Simbamwenni Tented Lodge, Morogoro
5. Oktober 2016 in Tansania ⋅ ⛅ 23 °C
Gisteraand lekker geslaap by hierdie netjiese plek aan die rand van Morogoro. Dis mooi hier!
Ons is in Bagamoyo!
5. Oktober 2016 in Tansania ⋅ ⛅ 30 °C
6450 km nadat ons uit Kaapstad weg is, sien ons weer die see... Ons kamp vir die volgende paar aande by Firefly, byna reg teen die strand. 'n Soel wind waai, dis taai en bedompig en... rustig.
Kom ons bespreek: waatlemoensap
7. Oktober 2016 in Tansania ⋅ ⛅ 28 °C
Waatlemoen in 'n glas. Somer deur die buig van 'n strooitjie. Hoekom drink ons dit nie meer gereeld nie? Ons is in Dar es Salaam en eet middagete by Ranger's Café voor ons nou-nou die ferrie vat naWeiterlesen
Zanzibar!
7. Oktober 2016 in Tansania ⋅ ☀️ 29 °C
Stone Town, Zanzibar
9. Oktober 2016 in Tansania ⋅ ⛅ 29 °C
Ons bly in die bekostigbare maar baie netjiese hotel Al Minar, naby die see. Ontbyt is in die dakkamer, met uitsig oor nou stegies onder ons. Vars vrugtesap by Baboo-kafee, seekos saans by dieWeiterlesen
Vir oulaas: roomys en poskaarte
10. Oktober 2016 in Tansania ⋅ ⛅ 28 °C
Ons vertrek binnekort uit Zanzibar, maar daar is gou tyd vir nóg roomys (geure vanoggend: masala en kokosneut...) en poskaarte skryf by Tamu Gelateria Italiana.
Terug in die Fortuner
11. Oktober 2016 in Tansania ⋅ ⛅ 26 °C
Ons moes móói pak, want ons is nou vier mense in die Fortuner. Vriende uit die Kaap, Patrick en Grace Cairns, het ingevlieg en ons in Zanzibar ontmoet. Nou toer hulle saam deur die noorde vanWeiterlesen
Tanga-provinsie
11. Oktober 2016 in Tansania ⋅ ☀️ 12 °C
Masai met beeste, ou sisalplantasies...
Usambaraberg, Amani-reservaat
12. Oktober 2016 in Tansania ⋅ ☀️ 17 °C
Nou is ons skielik in 'n ander wêreld: reënwoud, verkleurmannetjies en 'n slak so groot soos jou vinger! Ons kamp by Emau Hill Campsite.
Mombo
13. Oktober 2016 in Tansania ⋅ ⛅ 21 °C
Heelmiddag ry ons met die Usambaraberg en later die Pareberg aan ons regterkant. Na links strek vlaktes uit, en sisalplantasies. Ons oë bly rondtas in die deinserige afstand na 'n vae buitelyn vanWeiterlesen
Samosas in Same
14. Oktober 2016 in Tansania ⋅ ⛅ 13 °C
Ons oornag in Same by die Elephant Motel - vanoggend, op pad Mkomazi toe, het ons vars samosas by 'n straatverkoper gekoop. Gisteraand het ons ook soos konings geëet.
Mkomazi- nasionale park
14. Oktober 2016 in Tansania ⋅ ⛅ 13 °C
Wanneer laas was julle die enigste mense in 'n ganse nasionale park? Dit was ons vandag in Mkomazi, een van Tanzanië se nuwer nasionale parke. Hier sien jy rare boksoorte - die laaaangnek gerenuk hetWeiterlesen
Nou is ons vier!
14. Oktober 2016 in Tansania ⋅ ⛅ 13 °C
Vriende uit die Kaap - Grace en Patrick Cairns - ry nou saam met my en Alice. Oor die volgende paar weke besoek ons Arusha, Kilimanjaro, Tarangire, Manyarameer, die Serengeti, Ngorongoro enWeiterlesen
Mwanga - tyd vir chips!
15. Oktober 2016 in Tansania ⋅ ⛅ 29 °C
Die beste padkos: aartappelskyfies met eier ingebak. Ons koop dit gereeld in die middel van die oggend by straatkafees wanneer die honger begin knaag. Lekker!
Iewers in die voetheuwels van Kili
15. Oktober 2016 in Tansania ⋅ ☀️ 25 °C
Ons was op pad na Chalameer op die Tanzanië/Kenia-grens, maar vind toe uit dit kos $30 per persoon per dag toegang. Ons spaar ons dollars vir die Serengeti, en draai toe maar om en ry Arusha se kantWeiterlesen
Meru Mbega-kampplek
15. Oktober 2016 in Tansania ⋅ ☀️ 28 °C
Naby die ingangshek tot Arusha- nasionale park slaap ons by Meru Mbega - die berg Meru troon uit bo ons, en Kilimanjaro in die verte. Die volmaan het nou-nou net regs van Kili uitgeloer, en ons hetWeiterlesen
Arusha- nasionale park
16. Oktober 2016 in Tansania ⋅ ☀️ 23 °C
Met die berg Meru in die agtergrond, reënwoud, 'n uitgestorwe vulkaan se krater, meer vol kleinflaminke - en wild soos verskeie aapsoorte, spesiale voëls vir jou lysie (soos Hartlaub se loerie) enWeiterlesen
Rotterdam Supermarket, Arusha
17. Oktober 2016 in Tansania ⋅ ⛅ 24 °C
Soms is dit net lekker om vir 'n slag 'n ProVita te sien. Never mind 'n bottel Chocolate Block! Hulle verkoop ook boerewors, biltong...
Kilimanjaro Spur, Arusha
17. Oktober 2016 in Tansania ⋅ ⛅ 27 °C
Goed om te weet die Maandag Spur-burger special geld in Tanzanië ook. En gratis karwas - die Fortuner sê "asante sana".
Kom ons bespreek: Kilimanjaro-lager
17. Oktober 2016 in Tansania ⋅ 🌙 10 °C
Hierdie bier het Afrika se hoogste berg voorop, so jy weet dit gaan goed wees. 'n Kilimanjaro rol gemaklik af in jou keel, selfs al is hy nie so ys-yskoud nie. Myne vanaand kom van 'n shebeen hierWeiterlesen
Tarangire- nasionale park - Dag 1
18. Oktober 2016 in Tansania ⋅ 🌙 16 °C
Vandag sien ons honderde olifante, en duisende sebras en wildebeeste - en ons het skaars 'n kwart van die park gesien. Alhoewel dit soms besig raak met wildkykvoertuie om 'n watergat is dit eintlikWeiterlesen
Tarangire- nasionale park - Dag 2
19. Oktober 2016 in Tansania ⋅ 🌙 32 °C
Vandag ry ons verder suid in die park, en sien twee jong mannetjieleeus (vas aan die slaap...) onder 'n worsboom, twee knuppeldik jagluiperds wat by 'n vangs lê, olifante wat deur 'n moeras swem, 'nWeiterlesen
Skeer gou baard
20. Oktober 2016 in Tansania ⋅ ☀️ 15 °C
Dis sulke tyd.
Manyarameer- nasionale park
21. Oktober 2016 in Tansania ⋅ ⛅ 11 °C
Dié park is bekend vir sy leeus wat hou van boomklim, maar ons was nie so gelukkig nie. Ons ry tot by die warmbron (wat 'n ou se vinger sommer ordentlik brand wanneer jy "gou voel hoe voel dit"),Weiterlesen
Empakaai-krater
22. Oktober 2016 in Tansania ⋅ ⛅ 28 °C
Ons is in die Ngorongoro Conservation Area, en na tent opslaan by Simbakamp (op die rand van Ngorongoro-krater) ry ek en Alice noordwaarts om te gaan kyk hoe lyk Empakaai-krater. Die landskap veranderWeiterlesen







































































































