Kanada en Alaska winter

December 2022 - January 2023
A 15-day adventure by Marise Read more
  • 14footprints
  • 2countries
  • 15days
  • 140photos
  • 0videos
  • 11.9kkilometers
  • 9.5kkilometers
  • Day 11

    Ysvisvang

    January 6, 2023 in the United States ⋅ ⛅ -16 °C

    Ons het lekker laat geslaap en die middag weer Noordpool toe gegaan en weer 'n 'hot cocoa' gaan drink by Santa Claus house. Dis rerig baie lekker.
    Daarna het ons gery na die Chena lake recreational area vir die ys visvang. Ons het dit amper nie gedoen nie, want dit was nie hoog op ons 'te doen' lysie nie. Ek is bly ons het toe wel daarby uitgekom. Dit was onverwags lekker.
    By die 'lake' parkeer ons en loop af na 'n tydelike hut op die meer. Ek kry natuurlik my daaglikse val in, maar ek het nie gister geval nie, so ek het tegnies nog 3 oor vir die 2 dae.
    In die hut loop ons weer 2 van die mense wat ons by die ysmuseum in Chena gesien het, raak en gesels en ruil nommers uit. Hulle bly in California.
    Daar kom nog 8 mense by, 4 koreane en 4 chinese. Die koreane kom sit by ons en ons gesels heel lekker. Hulle kom van 'n dorpie net langs Jeonju, maar bly nou in Connecticut. Tannie Sarie is die eerste een om 'n vis te vang. Mens laat sak jou klein visstokkie se lyn met 'n stukkie prawn aan tot op die bodem en trek dit dan omtrent 'n half voet (ja, ja, Amerika...) terug en laat die lyn oor jou wys vinger lê tot jy voel iets pluk aan hom. Dan trek mens die vislyn met jou hande uit. Dis glo makliker as om dit met die stok te doen. My eerste vis kom weg, maar ek vang darem nog.
    Tyson wys toe vir ons hoe om die gate in die ys te maak en ons elkeen wat wou, kry 'n kans om 'n gat te maak. Daarna maak hy die visse mooi skoon en braai dit (almal was salm) met olie, sout en peper. Dit is seker die lekkerste vis wat ek nog geëet het (behalwe dalk die salm wat dr Elsabé gemaak het toe ek en ouma by hulle gekuier het).
    Van daar af ry ons terug Fairbanks toe en gaan koop gou laaste goed by Walmart. Soos 'n tas vir tannie Sarie, want haar bagasie het nog steeds nie aangekom nie. Toe ons buite kom sneeu dit. So mooi.
    Slaaptyd.
    Read more

  • Day 12

    Snowmachine

    January 7, 2023 in the United States ⋅ ☁️ -16 °C

    Ons begin die oggend deur alles te pak en in die kar te laai en Noordpool toe te ry om 'n paar foto's te neem voor ons sneeumasjien gaan ry, want van daar af moet ons direk lughawe toe gaan.
    Ons neem 'n paar foto's van die plekke wat ons nog wou afneem en ry dan na Rod's iets iets guide adventures toe. Ons kry groot sneeupakke en bunny boots. Bunny boots! Groot, wit boots. Ek love bunny boots. Die sneeu masjiene (hulle noem dit nie snow mobiles nie, hulle noem dit snow machines) werk basies soos 'n quad bike. Ons oefen eers in 'n baan om te ry. Die handvatsels, sowel as die duim 'throttle', is verhit en mens kan dit warmer en koeler stel. Die helmets prop in die sneeu masjien in, wat die 'visor' verhit, soos die agterruit van 'n kar. Dit keer dat dit nie opwasem nie.
    Ons ry toe deur die winter wonderland vir omtrent 'n uur, terwyl die sneeu val. Onbeskryflik.
    Toe ons klaar is, gaan ons weer na Santa Claus house vir 'n laaste hot cocoa en om uit te vind waar die park is waar mens 'n stukkie eiendom kan koop. Dis die Terry Miller park. Waar ek ook my daaglikse val inkry.
    Ons ry toe terug lughawe toe en los die kar in die parkeerarea - sleutel in die 'glove compartment', oopgesluit en die Turo eienaar sal dit daar kom oplaai.
    Ons vlieg Toronto toe via Chicago, met net 'n 50 min layover - die incheck mense verseker my dit is genoeg. Dit was nie. Hulle het die hek reg voor my toegemaak, 'n minuut te laat. Ons moet toe vir 6 ure wag op die lughawe vir die volgende vlug Toronto toe. Op die lughawe is klomp vending machines - met grimering, vars vrugte en groente, babagoed, ens.
    Read more

  • Day 13

    Niagara watervalle

    January 8, 2023 in Canada ⋅ ☁️ 0 °C

    Ons vlieg toe uiteindelik Toronto toe, maar kom eers in die donker daar aan. Die dae is ook vreeslik deurmekaar, want ons verloor nou weer tyd. Ek kyk maar net op my horlosie en foon as ons êrens aankom en wifi het, en aanvaar die tyd wat dit vir my gee.
    Ons wou graag agter die Niagara watervalle gaan loop het, maar ry toe net sodat ons darem die valle kan sien. Dis omtrent 'n uur en 'n half se ry van die lughawe af. Gelukkig het ons weer 'n Turo kar gehuur so ons kon darem ry en terugkom soos ons wil. Ons het ook vir oulaas 'n bietjie Tim Hortons gekry en saamgevat watervalle toe.
    By die watervalle ry ons eers verby al die kersliggies in die bome en park by die valle en gaan dan na Skylan toring om van bo af na die watervalle te kyk. Na die tyd stap ons af met 'n paadjie tot by die watervalle, wat met verskillende kleure ligte verlig is. Dis asemrowend mooi.
    Ons ry terug, gooi vir oulaas self petrol in en gaan slaap by die hotel naby die lughawe sodat môreoggend nie 'n gejaag is nie.
    Op die lughawe is 'n passiewe oefen masjien wat jou voete laat vibreer. Dit sê exercise like an astronaut. Ek dink dis die tipe oefening wat ek wil doen. Soos 'n astronaut.
    En my beer pantoffels! Is daar enige iets cooler as dit?
    Read more

  • Day 14

    Terugtog en random foto's

    January 9, 2023 in the United States ⋅ ☀️ 10 °C

    Die hele dag is basies net lughawens. Niks interessant nie. Washington se lughawe is baie cool. Dit voel soos 'n ou biblioteek as mens deur die gange stap. Oral is geskiedkundige goed op teen die mure. Daar is ook oulike borsvoed 'pods' oral.
    Die res van die foto's is maar net random foto's.
    Terug na SA
    Read more