Simbamwenni Tented Lodge, Morogoro
5 października 2016, Tanzania ⋅ ⛅ 23 °C
Gisteraand lekker geslaap by hierdie netjiese plek aan die rand van Morogoro. Dis mooi hier!
Ons is in Bagamoyo!
5 października 2016, Tanzania ⋅ ⛅ 30 °C
6450 km nadat ons uit Kaapstad weg is, sien ons weer die see... Ons kamp vir die volgende paar aande by Firefly, byna reg teen die strand. 'n Soel wind waai, dis taai en bedompig en... rustig.
Kom ons bespreek: waatlemoensap
7 października 2016, Tanzania ⋅ ⛅ 28 °C
Waatlemoen in 'n glas. Somer deur die buig van 'n strooitjie. Hoekom drink ons dit nie meer gereeld nie? Ons is in Dar es Salaam en eet middagete by Ranger's Café voor ons nou-nou die ferrie vat na Czytaj więcej
Zanzibar!
7 października 2016, Tanzania ⋅ ☀️ 29 °C
Stone Town, Zanzibar
9 października 2016, Tanzania ⋅ ⛅ 29 °C
Ons bly in die bekostigbare maar baie netjiese hotel Al Minar, naby die see. Ontbyt is in die dakkamer, met uitsig oor nou stegies onder ons. Vars vrugtesap by Baboo-kafee, seekos saans by die Czytaj więcej
Vir oulaas: roomys en poskaarte
10 października 2016, Tanzania ⋅ ⛅ 28 °C
Ons vertrek binnekort uit Zanzibar, maar daar is gou tyd vir nóg roomys (geure vanoggend: masala en kokosneut...) en poskaarte skryf by Tamu Gelateria Italiana.
Terug in die Fortuner
11 października 2016, Tanzania ⋅ ⛅ 26 °C
Ons moes móói pak, want ons is nou vier mense in die Fortuner. Vriende uit die Kaap, Patrick en Grace Cairns, het ingevlieg en ons in Zanzibar ontmoet. Nou toer hulle saam deur die noorde van Czytaj więcej
Tanga-provinsie
11 października 2016, Tanzania ⋅ ☀️ 12 °C
Masai met beeste, ou sisalplantasies...
Usambaraberg, Amani-reservaat
12 października 2016, Tanzania ⋅ ☀️ 17 °C
Nou is ons skielik in 'n ander wêreld: reënwoud, verkleurmannetjies en 'n slak so groot soos jou vinger! Ons kamp by Emau Hill Campsite.
Mombo
13 października 2016, Tanzania ⋅ ⛅ 21 °C
Heelmiddag ry ons met die Usambaraberg en later die Pareberg aan ons regterkant. Na links strek vlaktes uit, en sisalplantasies. Ons oë bly rondtas in die deinserige afstand na 'n vae buitelyn van Czytaj więcej
Samosas in Same
14 października 2016, Tanzania ⋅ ⛅ 13 °C
Ons oornag in Same by die Elephant Motel - vanoggend, op pad Mkomazi toe, het ons vars samosas by 'n straatverkoper gekoop. Gisteraand het ons ook soos konings geëet.
Mkomazi- nasionale park
14 października 2016, Tanzania ⋅ ⛅ 13 °C
Wanneer laas was julle die enigste mense in 'n ganse nasionale park? Dit was ons vandag in Mkomazi, een van Tanzanië se nuwer nasionale parke. Hier sien jy rare boksoorte - die laaaangnek gerenuk het Czytaj więcej
Nou is ons vier!
14 października 2016, Tanzania ⋅ ⛅ 13 °C
Vriende uit die Kaap - Grace en Patrick Cairns - ry nou saam met my en Alice. Oor die volgende paar weke besoek ons Arusha, Kilimanjaro, Tarangire, Manyarameer, die Serengeti, Ngorongoro en Czytaj więcej
Mwanga - tyd vir chips!
15 października 2016, Tanzania ⋅ ⛅ 29 °C
Die beste padkos: aartappelskyfies met eier ingebak. Ons koop dit gereeld in die middel van die oggend by straatkafees wanneer die honger begin knaag. Lekker!
Iewers in die voetheuwels van Kili
15 października 2016, Tanzania ⋅ ☀️ 25 °C
Ons was op pad na Chalameer op die Tanzanië/Kenia-grens, maar vind toe uit dit kos $30 per persoon per dag toegang. Ons spaar ons dollars vir die Serengeti, en draai toe maar om en ry Arusha se kant Czytaj więcej
Meru Mbega-kampplek
15 października 2016, Tanzania ⋅ ☀️ 28 °C
Naby die ingangshek tot Arusha- nasionale park slaap ons by Meru Mbega - die berg Meru troon uit bo ons, en Kilimanjaro in die verte. Die volmaan het nou-nou net regs van Kili uitgeloer, en ons het Czytaj więcej
Arusha- nasionale park
16 października 2016, Tanzania ⋅ ☀️ 23 °C
Met die berg Meru in die agtergrond, reënwoud, 'n uitgestorwe vulkaan se krater, meer vol kleinflaminke - en wild soos verskeie aapsoorte, spesiale voëls vir jou lysie (soos Hartlaub se loerie) en Czytaj więcej
Rotterdam Supermarket, Arusha
17 października 2016, Tanzania ⋅ ⛅ 24 °C
Soms is dit net lekker om vir 'n slag 'n ProVita te sien. Never mind 'n bottel Chocolate Block! Hulle verkoop ook boerewors, biltong...
Kilimanjaro Spur, Arusha
17 października 2016, Tanzania ⋅ ⛅ 27 °C
Goed om te weet die Maandag Spur-burger special geld in Tanzanië ook. En gratis karwas - die Fortuner sê "asante sana".
Kom ons bespreek: Kilimanjaro-lager
17 października 2016, Tanzania ⋅ 🌙 10 °C
Hierdie bier het Afrika se hoogste berg voorop, so jy weet dit gaan goed wees. 'n Kilimanjaro rol gemaklik af in jou keel, selfs al is hy nie so ys-yskoud nie. Myne vanaand kom van 'n shebeen hier Czytaj więcej
Tarangire- nasionale park - Dag 1
18 października 2016, Tanzania ⋅ 🌙 16 °C
Vandag sien ons honderde olifante, en duisende sebras en wildebeeste - en ons het skaars 'n kwart van die park gesien. Alhoewel dit soms besig raak met wildkykvoertuie om 'n watergat is dit eintlik Czytaj więcej
Tarangire- nasionale park - Dag 2
19 października 2016, Tanzania ⋅ 🌙 32 °C
Vandag ry ons verder suid in die park, en sien twee jong mannetjieleeus (vas aan die slaap...) onder 'n worsboom, twee knuppeldik jagluiperds wat by 'n vangs lê, olifante wat deur 'n moeras swem, 'n Czytaj więcej
Skeer gou baard
20 października 2016, Tanzania ⋅ ☀️ 15 °C
Dis sulke tyd.
Manyarameer- nasionale park
21 października 2016, Tanzania ⋅ ⛅ 11 °C
Dié park is bekend vir sy leeus wat hou van boomklim, maar ons was nie so gelukkig nie. Ons ry tot by die warmbron (wat 'n ou se vinger sommer ordentlik brand wanneer jy "gou voel hoe voel dit"), Czytaj więcej
Empakaai-krater
22 października 2016, Tanzania ⋅ ⛅ 28 °C
Ons is in die Ngorongoro Conservation Area, en na tent opslaan by Simbakamp (op die rand van Ngorongoro-krater) ry ek en Alice noordwaarts om te gaan kyk hoe lyk Empakaai-krater. Die landskap verander Czytaj więcej







































































































