September - December 2016
  • Day80

    Die Springbokvlakte

    November 29, 2016 in South Africa ⋅ ☀️ 17 °C

    Ken jy die Springbokvlakte? Saaiwêreld naby Bela Bela en Modimolle. Settlers, Lehau, Tuinplaas, Crecy... Ek bly die volgende paar dae hier by familie. Was wasgoed. Eet bietjie groente. Kyk hoe mooi lyk Tannie Fem se tuin. Tannie Lien is ook hier. Oom Gerrit werk aan 'n ou Farmhall-trekker. Dit is mooi hier.Read more

  • Day80

    Terug by swartpeper "grinders"

    November 29, 2016 in South Africa ⋅ ☀️ 38 °C

    As daar nou een ding is wat ek lanklaas gesien het (behalwe 'n pak Ghost Pops...) is dit 'n peper "grinder". Iets wat jy in 'n SA restaurant verwag, maar skaars (so skaars soos Ghost Pops) noord van die Zambesi. Ek eet middagete by die netjiese Cappuccinos in Lephalale.Read more

  • Day80

    Terug oor die Limpopo!

    November 29, 2016 in Botswana ⋅ 🌙 12 °C

    Stockpoort is 'n stil grenspos, en ek hou daarvan om SA hier - by die agterdeur - binne te glip. Daar's nie dadelik selfoonsein nie, so jy't nog tot op Lephalale tyd om tot verhaal te kom: terug in Suid-Afrika, na 10 weke op die langpad. Sjoe.Read more

  • Day79

    Woodlands Stop-over

    November 28, 2016 in Botswana ⋅ 🌙 29 °C

    Een van die beste oornagplekke wanneer jy van SA na die noorde van Botswana (of andersom) ry, is Woodlands net noord van Francistown. Hier het pas 'n groep voëlkykers uit SA aangekom - en hulle lysie het sommer vinnig langer geword. Die terrein hier is vol voëls, van kwêvoëls tot visvangers, tarentale tot spreeus. Ek lees bietjie die nuwe Weg...Read more

  • Day79

    Die olifantpad

    November 28, 2016 in Botswana ⋅ 🌙 24 °C

    Die teerpad suidwaarts van Kasane na Nata kan lekker wild raak: ek het vandag maklik 200 olifante langs die pad gewaar (en onthou, jy's nie eers in 'n nasionale park nie), plus kameelperde en sebras. Alhoewel sekere kolle nog vaal lyk - veral waar veldbrande hierdie jaar deur is - begin die bos nou groen draai na die eerste reëns van die somer.Read more

  • Day78

    Choberivier

    November 27, 2016 in Namibia ⋅ ⛅ 27 °C

    Ek is terug in Kasane in Botswana, en rus vandag by vriende wat langs die Choberivier woon. Darem maar mooi hier. 'n Kort stappie langs die rivier met die honde en jy sien reusevisvanger en geelbektroupant. Vanoggend het 'n singende kerkgroepie oorkant die rivier gemeentelede gedoop in die Chobe. Never mind die krokodille!Read more

  • Day77

    Kazungula-grenspos

    November 26, 2016 in Zambia ⋅ ⛅ 29 °C

    Altyd 'n deurmekaar grenspos dié, vol kansvatters en "helpers" wat jou voor in die ry kan kry vir stempels en betalings en die ferrie oor die Zambesirivier. Maar eintlik kan jy dit als self doen, met bietjie geduld. Die brugbouery vorder goed en - so sê hulle - teen 2018 gaan dit klaar wees, tesame met 'n nuwe grenspos wat hopelik die rompslomp minder gaan maak. Dit kos tans K150 om die ferrie te gebruik.Read more

  • Day77

    Victoria-waterval

    November 26, 2016 in Zambia ⋅ ⛅ 21 °C

    Dis 'n feit soos 'n koei: wanneer jy die verkeerde tyd van die jaar aan die Zambië-kant van die Victoriawaterval staan sien jy... 'n straaltjie water. Toe maar, die reëns het begin en oor 'n maand of twee is die Zambesi se vloedwaters hier en dan brul dit weer!Read more