Mongu - volmaaktyd
2016年9月22日, ザンビア ⋅ ☀️ 18 °C
Ons kamp die volgende paar dae in Kafue- nasionale park - ons behoort laatmiddag daar te wees. Die Zambesivloedvlakte - wat wyd hier langs Mongu uitstrek - laat ons nou agter. Brandstof hier isもっと詳しく
Kafue- nasionale park
2016年9月22日, ザンビア ⋅ ⛅ 20 °C
Hekwag Jack Chainda teken ons in by Kafue- nasionale park. Ons toegang vir 2 mense, vir 4 nagte (3 dae), voertuig ingesluit, kos K1548. Dit sou duurder uitgewerk het as ons in Amerikaanse dollarもっと詳しく
Kasabushi, Kafue
2016年9月23日, ザンビア ⋅ ☀️ 14 °C
'n Puik nuwe kampplek reg teen die Kafuerivier - seekoeie wat ons heelnag geselskap hou. Dit kos K200 per persoon. Andy en Libby Wilson het Kasabushi twee jaar gelede begin; luukse tentchalets is ookもっと詳しく
Mayukuyuku, Kafue
2016年9月24日, ザンビア ⋅ 🌬 14 °C
Reg op die rivier!
Kapenta-happie
2016年9月25日, ザンビア ⋅ ⛅ 17 °C
Kort net bietjie Weg-braaisout en die saak is reg!
KaingU-kampeerplek, Kafue
2016年9月25日, ザンビア ⋅ ⛅ 14 °C
Hier kan ons dalk vashaak...
Mumbwa
2016年9月26日, ザンビア ⋅ 🌬 32 °C
Geld trek, volgooi, waai.
Chisamba se mense
2016年9月27日, ザンビア ⋅ ☀️ 28 °C
Gisteraand oornag by Lize en Gawie Peens, boere by Chisamba noord van Lusaka. Hulle maak kaas op die plaas - die kaaskoelkas is in 'n massiewe miershoop ingebou! (Dit hou die temperatuur stabielもっと詳しく
Kabwe
2016年9月27日, ザンビア ⋅ ☀️ 29 °C
Kapiri Mposhi
2016年9月27日, ザンビア ⋅ ⛅ 32 °C
Serenje
2016年9月27日, ザンビア ⋅ ☀️ 29 °C
Om te boer waar die pad ophou
2016年9月28日, ザンビア ⋅ ⛅ 15 °C
Pieter Snyman (in hierdie foto saam met sy vriendin Charmaine Venter) maak al sedert die middel-90s 'n bestaan op 'n plaas sowat 500 km noord van Lusaka. Hy het al biobrandstof gemaak, organiese tabakもっと詳しく
Mpika
2016年9月29日, ザンビア ⋅ ☀️ 29 °C
5078 km sedert ons uit Kaapstad weg is. Mooiweer en warm.
Kapishya Hot Springs
2016年9月30日, ザンビア ⋅ ⛅ 18 °C
Tyd vir asemskep. Warm water wat uit die sand onder jou tone losborrel. Reuse palmbome. 'n Tuin vol voëls. Ook tyd vir daai bottel Bain's whiskey wat 'n vriend uit die Kaap saamgegee het...
Kom ons bespreek: Mosi Lager
2016年9月30日, ザンビア ⋅ ☀️ 26 °C
Mosi is die bier van Zambië - dis vernoem na Mosi-oa-Tunya (Victoriawaterval), so jy weet dit gaan goed wees. Hy sit vars op jou tong, groenerig in die neus, soos 'n varsgesnyde krieketkolfblad. Hyもっと詳しく
Langpad, verder noord
2016年10月1日, ザンビア ⋅ ☁️ 16 °C
Die laaste paar honderd kilometer na die Zambië-Tanzanië-grens: honderde vragmotors (byna al Zambië se brandstof word met dié pad van Dar es Salaam aangery), tientalle wrakstukke én genoegもっと詳しく
Tunduma-grenspos
2016年10月2日, ザンビア ⋅ 🌙 12 °C
Dis Sondag, so relatief rustig. Tog vat als tyd. Tussendeur kyk ons sepies, nuus en musiekvideo's op hangende TVs.
Tanzanië!
2016年10月2日, タンザニア ⋅ ⛅ 28 °C
Utengule Coffee Lodge
2016年10月3日, タンザニア ⋅ ⛅ 18 °C
Dié plek lê op die rand van Afrika se groot Skeurvallei: sonsondergang was iets om te aanskou. Ons kamp, maar raak uitspattig met ontbyt - en natuurlik koffie uit die Utengule-landgoed se plantasie.
Mbeya, Tanzanië
2016年10月3日, タンザニア ⋅ ☁️ 18 °C
Mbeya lyk soms soos iewers in Pretoria met sy strate vol jakarandas. Ons vertoef 'n uur in die Vodafone-winkel om simkaarte te kry, dan ry ons verder ooswaarts in die rigting van Iringa.
Padwerke rondom Makambako
2016年10月3日, タンザニア ⋅ ☀️ 21 °C
'n Hengse stuk pad word tans oorgebou hier. Frustrerend nou, maar goeie nuus vir oor 'n jaar of twee wanneer jy op bietjie nuwe teer sal kan ry. En dís iets wat maar selde gebeur hier rond.
Kisolanza Old Farmhouse
2016年10月3日, タンザニア ⋅ ☁️ 18 °C
Warm sjokolade gemaak met Amarula, plus 'n brownie! Lekker om terug te sit in die kampstoel na 'n lang dag in die saal. Dit lyk na reën...
Beeste dip op Kisolanza
2016年10月4日, タンザニア ⋅ ☀️ 31 °C
Nicola Ghaui se familie (oorspronklik van Libanon) is al sedert die 1890s in Tanzanië. Sy het hier op die plaas Kisolanza, distrik Iringa, grootgeword en boer vandag steeds hier met beeste en skape.もっと詳しく
Aftrekplek: Cordon Bleu-padstal
2016年10月4日, タンザニア ⋅ ⛅ 21 °C
By hierdie padstal naby Iringa het ons vandag biltong, heuning, roomys, blatjang en olyfolie gekoop. Duime.
Bergpasse, kremetarte en die Ruaharivier
2016年10月4日, タンザニア ⋅ 🌙 14 °C
Vandag ry ons van naby Iringa na Morogoro deur 'n bergagtige gebied - o.a. die Udzwungaberge. Dis orals nog droog: die reënseisoen kom. Duisende kremetarte. Die Ruaharivier. 'n Verkeersboete.もっと詳しく




























































