FindPenguins
  • Домой
  • Исследовать
    • Скачать программу
    • Регистрация
    • Войти
    • Скачать программу
    • Войти
    • Домой
    • Напечатать альбом
    • Создать видео облёта
    • Исследовать
    • Поддержка
    • Следите за нами
  • Регистрация
Очистить поиск
Kom ons ry Kongo toe
  • WegTydskrif
  • WegTydskrif

Kom ons ry Kongo toe

93-дневное приключение от WegTydskrif Читать далее
ПодписатьсяОбзорОбзорКалендарьКалендарьФотографииФотографииПоделитьсяПоделитьсяКорзина
Сначала новые
  • WegTydskrifKom ons ry Kongo toeWegTydskrif

    Mongu - volmaaktyd

    22 сентября 2016 г., Замбия ⋅ ☀️ 18 °C

    Ons kamp die volgende paar dae in Kafue- nasionale park - ons behoort laatmiddag daar te wees. Die Zambesivloedvlakte - wat wyd hier langs Mongu uitstrek - laat ons nou agter. Brandstof hier is goedkoop: K8, 59 per liter diesel. Goeie diens, koue koeldrank en skoon toilette hier by die Total.Читать далее

    Посмотреть перевод
    0 лайков
     
  • WegTydskrifKom ons ry Kongo toeWegTydskrif

    Kafue- nasionale park

    22 сентября 2016 г., Замбия ⋅ ⛅ 20 °C

    Hekwag Jack Chainda teken ons in by Kafue- nasionale park. Ons toegang vir 2 mense, vir 4 nagte (3 dae), voertuig ingesluit, kos K1548. Dit sou duurder uitgewerk het as ons in Amerikaanse dollar betaal het.Читать далее

    Посмотреть перевод
    Roelof van Rensburg

    Roelof van RensburgIs ek reg as ek sê dis net so oor die R200.00 vir die 3 dae?

    26.09.2016Ответить
    0 лайков
     
  • WegTydskrifKom ons ry Kongo toeWegTydskrif

    Kasabushi, Kafue

    23 сентября 2016 г., Замбия ⋅ ☀️ 14 °C

    'n Puik nuwe kampplek reg teen die Kafuerivier - seekoeie wat ons heelnag geselskap hou. Dit kos K200 per persoon. Andy en Libby Wilson het Kasabushi twee jaar gelede begin; luukse tentchalets is ook in aanbou.Читать далее

    Посмотреть перевод
    0 лайков
     
  • WegTydskrifKom ons ry Kongo toeWegTydskrif

    Mayukuyuku, Kafue

    24 сентября 2016 г., Замбия ⋅ 🌬 14 °C

    Reg op die rivier!

    0 лайков
     
  • WegTydskrifKom ons ry Kongo toeWegTydskrif

    Kapenta-happie

    25 сентября 2016 г., Замбия ⋅ ⛅ 17 °C

    Kort net bietjie Weg-braaisout en die saak is reg!

    Посмотреть перевод
    0 лайков
     
  • WegTydskrifKom ons ry Kongo toeWegTydskrif

    KaingU-kampeerplek, Kafue

    25 сентября 2016 г., Замбия ⋅ ⛅ 14 °C

    Hier kan ons dalk vashaak...

    0 лайков
     
  • WegTydskrifKom ons ry Kongo toeWegTydskrif

    Mumbwa

    26 сентября 2016 г., Замбия ⋅ 🌬 32 °C

    Geld trek, volgooi, waai.

    0 лайков
     
  • WegTydskrifKom ons ry Kongo toeWegTydskrif

    Chisamba se mense

    27 сентября 2016 г., Замбия ⋅ ☀️ 28 °C

    Gisteraand oornag by Lize en Gawie Peens, boere by Chisamba noord van Lusaka. Hulle maak kaas op die plaas - die kaaskoelkas is in 'n massiewe miershoop ingebou! (Dit hou die temperatuur stabiel binne-in.)Читать далее

    Посмотреть перевод
    0 лайков
     
  • WegTydskrifKom ons ry Kongo toeWegTydskrif

    Kabwe

    27 сентября 2016 г., Замбия ⋅ ☀️ 29 °C
    0 лайков
     
  • WegTydskrifKom ons ry Kongo toeWegTydskrif

    Kapiri Mposhi

    27 сентября 2016 г., Замбия ⋅ ⛅ 32 °C
    0 лайков
     
  • WegTydskrifKom ons ry Kongo toeWegTydskrif

    Serenje

    27 сентября 2016 г., Замбия ⋅ ☀️ 29 °C
    0 лайков
     
  • WegTydskrifKom ons ry Kongo toeWegTydskrif

    Om te boer waar die pad ophou

    28 сентября 2016 г., Замбия ⋅ ⛅ 15 °C

    Pieter Snyman (in hierdie foto saam met sy vriendin Charmaine Venter) maak al sedert die middel-90s 'n bestaan op 'n plaas sowat 500 km noord van Lusaka. Hy het al biobrandstof gemaak, organiese tabak verbou, bees geboer, skaap ook. Projekte het al gekom en gaan, bees en skaap is soms gesteel, en dubbelsyfers van sy honde al deur krokodille gevang ("Worshonde verdwyn sommer in die middel van die dag. Luislange."). Daar was al malaria, bloedvergiftiging, 'n haelgeweerloop wat ontplof in sy hand, die slag toe weerlig die huis afgebrand het. Maar Pieter is steeds hier, met vars planne, en entoesiasties oor die toekoms.Читать далее

    Посмотреть перевод
    0 лайков
     
  • WegTydskrifKom ons ry Kongo toeWegTydskrif

    Mpika

    29 сентября 2016 г., Замбия ⋅ ☀️ 29 °C

    5078 km sedert ons uit Kaapstad weg is. Mooiweer en warm.

    Посмотреть перевод
    0 лайков
     
  • WegTydskrifKom ons ry Kongo toeWegTydskrif

    Kapishya Hot Springs

    30 сентября 2016 г., Замбия ⋅ ⛅ 18 °C

    Tyd vir asemskep. Warm water wat uit die sand onder jou tone losborrel. Reuse palmbome. 'n Tuin vol voëls. Ook tyd vir daai bottel Bain's whiskey wat 'n vriend uit die Kaap saamgegee het...

    Посмотреть перевод
    0 лайков
     
  • WegTydskrifKom ons ry Kongo toeWegTydskrif

    Kom ons bespreek: Mosi Lager

    30 сентября 2016 г., Замбия ⋅ ☀️ 26 °C

    Mosi is die bier van Zambië - dis vernoem na Mosi-oa-Tunya (Victoriawaterval), so jy weet dit gaan goed wees. Hy sit vars op jou tong, groenerig in die neus, soos 'n varsgesnyde krieketkolfblad. Hy laat jou eers rondkyk vir krokodille, maak jou later patrioties oor die Zambesrivier en uiteindelik vol heimweë oor selfs die Great North Road. Vol riviere! Alkohol: 4%. Punt: 7/10. Gaan goed saam met: Kapishya Hot Springs se fried rice kinchi.Читать далее

    Посмотреть перевод
    0 лайков
     
  • WegTydskrifKom ons ry Kongo toeWegTydskrif

    Langpad, verder noord

    1 октября 2016 г., Замбия ⋅ ☁️ 16 °C

    Die laaste paar honderd kilometer na die Zambië-Tanzanië-grens: honderde vragmotors (byna al Zambië se brandstof word met dié pad van Dar es Salaam aangery), tientalle wrakstukke én genoeg slaggate. Op een plek het 'n vragmotorwrak die héle pad versper - ons kon darem verby, danksy omstanders wat pad oopgekap het (en summier tolgeld begin hef het...). Nou is ons by King's Highway Kalungu - die tent staan en die koffiewater kook.Читать далее

    Посмотреть перевод
    0 лайков
     
  • WegTydskrifKom ons ry Kongo toeWegTydskrif

    Tunduma-grenspos

    2 октября 2016 г., Замбия ⋅ 🌙 12 °C

    Dis Sondag, so relatief rustig. Tog vat als tyd. Tussendeur kyk ons sepies, nuus en musiekvideo's op hangende TVs.

    Посмотреть перевод
    0 лайков
     
  • WegTydskrifKom ons ry Kongo toeWegTydskrif

    Tanzanië!

    2 октября 2016 г., Танзания ⋅ ⛅ 28 °C
    0 лайков
     
  • WegTydskrifKom ons ry Kongo toeWegTydskrif

    Utengule Coffee Lodge

    3 октября 2016 г., Танзания ⋅ ⛅ 18 °C

    Dié plek lê op die rand van Afrika se groot Skeurvallei: sonsondergang was iets om te aanskou. Ons kamp, maar raak uitspattig met ontbyt - en natuurlik koffie uit die Utengule-landgoed se plantasie.

    Посмотреть перевод
    0 лайков
     
  • WegTydskrifKom ons ry Kongo toeWegTydskrif

    Mbeya, Tanzanië

    3 октября 2016 г., Танзания ⋅ ☁️ 18 °C

    Mbeya lyk soms soos iewers in Pretoria met sy strate vol jakarandas. Ons vertoef 'n uur in die Vodafone-winkel om simkaarte te kry, dan ry ons verder ooswaarts in die rigting van Iringa.

    Посмотреть перевод
    0 лайков
     
  • WegTydskrifKom ons ry Kongo toeWegTydskrif

    Padwerke rondom Makambako

    3 октября 2016 г., Танзания ⋅ ☀️ 21 °C

    'n Hengse stuk pad word tans oorgebou hier. Frustrerend nou, maar goeie nuus vir oor 'n jaar of twee wanneer jy op bietjie nuwe teer sal kan ry. En dís iets wat maar selde gebeur hier rond.

    Посмотреть перевод
    0 лайков
     
  • WegTydskrifKom ons ry Kongo toeWegTydskrif

    Kisolanza Old Farmhouse

    3 октября 2016 г., Танзания ⋅ ☁️ 18 °C

    Warm sjokolade gemaak met Amarula, plus 'n brownie! Lekker om terug te sit in die kampstoel na 'n lang dag in die saal. Dit lyk na reën...

    Посмотреть перевод
    0 лайков
     
  • WegTydskrifKom ons ry Kongo toeWegTydskrif

    Beeste dip op Kisolanza

    4 октября 2016 г., Танзания ⋅ ☀️ 31 °C

    Nicola Ghaui se familie (oorspronklik van Libanon) is al sedert die 1890s in Tanzanië. Sy het hier op die plaas Kisolanza, distrik Iringa, grootgeword en boer vandag steeds hier met beeste en skape. Vanoggend was dit diptyd, met van haar Masai-werkers wat help.Читать далее

    Посмотреть перевод
    0 лайков
     
  • WegTydskrifKom ons ry Kongo toeWegTydskrif

    Aftrekplek: Cordon Bleu-padstal

    4 октября 2016 г., Танзания ⋅ ⛅ 21 °C

    By hierdie padstal naby Iringa het ons vandag biltong, heuning, roomys, blatjang en olyfolie gekoop. Duime.

    Посмотреть перевод
    0 лайков
     
  • WegTydskrifKom ons ry Kongo toeWegTydskrif

    Bergpasse, kremetarte en die Ruaharivier

    4 октября 2016 г., Танзания ⋅ 🌙 14 °C

    Vandag ry ons van naby Iringa na Morogoro deur 'n bergagtige gebied - o.a. die Udzwungaberge. Dis orals nog droog: die reënseisoen kom. Duisende kremetarte. Die Ruaharivier. 'n Verkeersboete. Kameelperde in Mikumi- nasionale park. 'n Swerm pelikane hoog bo. Masai met hul beeskuddes. Grasmandjieverkopers. Aartappelskyfies van 'n stalletjie langs die pad. Als goed. (Ja, selfs die verkeerskonstabel was vriendelik; hy had 'n punt.)Читать далее

    Посмотреть перевод
    0 лайков
     
Загрузить еще
  • 2026© FindPenguins
  • Домой
  • О нас
  • Групповой трекинг
  • Пресса
  • Правила
  • Конфиденциальность & Cookies
  • Центр помощи
  • Отпечаток
  • Следите за нами