Simbamwenni Tented Lodge, Morogoro
2016年10月5日, タンザニア ⋅ ⛅ 23 °C
Gisteraand lekker geslaap by hierdie netjiese plek aan die rand van Morogoro. Dis mooi hier!
Ons is in Bagamoyo!
2016年10月5日, タンザニア ⋅ ⛅ 30 °C
6450 km nadat ons uit Kaapstad weg is, sien ons weer die see... Ons kamp vir die volgende paar aande by Firefly, byna reg teen die strand. 'n Soel wind waai, dis taai en bedompig en... rustig.
Kom ons bespreek: waatlemoensap
2016年10月7日, タンザニア ⋅ ⛅ 28 °C
Waatlemoen in 'n glas. Somer deur die buig van 'n strooitjie. Hoekom drink ons dit nie meer gereeld nie? Ons is in Dar es Salaam en eet middagete by Ranger's Café voor ons nou-nou die ferrie vat naもっと詳しく
Zanzibar!
2016年10月7日, タンザニア ⋅ ☀️ 29 °C
Stone Town, Zanzibar
2016年10月9日, タンザニア ⋅ ⛅ 29 °C
Ons bly in die bekostigbare maar baie netjiese hotel Al Minar, naby die see. Ontbyt is in die dakkamer, met uitsig oor nou stegies onder ons. Vars vrugtesap by Baboo-kafee, seekos saans by dieもっと詳しく
Vir oulaas: roomys en poskaarte
2016年10月10日, タンザニア ⋅ ⛅ 28 °C
Ons vertrek binnekort uit Zanzibar, maar daar is gou tyd vir nóg roomys (geure vanoggend: masala en kokosneut...) en poskaarte skryf by Tamu Gelateria Italiana.
Terug in die Fortuner
2016年10月11日, タンザニア ⋅ ⛅ 26 °C
Ons moes móói pak, want ons is nou vier mense in die Fortuner. Vriende uit die Kaap, Patrick en Grace Cairns, het ingevlieg en ons in Zanzibar ontmoet. Nou toer hulle saam deur die noorde vanもっと詳しく
Tanga-provinsie
2016年10月11日, タンザニア ⋅ ☀️ 12 °C
Masai met beeste, ou sisalplantasies...
Usambaraberg, Amani-reservaat
2016年10月12日, タンザニア ⋅ ☀️ 17 °C
Nou is ons skielik in 'n ander wêreld: reënwoud, verkleurmannetjies en 'n slak so groot soos jou vinger! Ons kamp by Emau Hill Campsite.
Mombo
2016年10月13日, タンザニア ⋅ ⛅ 21 °C
Heelmiddag ry ons met die Usambaraberg en later die Pareberg aan ons regterkant. Na links strek vlaktes uit, en sisalplantasies. Ons oë bly rondtas in die deinserige afstand na 'n vae buitelyn vanもっと詳しく
Samosas in Same
2016年10月14日, タンザニア ⋅ ⛅ 13 °C
Ons oornag in Same by die Elephant Motel - vanoggend, op pad Mkomazi toe, het ons vars samosas by 'n straatverkoper gekoop. Gisteraand het ons ook soos konings geëet.
Mkomazi- nasionale park
2016年10月14日, タンザニア ⋅ ⛅ 13 °C
Wanneer laas was julle die enigste mense in 'n ganse nasionale park? Dit was ons vandag in Mkomazi, een van Tanzanië se nuwer nasionale parke. Hier sien jy rare boksoorte - die laaaangnek gerenuk hetもっと詳しく
Nou is ons vier!
2016年10月14日, タンザニア ⋅ ⛅ 13 °C
Vriende uit die Kaap - Grace en Patrick Cairns - ry nou saam met my en Alice. Oor die volgende paar weke besoek ons Arusha, Kilimanjaro, Tarangire, Manyarameer, die Serengeti, Ngorongoro enもっと詳しく
Mwanga - tyd vir chips!
2016年10月15日, タンザニア ⋅ ⛅ 29 °C
Die beste padkos: aartappelskyfies met eier ingebak. Ons koop dit gereeld in die middel van die oggend by straatkafees wanneer die honger begin knaag. Lekker!
Iewers in die voetheuwels van Kili
2016年10月15日, タンザニア ⋅ ☀️ 25 °C
Ons was op pad na Chalameer op die Tanzanië/Kenia-grens, maar vind toe uit dit kos $30 per persoon per dag toegang. Ons spaar ons dollars vir die Serengeti, en draai toe maar om en ry Arusha se kantもっと詳しく
Meru Mbega-kampplek
2016年10月15日, タンザニア ⋅ ☀️ 28 °C
Naby die ingangshek tot Arusha- nasionale park slaap ons by Meru Mbega - die berg Meru troon uit bo ons, en Kilimanjaro in die verte. Die volmaan het nou-nou net regs van Kili uitgeloer, en ons hetもっと詳しく
Arusha- nasionale park
2016年10月16日, タンザニア ⋅ ☀️ 23 °C
Met die berg Meru in die agtergrond, reënwoud, 'n uitgestorwe vulkaan se krater, meer vol kleinflaminke - en wild soos verskeie aapsoorte, spesiale voëls vir jou lysie (soos Hartlaub se loerie) enもっと詳しく
Rotterdam Supermarket, Arusha
2016年10月17日, タンザニア ⋅ ⛅ 24 °C
Soms is dit net lekker om vir 'n slag 'n ProVita te sien. Never mind 'n bottel Chocolate Block! Hulle verkoop ook boerewors, biltong...
Kilimanjaro Spur, Arusha
2016年10月17日, タンザニア ⋅ ⛅ 27 °C
Goed om te weet die Maandag Spur-burger special geld in Tanzanië ook. En gratis karwas - die Fortuner sê "asante sana".
Kom ons bespreek: Kilimanjaro-lager
2016年10月17日, タンザニア ⋅ 🌙 10 °C
Hierdie bier het Afrika se hoogste berg voorop, so jy weet dit gaan goed wees. 'n Kilimanjaro rol gemaklik af in jou keel, selfs al is hy nie so ys-yskoud nie. Myne vanaand kom van 'n shebeen hierもっと詳しく
Tarangire- nasionale park - Dag 1
2016年10月18日, タンザニア ⋅ 🌙 16 °C
Vandag sien ons honderde olifante, en duisende sebras en wildebeeste - en ons het skaars 'n kwart van die park gesien. Alhoewel dit soms besig raak met wildkykvoertuie om 'n watergat is dit eintlikもっと詳しく
Tarangire- nasionale park - Dag 2
2016年10月19日, タンザニア ⋅ 🌙 32 °C
Vandag ry ons verder suid in die park, en sien twee jong mannetjieleeus (vas aan die slaap...) onder 'n worsboom, twee knuppeldik jagluiperds wat by 'n vangs lê, olifante wat deur 'n moeras swem, 'nもっと詳しく
Skeer gou baard
2016年10月20日, タンザニア ⋅ ☀️ 15 °C
Dis sulke tyd.
Manyarameer- nasionale park
2016年10月21日, タンザニア ⋅ ⛅ 11 °C
Dié park is bekend vir sy leeus wat hou van boomklim, maar ons was nie so gelukkig nie. Ons ry tot by die warmbron (wat 'n ou se vinger sommer ordentlik brand wanneer jy "gou voel hoe voel dit"),もっと詳しく
Empakaai-krater
2016年10月22日, タンザニア ⋅ ⛅ 28 °C
Ons is in die Ngorongoro Conservation Area, en na tent opslaan by Simbakamp (op die rand van Ngorongoro-krater) ry ek en Alice noordwaarts om te gaan kyk hoe lyk Empakaai-krater. Die landskap veranderもっと詳しく







































































































