Mongu - volmaaktyd
22 września 2016, Zambia ⋅ ☀️ 18 °C
Ons kamp die volgende paar dae in Kafue- nasionale park - ons behoort laatmiddag daar te wees. Die Zambesivloedvlakte - wat wyd hier langs Mongu uitstrek - laat ons nou agter. Brandstof hier is Czytaj więcej
Kafue- nasionale park
22 września 2016, Zambia ⋅ ⛅ 20 °C
Hekwag Jack Chainda teken ons in by Kafue- nasionale park. Ons toegang vir 2 mense, vir 4 nagte (3 dae), voertuig ingesluit, kos K1548. Dit sou duurder uitgewerk het as ons in Amerikaanse dollar Czytaj więcej
Kasabushi, Kafue
23 września 2016, Zambia ⋅ ☀️ 14 °C
'n Puik nuwe kampplek reg teen die Kafuerivier - seekoeie wat ons heelnag geselskap hou. Dit kos K200 per persoon. Andy en Libby Wilson het Kasabushi twee jaar gelede begin; luukse tentchalets is ook Czytaj więcej
Mayukuyuku, Kafue
24 września 2016, Zambia ⋅ 🌬 14 °C
Reg op die rivier!
Kapenta-happie
25 września 2016, Zambia ⋅ ⛅ 17 °C
Kort net bietjie Weg-braaisout en die saak is reg!
KaingU-kampeerplek, Kafue
25 września 2016, Zambia ⋅ ⛅ 14 °C
Hier kan ons dalk vashaak...
Mumbwa
26 września 2016, Zambia ⋅ 🌬 32 °C
Geld trek, volgooi, waai.
Chisamba se mense
27 września 2016, Zambia ⋅ ☀️ 28 °C
Gisteraand oornag by Lize en Gawie Peens, boere by Chisamba noord van Lusaka. Hulle maak kaas op die plaas - die kaaskoelkas is in 'n massiewe miershoop ingebou! (Dit hou die temperatuur stabiel Czytaj więcej
Kabwe
27 września 2016, Zambia ⋅ ☀️ 29 °C
Kapiri Mposhi
27 września 2016, Zambia ⋅ ⛅ 32 °C
Serenje
27 września 2016, Zambia ⋅ ☀️ 29 °C
Om te boer waar die pad ophou
28 września 2016, Zambia ⋅ ⛅ 15 °C
Pieter Snyman (in hierdie foto saam met sy vriendin Charmaine Venter) maak al sedert die middel-90s 'n bestaan op 'n plaas sowat 500 km noord van Lusaka. Hy het al biobrandstof gemaak, organiese tabak Czytaj więcej
Mpika
29 września 2016, Zambia ⋅ ☀️ 29 °C
5078 km sedert ons uit Kaapstad weg is. Mooiweer en warm.
Kapishya Hot Springs
30 września 2016, Zambia ⋅ ⛅ 18 °C
Tyd vir asemskep. Warm water wat uit die sand onder jou tone losborrel. Reuse palmbome. 'n Tuin vol voëls. Ook tyd vir daai bottel Bain's whiskey wat 'n vriend uit die Kaap saamgegee het...
Kom ons bespreek: Mosi Lager
30 września 2016, Zambia ⋅ ☀️ 26 °C
Mosi is die bier van Zambië - dis vernoem na Mosi-oa-Tunya (Victoriawaterval), so jy weet dit gaan goed wees. Hy sit vars op jou tong, groenerig in die neus, soos 'n varsgesnyde krieketkolfblad. Hy Czytaj więcej
Langpad, verder noord
1 października 2016, Zambia ⋅ ☁️ 16 °C
Die laaste paar honderd kilometer na die Zambië-Tanzanië-grens: honderde vragmotors (byna al Zambië se brandstof word met dié pad van Dar es Salaam aangery), tientalle wrakstukke én genoeg Czytaj więcej
Tunduma-grenspos
2 października 2016, Zambia ⋅ 🌙 12 °C
Dis Sondag, so relatief rustig. Tog vat als tyd. Tussendeur kyk ons sepies, nuus en musiekvideo's op hangende TVs.
Tanzanië!
2 października 2016, Tanzania ⋅ ⛅ 28 °C
Utengule Coffee Lodge
3 października 2016, Tanzania ⋅ ⛅ 18 °C
Dié plek lê op die rand van Afrika se groot Skeurvallei: sonsondergang was iets om te aanskou. Ons kamp, maar raak uitspattig met ontbyt - en natuurlik koffie uit die Utengule-landgoed se plantasie.
Mbeya, Tanzanië
3 października 2016, Tanzania ⋅ ☁️ 18 °C
Mbeya lyk soms soos iewers in Pretoria met sy strate vol jakarandas. Ons vertoef 'n uur in die Vodafone-winkel om simkaarte te kry, dan ry ons verder ooswaarts in die rigting van Iringa.
Padwerke rondom Makambako
3 października 2016, Tanzania ⋅ ☀️ 21 °C
'n Hengse stuk pad word tans oorgebou hier. Frustrerend nou, maar goeie nuus vir oor 'n jaar of twee wanneer jy op bietjie nuwe teer sal kan ry. En dís iets wat maar selde gebeur hier rond.
Kisolanza Old Farmhouse
3 października 2016, Tanzania ⋅ ☁️ 18 °C
Warm sjokolade gemaak met Amarula, plus 'n brownie! Lekker om terug te sit in die kampstoel na 'n lang dag in die saal. Dit lyk na reën...
Beeste dip op Kisolanza
4 października 2016, Tanzania ⋅ ☀️ 31 °C
Nicola Ghaui se familie (oorspronklik van Libanon) is al sedert die 1890s in Tanzanië. Sy het hier op die plaas Kisolanza, distrik Iringa, grootgeword en boer vandag steeds hier met beeste en skape. Czytaj więcej
Aftrekplek: Cordon Bleu-padstal
4 października 2016, Tanzania ⋅ ⛅ 21 °C
By hierdie padstal naby Iringa het ons vandag biltong, heuning, roomys, blatjang en olyfolie gekoop. Duime.
Bergpasse, kremetarte en die Ruaharivier
4 października 2016, Tanzania ⋅ 🌙 14 °C
Vandag ry ons van naby Iringa na Morogoro deur 'n bergagtige gebied - o.a. die Udzwungaberge. Dis orals nog droog: die reënseisoen kom. Duisende kremetarte. Die Ruaharivier. 'n Verkeersboete. Czytaj więcej




























































