FindPenguins
  • Домой
  • Исследовать
    • Скачать программу
    • Регистрация
    • Войти
    • Скачать программу
    • Войти
    • Домой
    • Напечатать альбом
    • Создать видео облёта
    • Исследовать
    • Поддержка
    • Следите за нами
  • Регистрация
Очистить поиск
Kom ons ry Kongo toe
  • WegTydskrif
  • WegTydskrif

Kom ons ry Kongo toe

93-дневное приключение от WegTydskrif Читать далее
ПодписатьсяОбзорОбзорКалендарьКалендарьФотографииФотографииПоделитьсяПоделитьсяКорзина
Сначала новые
  • Начало поездки
    11 сентября 2016 г.
    WegTydskrifKom ons ry Kongo toeWegTydskrif

    Hier gaan ons!

    11 сентября 2016 г., Южная Африка ⋅ ☀️ 16 °C

    Hallo! My naam is Toast Coetzer, Weg-joernalis. Oor die volgende paar maande ry ek Alice Inggs van Kaapstad noordwaarts, rofweg op pad na die ewenaar: Zambië, Tanzanië, Rwanda en Uganda wag. Ons gaan parke besoek, diere kyk, tent opslaan en heel moontlik iewers verdwaal. Volg ons reis hier...Читать далее

    Посмотреть перевод
    Len van Heerden

    Len van HeerdenNice...geniet dit. Lekker wiele en lekker company!

    14.09.2016Ответить
    WegTydskrif

    WegTydskrifDankie, Len!

    14.09.2016Ответить

    Good to see you both again! What a wonderful journey you have embarked on. Look forward to keeping track of your trip.🐘🐘

    20.09.2016Ответить
    1 лайк
     
  • WegTydskrifKom ons ry Kongo toeWegTydskrif

    Laatontbyt by Die Veldskoen-padstal

    11 сентября 2016 г., Южная Африка ⋅ ☀️ 17 °C

    Ek stop gereeld hier op pad binneland in. Behalwe vir goeie ontbyt en koffie verkoop hulle droë vrugte, fudge by die till, hanepoot...

    Посмотреть перевод
    1 лайк
     
  • WegTydskrifKom ons ry Kongo toeWegTydskrif

    Veldblomme langs die N1

    11 сентября 2016 г., Южная Африка ⋅ ☀️ 19 °C

    Moenie die Groot-Karoo vlak kyk nie: hier is ook baie veldblomme in die lente, veral as die reën op die regte tyd geval het.

    Посмотреть перевод
    1 лайк
     
  • WegTydskrifKom ons ry Kongo toeWegTydskrif

    Aalwyntjie anderkant Beaufort-Wes

    11 сентября 2016 г., Южная Африка ⋅ ☀️ 22 °C
    1 лайк
     
  • WegTydskrifKom ons ry Kongo toeWegTydskrif

    Langpad na Aberdeen

    11 сентября 2016 г., Южная Африка ⋅ 🌙 24 °C

    Wanneer begin jou reis werklik? Wanneer jy die voordeur agter jou toetrek? Wanneer jy die buitewyke van jou dorp agterlaat? Of wanneer die vryheid van die oop pad vlak in jou gemoed kom lê?

    Посмотреть перевод
    1 лайк
     
  • WegTydskrifKom ons ry Kongo toeWegTydskrif

    Gooi diesel, Graaff-Reinet

    11 сентября 2016 г., Южная Африка ⋅ 🌙 19 °C

    Tyd vir koffie ook. Nog so drie ure om te ry, in die donker. Eers Cradock toe, dan plaas toe - waar die eintlike pakwerk vir ons reis na die ewenaar in alle erns begin. (Kyk hoe mooi lyk ons Fortuner...)Читать далее

    Посмотреть перевод
    1 лайк
     
  • WegTydskrifKom ons ry Kongo toeWegTydskrif
    1

    Die Fortuner is gepak

    15 сентября 2016 г., Южная Африка ⋅ ⛅ 18 °C

    Eers moes ons daai klein sitplekkies in die kattebak loskry - gelukkig het Alice 'n Fortuner thread in Australië iewers raakgegoogle wat als stap vir stap verduidelik het. Met die sitplekke uit kon ons pak en pak en pak. En daai glimstroke en ons ZA-plakker vassit. Môre ry ons!Читать далее

    Посмотреть перевод
    Sanetha Meintjies

    Sanetha MeintjiesVeilig wees, geniet elke oomblik.

    16.09.2016Ответить
    Len van Heerden

    Len van HeerdenThere's it.

    16.09.2016Ответить
    0 лайков
     
  • WegTydskrifKom ons ry Kongo toeWegTydskrif

    Geel tulpe langs Gariepdam

    16 сентября 2016 г., Южная Африка ⋅ ☀️ 16 °C
    0 лайков
     
  • WegTydskrifKom ons ry Kongo toeWegTydskrif

    N1, Vrystaat

    16 сентября 2016 г., Южная Африка ⋅ ⛅ 20 °C
    0 лайков
     
  • WegTydskrifKom ons ry Kongo toeWegTydskrif

    Kroonvaal Engen

    16 сентября 2016 г., Южная Африка ⋅ ☀️ 20 °C

    Jy weet jy's op die langpad wanneer jy 'n Wimpy-koffie in die hand het.

    Посмотреть перевод
    0 лайков
     
  • WegTydskrifKom ons ry Kongo toeWegTydskrif

    Sonsondergang in Gauteng

    16 сентября 2016 г., Южная Африка ⋅ ☀️ 24 °C

    Lyk bietjie soos die Okavango as jy jou oë (erg) skrefies trek... En dan kry ons gou iets by Woolworths.

    Посмотреть перевод
    0 лайков
     
  • WegTydskrifKom ons ry Kongo toeWegTydskrif

    Kuier by familie in Pienaarsrivier

    17 сентября 2016 г., Южная Африка ⋅ ☀️ 17 °C

    Steakbraai en toebroodjies vir die pad Francistown toe.

    Посмотреть перевод
    1 лайк
     
  • WegTydskrifKom ons ry Kongo toeWegTydskrif

    Biltong & leeus, Lephalale-distrik

    17 сентября 2016 г., Южная Африка ⋅ ☀️ 22 °C
    Sanetha Meintjies

    Sanetha MeintjiesDaai leeukoppe maak my bang! Seker die veiligste slaghuis in die land😝

    17.09.2016Ответить
    0 лайков
     
  • WegTydskrifKom ons ry Kongo toeWegTydskrif

    Oor die Limpopo - Botswana!

    17 сентября 2016 г., Ботсвана ⋅ ☀️ 33 °C
    0 лайков
     
  • WegTydskrifKom ons ry Kongo toeWegTydskrif

    Sonsondergang in Francistown

    17 сентября 2016 г., Ботсвана ⋅ ☀️ 32 °C
    0 лайков
     
  • WegTydskrifKom ons ry Kongo toeWegTydskrif

    Woodlands-kampplek

    17 сентября 2016 г., Ботсвана ⋅ 🌙 30 °C

    Loshande die beste oornagplek rondom Francistown. Dis vol vanaand: Suid-Afrikaners wat vuur aansteek en potjie maak ("Sal jy vir ons 'n whiskey gooi?", vra een. "Het jy ys?" kom die antwoord) en overlanders wat om die swembad reisstories uitruil (een ou se reis is mos altyd meer epies as die volgende ou s'n...). Dis warm; nou-nou swem ons.Читать далее

    Посмотреть перевод
    1 лайк
     
  • WegTydskrifKom ons ry Kongo toeWegTydskrif

    Nata: middelpunt van die wêreld

    18 сентября 2016 г., Ботсвана ⋅ ⛅ 25 °C

    In Nata gooi jy vol. In Nata kyk jy verlangend na die Wimpy. In Nata oorweeg jy roomys koop. In Nata besluit jy of jy wes wil draai Maun toe, of noord wil hou Kasane toe. Altwee is ver.

    Посмотреть перевод
    0 лайков
     
  • WegTydskrifKom ons ry Kongo toeWegTydskrif

    Naby Pandamatenga

    18 сентября 2016 г., Ботсвана ⋅ ☀️ 32 °C

    Reeds noord van Nata kan jy begin olifante sien, en ons eerstes kom naby Elephant Sands, 'n kampplek met 'n watergat, so die olifante drom dikwels daar saam. Verder sien ons kameelperde, en steenbokkies, bromvoëls, en, in die verte, rook: die veld brand iewers.Читать далее

    Посмотреть перевод
    0 лайков
     
  • WegTydskrifKom ons ry Kongo toeWegTydskrif

    Olifante langs die pad

    18 сентября 2016 г., Ботсвана ⋅ ☀️ 31 °C
    0 лайков
     
  • WegTydskrifKom ons ry Kongo toeWegTydskrif

    Laatmiddagstappie in Kasane

    18 сентября 2016 г., Намибия ⋅ ☀️ 31 °C

    Ons slaap die volgende twee aande by ons vriende van Pangolin Photo Safaris - hulle het 'n huis op die oewer van die Chobe, en wanneer jy hier laatmiddag met jou honde gaan stap is dit reg langs hierdie klassieke Afrikarivier. Ons sien bobbejane, bosbokooitjie, waterbokbul, otters, krokodille, olifantspoor, seekoeispoor en die mooiste bome.Читать далее

    Посмотреть перевод
    0 лайков
     
  • WegTydskrifKom ons ry Kongo toeWegTydskrif

    Hello, Namibië!

    20 сентября 2016 г., Намибия ⋅ ☀️ 32 °C

    Safe travels toast and Alice

    22.09.2016Ответить
    0 лайков
     
  • WegTydskrifKom ons ry Kongo toeWegTydskrif

    Tafel + Zambesi = Doodgelukkig

    20 сентября 2016 г., Замбия ⋅ ⛅ 21 °C

    Vanaand slaap ons by Caprivi Houseboat Safari Lodge digby Katima Mulilo. Môre: Zambië, en nog Zambesirivier.

    Посмотреть перевод
    0 лайков
     
  • WegTydskrifKom ons ry Kongo toeWegTydskrif

    Dagsê, Zambië!

    21 сентября 2016 г., Замбия ⋅ ☀️ 32 °C

    Ons is met min moeite (uur en 'n half, tops) deur die Wenela-Sesheke-grenspos. Daarna het ons in Sesheke gedraai vir geld trek (tyd vir kwacha in die beursie), sim-kaarte koop - en 'n onverwagse meevaller: roomys! Grensposkoste: US$20 vir padbelasting, K150 vir koolstofbelasting, K427 vir versekering en K30 vir gemeenskapsfooi. Ons het dollar vir kwacha geruil by die grenspos.Читать далее

    Посмотреть перевод
    0 лайков
     
  • WegTydskrifKom ons ry Kongo toeWegTydskrif

    Kabula Lodge, Zambesirivier

    21 сентября 2016 г., Замбия ⋅ ☀️ 31 °C

    R115 vir kampering - gras onder die voete, groot bome én vriendelike diens.

    Посмотреть перевод
    0 лайков
     
  • WegTydskrifKom ons ry Kongo toeWegTydskrif

    Zambesirivier, naby Sioma

    22 сентября 2016 г., Замбия ⋅ ☀️ 32 °C

    Hier moes jy altyd met 'n pont oor die rivier; deesdae is hier 'n nuwe brug. Tjoef-tjaf.

    Посмотреть перевод
    0 лайков
     
Загрузить еще
  • 2026© FindPenguins
  • Домой
  • О нас
  • Групповой трекинг
  • Пресса
  • Правила
  • Конфиденциальность & Cookies
  • Центр помощи
  • Отпечаток
  • Следите за нами