisolanza
4. Oktober 2016 in Tansania ⋅ ☀️ 31 °C
Nicola Ghaui se familie (oorspronklik van Libanon) is al sedert die 1890s in Tanzanië. Sy het hier op die plaas Kisolanza, distrik Iringa, grootgeword en boer vandag steeds hier met beeste en skape.Weiterlesen
Aftrekplek: Cordon Bleu-padstal
4. Oktober 2016 in Tansania ⋅ ⛅ 21 °C
By hierdie padstal naby Iringa het ons vandag biltong, heuning, roomys, blatjang en olyfolie gekoop. Duime.
Bergpasse, kremetarte en die Ruaharivier
4. Oktober 2016 in Tansania ⋅ 🌙 14 °C
Vandag ry ons van naby Iringa na Morogoro deur 'n bergagtige gebied - o.a. die Udzwungaberge. Dis orals nog droog: die reënseisoen kom. Duisende kremetarte. Die Ruaharivier. 'n Verkeersboete.Weiterlesen




























































