Hier gaan ons!
September 11, 2016 in South Africa ⋅ ☀️ 16 °C
Hallo! My naam is Toast Coetzer, Weg-joernalis. Oor die volgende paar maande ry ek Alice Inggs van Kaapstad noordwaarts, rofweg op pad na die ewenaar: Zambië, Tanzanië, Rwanda en Uganda wag. OnsRead more
Laatontbyt by Die Veldskoen-padstal
September 11, 2016 in South Africa ⋅ ☀️ 17 °C
Ek stop gereeld hier op pad binneland in. Behalwe vir goeie ontbyt en koffie verkoop hulle droë vrugte, fudge by die till, hanepoot...
Veldblomme langs die N1
September 11, 2016 in South Africa ⋅ ☀️ 19 °C
Moenie die Groot-Karoo vlak kyk nie: hier is ook baie veldblomme in die lente, veral as die reën op die regte tyd geval het.
Aalwyntjie anderkant Beaufort-Wes
September 11, 2016 in South Africa ⋅ ☀️ 22 °C
Langpad na Aberdeen
September 11, 2016 in South Africa ⋅ 🌙 24 °C
Wanneer begin jou reis werklik? Wanneer jy die voordeur agter jou toetrek? Wanneer jy die buitewyke van jou dorp agterlaat? Of wanneer die vryheid van die oop pad vlak in jou gemoed kom lê?
Gooi diesel, Graaff-Reinet
September 11, 2016 in South Africa ⋅ 🌙 19 °C
Tyd vir koffie ook. Nog so drie ure om te ry, in die donker. Eers Cradock toe, dan plaas toe - waar die eintlike pakwerk vir ons reis na die ewenaar in alle erns begin. (Kyk hoe mooi lyk onsRead more
Die Fortuner is gepak
September 15, 2016 in South Africa ⋅ ⛅ 18 °C
Eers moes ons daai klein sitplekkies in die kattebak loskry - gelukkig het Alice 'n Fortuner thread in Australië iewers raakgegoogle wat als stap vir stap verduidelik het. Met die sitplekke uit konRead more
Geel tulpe langs Gariepdam
September 16, 2016 in South Africa ⋅ ☀️ 16 °C
N1, Vrystaat
September 16, 2016 in South Africa ⋅ ⛅ 20 °C
Kroonvaal Engen
September 16, 2016 in South Africa ⋅ ☀️ 20 °C
Jy weet jy's op die langpad wanneer jy 'n Wimpy-koffie in die hand het.
Sonsondergang in Gauteng
September 16, 2016 in South Africa ⋅ ☀️ 24 °C
Lyk bietjie soos die Okavango as jy jou oë (erg) skrefies trek... En dan kry ons gou iets by Woolworths.
Kuier by familie in Pienaarsrivier
September 17, 2016 in South Africa ⋅ ☀️ 17 °C
Steakbraai en toebroodjies vir die pad Francistown toe.
Biltong & leeus, Lephalale-distrik
September 17, 2016 in South Africa ⋅ ☀️ 22 °C
Oor die Limpopo - Botswana!
September 17, 2016 in Botswana ⋅ ☀️ 33 °C
Sonsondergang in Francistown
September 17, 2016 in Botswana ⋅ ☀️ 32 °C
Woodlands-kampplek
September 17, 2016 in Botswana ⋅ 🌙 30 °C
Loshande die beste oornagplek rondom Francistown. Dis vol vanaand: Suid-Afrikaners wat vuur aansteek en potjie maak ("Sal jy vir ons 'n whiskey gooi?", vra een. "Het jy ys?" kom die antwoord) enRead more
Nata: middelpunt van die wêreld
September 18, 2016 in Botswana ⋅ ⛅ 25 °C
In Nata gooi jy vol. In Nata kyk jy verlangend na die Wimpy. In Nata oorweeg jy roomys koop. In Nata besluit jy of jy wes wil draai Maun toe, of noord wil hou Kasane toe. Altwee is ver.
Naby Pandamatenga
September 18, 2016 in Botswana ⋅ ☀️ 32 °C
Reeds noord van Nata kan jy begin olifante sien, en ons eerstes kom naby Elephant Sands, 'n kampplek met 'n watergat, so die olifante drom dikwels daar saam. Verder sien ons kameelperde, enRead more
Olifante langs die pad
September 18, 2016 in Botswana ⋅ ☀️ 31 °C
Laatmiddagstappie in Kasane
September 18, 2016 in Namibia ⋅ ☀️ 31 °C
Ons slaap die volgende twee aande by ons vriende van Pangolin Photo Safaris - hulle het 'n huis op die oewer van die Chobe, en wanneer jy hier laatmiddag met jou honde gaan stap is dit reg langsRead more
Hello, Namibië!
September 20, 2016 in Namibia ⋅ ☀️ 32 °C
Tafel + Zambesi = Doodgelukkig
September 20, 2016 in Zambia ⋅ ⛅ 21 °C
Vanaand slaap ons by Caprivi Houseboat Safari Lodge digby Katima Mulilo. Môre: Zambië, en nog Zambesirivier.
Dagsê, Zambië!
September 21, 2016 in Zambia ⋅ ☀️ 32 °C
Ons is met min moeite (uur en 'n half, tops) deur die Wenela-Sesheke-grenspos. Daarna het ons in Sesheke gedraai vir geld trek (tyd vir kwacha in die beursie), sim-kaarte koop - en 'n onverwagseRead more
Kabula Lodge, Zambesirivier
September 21, 2016 in Zambia ⋅ ☀️ 31 °C
R115 vir kampering - gras onder die voete, groot bome én vriendelike diens.
Zambesirivier, naby Sioma
September 22, 2016 in Zambia ⋅ ☀️ 32 °C
Hier moes jy altyd met 'n pont oor die rivier; deesdae is hier 'n nuwe brug. Tjoef-tjaf.





















































Len van HeerdenNice...geniet dit. Lekker wiele en lekker company!
WegTydskrifDankie, Len!
Good to see you both again! What a wonderful journey you have embarked on. Look forward to keeping track of your trip.🐘🐘