FindPenguins
  • Домой
  • Исследовать
    • Скачать программу
    • Регистрация
    • Войти
    • Скачать программу
    • Войти
    • Домой
    • Напечатать альбом
    • Создать видео облёта
    • Исследовать
    • Поддержка
    • Следите за нами
  • Регистрация
Очистить поиск
Kom ons ry Kongo toe
  • WegTydskrif
  • WegTydskrif

Kom ons ry Kongo toe

93-дневное приключение от WegTydskrif Читать далее
ПодписатьсяОбзорОбзорКалендарьКалендарьФотографииФотографииПоделитьсяПоделитьсяКорзина
Сначала новые
  • WegTydskrifKom ons ry Kongo toeWegTydskrif

    Simbamwenni Tented Lodge, Morogoro

    5 октября 2016 г., Танзания ⋅ ⛅ 23 °C

    Gisteraand lekker geslaap by hierdie netjiese plek aan die rand van Morogoro. Dis mooi hier!

    Посмотреть перевод
    0 лайков
     
  • WegTydskrifKom ons ry Kongo toeWegTydskrif

    Ons is in Bagamoyo!

    5 октября 2016 г., Танзания ⋅ ⛅ 30 °C

    6450 km nadat ons uit Kaapstad weg is, sien ons weer die see... Ons kamp vir die volgende paar aande by Firefly, byna reg teen die strand. 'n Soel wind waai, dis taai en bedompig en... rustig.

    Посмотреть перевод

    Jaloers! Sit dag na dag en sub in 'n kantoor. Fanie

    05.10.2016Ответить

    Kom suid bier lekker koud in Lindi

    06.10.2016Ответить
    WegTydskrif

    WegTydskrifVolgende keer kom ons Lindi toe!

    07.10.2016Ответить
    0 лайков
     
  • WegTydskrifKom ons ry Kongo toeWegTydskrif

    Kom ons bespreek: waatlemoensap

    7 октября 2016 г., Танзания ⋅ ⛅ 28 °C

    Waatlemoen in 'n glas. Somer deur die buig van 'n strooitjie. Hoekom drink ons dit nie meer gereeld nie? Ons is in Dar es Salaam en eet middagete by Ranger's Café voor ons nou-nou die ferrie vat na Zanzibar. Ons eet: vis met kokosneutmelk-kerrie. Verdomp lekker. Net grate oor.Читать далее

    Посмотреть перевод
    0 лайков
     
  • WegTydskrifKom ons ry Kongo toeWegTydskrif

    Zanzibar!

    7 октября 2016 г., Танзания ⋅ ☀️ 29 °C
    0 лайков
     
  • WegTydskrifKom ons ry Kongo toeWegTydskrif

    Stone Town, Zanzibar

    9 октября 2016 г., Танзания ⋅ ⛅ 29 °C

    Ons bly in die bekostigbare maar baie netjiese hotel Al Minar, naby die see. Ontbyt is in die dakkamer, met uitsig oor nou stegies onder ons. Vars vrugtesap by Baboo-kafee, seekos saans by die nagmark, roomys... min of meer die paradys, ja.Читать далее

    Посмотреть перевод
    0 лайков
     
  • WegTydskrifKom ons ry Kongo toeWegTydskrif

    Vir oulaas: roomys en poskaarte

    10 октября 2016 г., Танзания ⋅ ⛅ 28 °C

    Ons vertrek binnekort uit Zanzibar, maar daar is gou tyd vir nóg roomys (geure vanoggend: masala en kokosneut...) en poskaarte skryf by Tamu Gelateria Italiana.

    Посмотреть перевод
    0 лайков
     
  • WegTydskrifKom ons ry Kongo toeWegTydskrif

    Terug in die Fortuner

    11 октября 2016 г., Танзания ⋅ ⛅ 26 °C

    Ons moes móói pak, want ons is nou vier mense in die Fortuner. Vriende uit die Kaap, Patrick en Grace Cairns, het ingevlieg en ons in Zanzibar ontmoet. Nou toer hulle saam deur die noorde van Tanzanië oor die volgende paar weke.Читать далее

    Посмотреть перевод
    0 лайков
     
  • WegTydskrifKom ons ry Kongo toeWegTydskrif

    Tanga-provinsie

    11 октября 2016 г., Танзания ⋅ ☀️ 12 °C

    Masai met beeste, ou sisalplantasies...

    0 лайков
     
  • WegTydskrifKom ons ry Kongo toeWegTydskrif

    Usambaraberg, Amani-reservaat

    12 октября 2016 г., Танзания ⋅ ☀️ 17 °C

    Nou is ons skielik in 'n ander wêreld: reënwoud, verkleurmannetjies en 'n slak so groot soos jou vinger! Ons kamp by Emau Hill Campsite.

    Посмотреть перевод
    0 лайков
     
  • WegTydskrifKom ons ry Kongo toeWegTydskrif

    Mombo

    13 октября 2016 г., Танзания ⋅ ⛅ 21 °C

    Heelmiddag ry ons met die Usambaraberg en later die Pareberg aan ons regterkant. Na links strek vlaktes uit, en sisalplantasies. Ons oë bly rondtas in die deinserige afstand na 'n vae buitelyn van Kilimanjaro - maar nog nie...Читать далее

    Посмотреть перевод
    0 лайков
     
  • WegTydskrifKom ons ry Kongo toeWegTydskrif
    1

    Samosas in Same

    14 октября 2016 г., Танзания ⋅ ⛅ 13 °C

    Ons oornag in Same by die Elephant Motel - vanoggend, op pad Mkomazi toe, het ons vars samosas by 'n straatverkoper gekoop. Gisteraand het ons ook soos konings geëet.

    Посмотреть перевод
    Dries Fourie

    Dries FourieMôre Toast. Dit lyk ongelooflik lekker. Julle moet dit geniet.

    15.10.2016Ответить
    0 лайков
     
  • WegTydskrifKom ons ry Kongo toeWegTydskrif

    Mkomazi- nasionale park

    14 октября 2016 г., Танзания ⋅ ⛅ 13 °C

    Wanneer laas was julle die enigste mense in 'n ganse nasionale park? Dit was ons vandag in Mkomazi, een van Tanzanië se nuwer nasionale parke. Hier sien jy rare boksoorte - die laaaangnek gerenuk het ons ontwyk, maar ons het wel die "lesser kudu" gesien, wat wraggies nes 'n miniatuurkoedoe lyk! Ons het o.a. ook wildehonde, kameelperde, dik-dik en voëlspesies uniek aan die streek gesien.Читать далее

    Посмотреть перевод
    Woefter

    WoefterBaie mooi deel van Tanzanië daardie.

    15.10.2016Ответить
    0 лайков
     
  • WegTydskrifKom ons ry Kongo toeWegTydskrif

    Nou is ons vier!

    14 октября 2016 г., Танзания ⋅ ⛅ 13 °C

    Vriende uit die Kaap - Grace en Patrick Cairns - ry nou saam met my en Alice. Oor die volgende paar weke besoek ons Arusha, Kilimanjaro, Tarangire, Manyarameer, die Serengeti, Ngorongoro en Victoriameer.Читать далее

    Посмотреть перевод
    0 лайков
     
  • WegTydskrifKom ons ry Kongo toeWegTydskrif

    Mwanga - tyd vir chips!

    15 октября 2016 г., Танзания ⋅ ⛅ 29 °C

    Die beste padkos: aartappelskyfies met eier ingebak. Ons koop dit gereeld in die middel van die oggend by straatkafees wanneer die honger begin knaag. Lekker!

    Посмотреть перевод
    0 лайков
     
  • WegTydskrifKom ons ry Kongo toeWegTydskrif

    Iewers in die voetheuwels van Kili

    15 октября 2016 г., Танзания ⋅ ☀️ 25 °C

    Ons was op pad na Chalameer op die Tanzanië/Kenia-grens, maar vind toe uit dit kos $30 per persoon per dag toegang. Ons spaar ons dollars vir die Serengeti, en draai toe maar om en ry Arusha se kant toe.Читать далее

    Посмотреть перевод
    0 лайков
     
  • WegTydskrifKom ons ry Kongo toeWegTydskrif

    Meru Mbega-kampplek

    15 октября 2016 г., Танзания ⋅ ☀️ 28 °C

    Naby die ingangshek tot Arusha- nasionale park slaap ons by Meru Mbega - die berg Meru troon uit bo ons, en Kilimanjaro in die verte. Die volmaan het nou-nou net regs van Kili uitgeloer, en ons het die okkasie gevier met braaibroodjies en Kilimanjaro-bier.Читать далее

    Посмотреть перевод
    Venance Elisante

    ПутешественникYour welcome again in arusha

    12.05.2019Ответить
    1 лайк
     
  • WegTydskrifKom ons ry Kongo toeWegTydskrif

    Arusha- nasionale park

    16 октября 2016 г., Танзания ⋅ ☀️ 23 °C

    Met die berg Meru in die agtergrond, reënwoud, 'n uitgestorwe vulkaan se krater, meer vol kleinflaminke - en wild soos verskeie aapsoorte, spesiale voëls vir jou lysie (soos Hartlaub se loerie) en buffeltroppe - ja, Arusha mag maar!Читать далее

    Посмотреть перевод
    0 лайков
     
  • WegTydskrifKom ons ry Kongo toeWegTydskrif

    Rotterdam Supermarket, Arusha

    17 октября 2016 г., Танзания ⋅ ⛅ 24 °C

    Soms is dit net lekker om vir 'n slag 'n ProVita te sien. Never mind 'n bottel Chocolate Block! Hulle verkoop ook boerewors, biltong...

    Посмотреть перевод
    0 лайков
     
  • WegTydskrifKom ons ry Kongo toeWegTydskrif
    1

    Kilimanjaro Spur, Arusha

    17 октября 2016 г., Танзания ⋅ ⛅ 27 °C

    Goed om te weet die Maandag Spur-burger special geld in Tanzanië ook. En gratis karwas - die Fortuner sê "asante sana".

    Посмотреть перевод
    Woefter

    WoefterKaribu sana

    17.10.2016Ответить
    0 лайков
     
  • WegTydskrifKom ons ry Kongo toeWegTydskrif

    Kom ons bespreek: Kilimanjaro-lager

    17 октября 2016 г., Танзания ⋅ 🌙 10 °C

    Hierdie bier het Afrika se hoogste berg voorop, so jy weet dit gaan goed wees. 'n Kilimanjaro rol gemaklik af in jou keel, selfs al is hy nie so ys-yskoud nie. Myne vanaand kom van 'n shebeen hier iewers naby; iemand het dit met 'n fiets gaan haal. Dit proe eersteklas hier by die Wild Palm-kampplek, met 'n aandluggie wat nou die dag se hitte begin wegdruk. Alkohol: 4.5%Читать далее

    Посмотреть перевод
    Woefter

    WoefterStem ek drink dit, onder andere al twee en ń half jaar

    18.10.2016Ответить
    0 лайков
     
  • WegTydskrifKom ons ry Kongo toeWegTydskrif

    Tarangire- nasionale park - Dag 1

    18 октября 2016 г., Танзания ⋅ 🌙 16 °C

    Vandag sien ons honderde olifante, en duisende sebras en wildebeeste - en ons het skaars 'n kwart van die park gesien. Alhoewel dit soms besig raak met wildkykvoertuie om 'n watergat is dit eintlik (vergeleke met plekke soos Serengeti) 'n stil park. Kremetarte, oop stukkies savanne, skaars voëlspesies - ons tipe park. Pasop maar net vir die parmantige blouape by die piekniekplek.Читать далее

    Посмотреть перевод
    0 лайков
     
  • WegTydskrifKom ons ry Kongo toeWegTydskrif
    1

    Tarangire- nasionale park - Dag 2

    19 октября 2016 г., Танзания ⋅ 🌙 32 °C

    Vandag ry ons verder suid in die park, en sien twee jong mannetjieleeus (vas aan die slaap...) onder 'n worsboom, twee knuppeldik jagluiperds wat by 'n vangs lê, olifante wat deur 'n moeras swem, 'n reuse-ooruil - maar helaas ontwyk die gerenuk ons steeds.Читать далее

    Посмотреть перевод
    Woefter

    WoefterMooi foto!

    20.10.2016Ответить
    0 лайков
     
  • WegTydskrifKom ons ry Kongo toeWegTydskrif

    Skeer gou baard

    20 октября 2016 г., Танзания ⋅ ☀️ 15 °C

    Dis sulke tyd.

    0 лайков
     
  • WegTydskrifKom ons ry Kongo toeWegTydskrif

    Manyarameer- nasionale park

    21 октября 2016 г., Танзания ⋅ ⛅ 11 °C

    Dié park is bekend vir sy leeus wat hou van boomklim, maar ons was nie so gelukkig nie. Ons ry tot by die warmbron (wat 'n ou se vinger sommer ordentlik brand wanneer jy "gou voel hoe voel dit"), sien duisende pelikane en flaminke, plus wild soos buffel, olifant, rooibok, Thompson's gazelle, bosbok, sebra, wildebees en ander. Ons voëllys groei ook, met nuwe spesies muisvoël en houtkapper uniek aan die streek. Vir laatontbyt maak ons French toast by 'n piekniekplek. Môre ry ons Ngorongoro toe, waar dinge begin ernstig raak.Читать далее

    Посмотреть перевод
    0 лайков
     
  • WegTydskrifKom ons ry Kongo toeWegTydskrif

    Empakaai-krater

    22 октября 2016 г., Танзания ⋅ ⛅ 28 °C

    Ons is in die Ngorongoro Conservation Area, en na tent opslaan by Simbakamp (op die rand van Ngorongoro-krater) ry ek en Alice noordwaarts om te gaan kyk hoe lyk Empakaai-krater. Die landskap verander van woud na oop steppe, waar Maasai woon en met vee boer. Tussen die beeste en bokke loop sebras, wildebeeste en ander wilde diere. Ons sien iewers 20 arende saam by 'n dam. Op pad terug doem 'n buffel skielik langs die Fortuner op.Читать далее

    Посмотреть перевод
    0 лайков
     
Загрузить еще
  • 2026© FindPenguins
  • Домой
  • О нас
  • Групповой трекинг
  • Пресса
  • Правила
  • Конфиденциальность & Cookies
  • Центр помощи
  • Отпечаток
  • Следите за нами