Simbamwenni Tented Lodge, Morogoro
October 5, 2016 in Tanzania ⋅ ⛅ 23 °C
Gisteraand lekker geslaap by hierdie netjiese plek aan die rand van Morogoro. Dis mooi hier!
Ons is in Bagamoyo!
October 5, 2016 in Tanzania ⋅ ⛅ 30 °C
6450 km nadat ons uit Kaapstad weg is, sien ons weer die see... Ons kamp vir die volgende paar aande by Firefly, byna reg teen die strand. 'n Soel wind waai, dis taai en bedompig en... rustig.
Kom ons bespreek: waatlemoensap
October 7, 2016 in Tanzania ⋅ ⛅ 28 °C
Waatlemoen in 'n glas. Somer deur die buig van 'n strooitjie. Hoekom drink ons dit nie meer gereeld nie? Ons is in Dar es Salaam en eet middagete by Ranger's Café voor ons nou-nou die ferrie vat naRead more
Zanzibar!
October 7, 2016 in Tanzania ⋅ ☀️ 29 °C
Stone Town, Zanzibar
October 9, 2016 in Tanzania ⋅ ⛅ 29 °C
Ons bly in die bekostigbare maar baie netjiese hotel Al Minar, naby die see. Ontbyt is in die dakkamer, met uitsig oor nou stegies onder ons. Vars vrugtesap by Baboo-kafee, seekos saans by dieRead more
Vir oulaas: roomys en poskaarte
October 10, 2016 in Tanzania ⋅ ⛅ 28 °C
Ons vertrek binnekort uit Zanzibar, maar daar is gou tyd vir nóg roomys (geure vanoggend: masala en kokosneut...) en poskaarte skryf by Tamu Gelateria Italiana.
Terug in die Fortuner
October 11, 2016 in Tanzania ⋅ ⛅ 26 °C
Ons moes móói pak, want ons is nou vier mense in die Fortuner. Vriende uit die Kaap, Patrick en Grace Cairns, het ingevlieg en ons in Zanzibar ontmoet. Nou toer hulle saam deur die noorde vanRead more
Tanga-provinsie
October 11, 2016 in Tanzania ⋅ ☀️ 12 °C
Masai met beeste, ou sisalplantasies...
Usambaraberg, Amani-reservaat
October 12, 2016 in Tanzania ⋅ ☀️ 17 °C
Nou is ons skielik in 'n ander wêreld: reënwoud, verkleurmannetjies en 'n slak so groot soos jou vinger! Ons kamp by Emau Hill Campsite.
Mombo
October 13, 2016 in Tanzania ⋅ ⛅ 21 °C
Heelmiddag ry ons met die Usambaraberg en later die Pareberg aan ons regterkant. Na links strek vlaktes uit, en sisalplantasies. Ons oë bly rondtas in die deinserige afstand na 'n vae buitelyn vanRead more
Samosas in Same
October 14, 2016 in Tanzania ⋅ ⛅ 13 °C
Ons oornag in Same by die Elephant Motel - vanoggend, op pad Mkomazi toe, het ons vars samosas by 'n straatverkoper gekoop. Gisteraand het ons ook soos konings geëet.
Mkomazi- nasionale park
October 14, 2016 in Tanzania ⋅ ⛅ 13 °C
Wanneer laas was julle die enigste mense in 'n ganse nasionale park? Dit was ons vandag in Mkomazi, een van Tanzanië se nuwer nasionale parke. Hier sien jy rare boksoorte - die laaaangnek gerenuk hetRead more
Nou is ons vier!
October 14, 2016 in Tanzania ⋅ ⛅ 13 °C
Vriende uit die Kaap - Grace en Patrick Cairns - ry nou saam met my en Alice. Oor die volgende paar weke besoek ons Arusha, Kilimanjaro, Tarangire, Manyarameer, die Serengeti, Ngorongoro enRead more
Mwanga - tyd vir chips!
October 15, 2016 in Tanzania ⋅ ⛅ 29 °C
Die beste padkos: aartappelskyfies met eier ingebak. Ons koop dit gereeld in die middel van die oggend by straatkafees wanneer die honger begin knaag. Lekker!
Iewers in die voetheuwels van Kili
October 15, 2016 in Tanzania ⋅ ☀️ 25 °C
Ons was op pad na Chalameer op die Tanzanië/Kenia-grens, maar vind toe uit dit kos $30 per persoon per dag toegang. Ons spaar ons dollars vir die Serengeti, en draai toe maar om en ry Arusha se kantRead more
Meru Mbega-kampplek
October 15, 2016 in Tanzania ⋅ ☀️ 28 °C
Naby die ingangshek tot Arusha- nasionale park slaap ons by Meru Mbega - die berg Meru troon uit bo ons, en Kilimanjaro in die verte. Die volmaan het nou-nou net regs van Kili uitgeloer, en ons hetRead more
Arusha- nasionale park
October 16, 2016 in Tanzania ⋅ ☀️ 23 °C
Met die berg Meru in die agtergrond, reënwoud, 'n uitgestorwe vulkaan se krater, meer vol kleinflaminke - en wild soos verskeie aapsoorte, spesiale voëls vir jou lysie (soos Hartlaub se loerie) enRead more
Rotterdam Supermarket, Arusha
October 17, 2016 in Tanzania ⋅ ⛅ 24 °C
Soms is dit net lekker om vir 'n slag 'n ProVita te sien. Never mind 'n bottel Chocolate Block! Hulle verkoop ook boerewors, biltong...
Kilimanjaro Spur, Arusha
October 17, 2016 in Tanzania ⋅ ⛅ 27 °C
Goed om te weet die Maandag Spur-burger special geld in Tanzanië ook. En gratis karwas - die Fortuner sê "asante sana".
Kom ons bespreek: Kilimanjaro-lager
October 17, 2016 in Tanzania ⋅ 🌙 10 °C
Hierdie bier het Afrika se hoogste berg voorop, so jy weet dit gaan goed wees. 'n Kilimanjaro rol gemaklik af in jou keel, selfs al is hy nie so ys-yskoud nie. Myne vanaand kom van 'n shebeen hierRead more
Tarangire- nasionale park - Dag 1
October 18, 2016 in Tanzania ⋅ 🌙 16 °C
Vandag sien ons honderde olifante, en duisende sebras en wildebeeste - en ons het skaars 'n kwart van die park gesien. Alhoewel dit soms besig raak met wildkykvoertuie om 'n watergat is dit eintlikRead more
Tarangire- nasionale park - Dag 2
October 19, 2016 in Tanzania ⋅ 🌙 32 °C
Vandag ry ons verder suid in die park, en sien twee jong mannetjieleeus (vas aan die slaap...) onder 'n worsboom, twee knuppeldik jagluiperds wat by 'n vangs lê, olifante wat deur 'n moeras swem, 'nRead more
Skeer gou baard
October 20, 2016 in Tanzania ⋅ ☀️ 15 °C
Dis sulke tyd.
Manyarameer- nasionale park
October 21, 2016 in Tanzania ⋅ ⛅ 11 °C
Dié park is bekend vir sy leeus wat hou van boomklim, maar ons was nie so gelukkig nie. Ons ry tot by die warmbron (wat 'n ou se vinger sommer ordentlik brand wanneer jy "gou voel hoe voel dit"),Read more
Empakaai-krater
October 22, 2016 in Tanzania ⋅ ⛅ 28 °C
Ons is in die Ngorongoro Conservation Area, en na tent opslaan by Simbakamp (op die rand van Ngorongoro-krater) ry ek en Alice noordwaarts om te gaan kyk hoe lyk Empakaai-krater. Die landskap veranderRead more







































































































