GOEIE NUUS! Stap volgende keer saam
2023年9月27日, スペイン ⋅ ☁️ 21 °CVolgende jaar is daar nog ‘n kans om hierdie roete op die Camino saam met Netwerk24 te kom stap. Hier is al die besonderhede:もっと詳しく
Volgende jaar is daar nog ‘n kans om hierdie roete op die Camino saam met Netwerk24 te kom stap. Hier is al die besonderhede:もっと詳しく
Opgewonde! Die eerste Netwerk24-Caminotoer trek weg vanaf Madrid-lughawe na Astorga waar ons môre begin stap.
_Buenos días!_ 8h vanoggend begin ons as ‘n groep met ‘n matige stapdag. ‘n Geleidelike opdraand heel dag, ‘n afstand van 20 km na Rabanal del Camino. Totsiens Astorga!
Veilig hier ná dag 1 se 20 km! Bene lekker moeg, maar ‘n goeie begin. 💪 Rabanal is ‘n pragtige dorpie! Vanaand woon ons die dreunsang van die Benediktynse monnike by en sluit ‘n spesiale dagもっと詳しく
Dag 2: 16 km lê voor! Vandag se afstand is korter as gister, maar ons begin met ‘n steil klim. Op die hoogste punt van die Monte Irago berge (1 515 m), los ons ‘n klippie by die Cruz de Ferro.もっと詳しく
Eerste koffie-stop vir dag 2 ná ‘n lekker stywe bult!
Die 16 km-roete vandag is meestal afdraand na die stad Ponferrada. Stadig stap oor die klippertjies! 🥾 Langs die pad sal ons uitkyk vir die Hermitage of San Sebastian & San Fabian (Riego deもっと詳しく
Die pragtige dorpie Molinaseca. Tyd vir koffie! Die afdraande vanoggend was ‘n koel kronkelpad deur die berge. Rustige konsentrasie oor die los klippertjies en genoeg tyd vir diep asemhaal. Lieflik.