Hier gaan ons!
2016年9月11日, 南アフリカ ⋅ ☀️ 16 °C
Hallo! My naam is Toast Coetzer, Weg-joernalis. Oor die volgende paar maande ry ek Alice Inggs van Kaapstad noordwaarts, rofweg op pad na die ewenaar: Zambië, Tanzanië, Rwanda en Uganda wag. Onsもっと詳しく
Laatontbyt by Die Veldskoen-padstal
2016年9月11日, 南アフリカ ⋅ ☀️ 17 °C
Ek stop gereeld hier op pad binneland in. Behalwe vir goeie ontbyt en koffie verkoop hulle droë vrugte, fudge by die till, hanepoot...
Veldblomme langs die N1
2016年9月11日, 南アフリカ ⋅ ☀️ 19 °C
Moenie die Groot-Karoo vlak kyk nie: hier is ook baie veldblomme in die lente, veral as die reën op die regte tyd geval het.
Aalwyntjie anderkant Beaufort-Wes
2016年9月11日, 南アフリカ ⋅ ☀️ 22 °C
Langpad na Aberdeen
2016年9月11日, 南アフリカ ⋅ 🌙 24 °C
Wanneer begin jou reis werklik? Wanneer jy die voordeur agter jou toetrek? Wanneer jy die buitewyke van jou dorp agterlaat? Of wanneer die vryheid van die oop pad vlak in jou gemoed kom lê?
Gooi diesel, Graaff-Reinet
2016年9月11日, 南アフリカ ⋅ 🌙 19 °C
Tyd vir koffie ook. Nog so drie ure om te ry, in die donker. Eers Cradock toe, dan plaas toe - waar die eintlike pakwerk vir ons reis na die ewenaar in alle erns begin. (Kyk hoe mooi lyk onsもっと詳しく
Die Fortuner is gepak
2016年9月15日, 南アフリカ ⋅ ⛅ 18 °C
Eers moes ons daai klein sitplekkies in die kattebak loskry - gelukkig het Alice 'n Fortuner thread in Australië iewers raakgegoogle wat als stap vir stap verduidelik het. Met die sitplekke uit konもっと詳しく
Geel tulpe langs Gariepdam
2016年9月16日, 南アフリカ ⋅ ☀️ 16 °C
N1, Vrystaat
2016年9月16日, 南アフリカ ⋅ ⛅ 20 °C
Kroonvaal Engen
2016年9月16日, 南アフリカ ⋅ ☀️ 20 °C
Jy weet jy's op die langpad wanneer jy 'n Wimpy-koffie in die hand het.
Sonsondergang in Gauteng
2016年9月16日, 南アフリカ ⋅ ☀️ 24 °C
Lyk bietjie soos die Okavango as jy jou oë (erg) skrefies trek... En dan kry ons gou iets by Woolworths.
Kuier by familie in Pienaarsrivier
2016年9月17日, 南アフリカ ⋅ ☀️ 17 °C
Steakbraai en toebroodjies vir die pad Francistown toe.
Biltong & leeus, Lephalale-distrik
2016年9月17日, 南アフリカ ⋅ ☀️ 22 °C
Oor die Limpopo - Botswana!
2016年9月17日, ボツワナ ⋅ ☀️ 33 °C
Sonsondergang in Francistown
2016年9月17日, ボツワナ ⋅ ☀️ 32 °C
Woodlands-kampplek
2016年9月17日, ボツワナ ⋅ 🌙 30 °C
Loshande die beste oornagplek rondom Francistown. Dis vol vanaand: Suid-Afrikaners wat vuur aansteek en potjie maak ("Sal jy vir ons 'n whiskey gooi?", vra een. "Het jy ys?" kom die antwoord) enもっと詳しく
Nata: middelpunt van die wêreld
2016年9月18日, ボツワナ ⋅ ⛅ 25 °C
In Nata gooi jy vol. In Nata kyk jy verlangend na die Wimpy. In Nata oorweeg jy roomys koop. In Nata besluit jy of jy wes wil draai Maun toe, of noord wil hou Kasane toe. Altwee is ver.
Naby Pandamatenga
2016年9月18日, ボツワナ ⋅ ☀️ 32 °C
Reeds noord van Nata kan jy begin olifante sien, en ons eerstes kom naby Elephant Sands, 'n kampplek met 'n watergat, so die olifante drom dikwels daar saam. Verder sien ons kameelperde, enもっと詳しく
Olifante langs die pad
2016年9月18日, ボツワナ ⋅ ☀️ 31 °C
Laatmiddagstappie in Kasane
2016年9月18日, ナミビア ⋅ ☀️ 31 °C
Ons slaap die volgende twee aande by ons vriende van Pangolin Photo Safaris - hulle het 'n huis op die oewer van die Chobe, en wanneer jy hier laatmiddag met jou honde gaan stap is dit reg langsもっと詳しく
Hello, Namibië!
2016年9月20日, ナミビア ⋅ ☀️ 32 °C
Tafel + Zambesi = Doodgelukkig
2016年9月20日, ザンビア ⋅ ⛅ 21 °C
Vanaand slaap ons by Caprivi Houseboat Safari Lodge digby Katima Mulilo. Môre: Zambië, en nog Zambesirivier.
Dagsê, Zambië!
2016年9月21日, ザンビア ⋅ ☀️ 32 °C
Ons is met min moeite (uur en 'n half, tops) deur die Wenela-Sesheke-grenspos. Daarna het ons in Sesheke gedraai vir geld trek (tyd vir kwacha in die beursie), sim-kaarte koop - en 'n onverwagseもっと詳しく
Kabula Lodge, Zambesirivier
2016年9月21日, ザンビア ⋅ ☀️ 31 °C
R115 vir kampering - gras onder die voete, groot bome én vriendelike diens.
Zambesirivier, naby Sioma
2016年9月22日, ザンビア ⋅ ☀️ 32 °C
Hier moes jy altyd met 'n pont oor die rivier; deesdae is hier 'n nuwe brug. Tjoef-tjaf.





















































Len van HeerdenNice...geniet dit. Lekker wiele en lekker company!
WegTydskrifDankie, Len!
Good to see you both again! What a wonderful journey you have embarked on. Look forward to keeping track of your trip.🐘🐘