• WegTydskrif
  • WegTydskrif

Weg Agterpaaie Karoo

Una aventura de 43 días de WegTydskrif Leer más
  • Dag 25 - Murraysburg na Victoria-Wes

    9 de febrero de 2017, Sudáfrica ⋅ ☀️ 17 °C

    Dis 'n vol dag: Toast en Erns (probeer) ski op die gronddam by Badsfontein, dan koop ons roomyse by Kays Kafee in Murraysburg en ry daarvandaan agterpad - verby sewe bergskilpaaie en deur dertig modderplasse - tot in Victoria-Wes. Ons oornag 40 km anderkant die dorp by Melton Wold, waar tafeltennis gespeel word voor aandete (bobotie, hoender, malvapoeding).Leer más

  • Dag 26 - Victoria-Wes na Loxton

    10 de febrero de 2017, Sudáfrica ⋅ 🌧 19 °C

    Dis landbouskou in Victoria-Wes, en Toast en Erns kyk bietjie perde en skape (en kry braaivleismiddagete - dankie!), gesels met skoupresident Willem Vorster en leer van "natuurlike maanhaar, en stert" (dis nou wanneer perde nie pruike dra nie). Dan skiet die Weg Agterpaaie-span deur Loxton toe, vir stoepsitstories by oom Ben Bruwer en tannie Nita Griessel, dan koppie toe vir windverwaaide sonsondergang oor die dorp en, uiteindelik, potjiekos en rus by die Rooi Granaat.Leer más

  • Dag 29 - Carnarvon

    13 de febrero de 2017, Sudáfrica ⋅ 🌧 3 °C

    Weg-medewerker Willem van der Berg sluit aan by Toast en Erns in Carnarvon. Hulle eet lamsvleispizza by Lord's Kitchen, gesels windpomp by oom Leon Swanepoel (Erns probeer windpompklim...) en word dan tot die ore bederf by die gasvrye Bothas van Stuurmansfontein. Hoe slaap 'n korbeelhuis? Salig.Leer más

  • Dag 30 - Vanwyksvlei

    14 de febrero de 2017, Sudáfrica ⋅ ⛅ 7 °C

    Wie was al in Vanwyksvlei? Min mense. Tog is dit die middelpunt van die wêreld, en die Springbokoog-rotsgravures (noord van die dorp) die magiese spil waarom als draai. Tannie Rina van Wyk neem ons na hierdie byna heilige plek. Later sit ons aan by Vasie en Rieda de Kock, ordentlik.Leer más

  • Dag 33 - Fraserburg na Merweville

    17 de febrero de 2017, Sudáfrica ⋅ ⛅ 18 °C

    Ons begin vroegdag in Fraserburg na 'n goeie nagrus by die Kliphuis. Klippe bly ons tema vir die dag: eers kyk Erns en Toast fossielvoetspore op die plaas Gansfontein, daarna ry die span teen die Oukloofpas af om vir Heuningland se Douwe Vlok en vriende te ontmoet. Ons kou klippe saam met hulle deur bergfiets te gaan ry in die hitte van die dag, maar koel dan af in Grootdroom se swembad voor dit tyd raak vir Merweville toe ry terwyl die sonsondergang mooi maak.Leer más

  • Dag 34 - Merweville

    18 de febrero de 2017, Sudáfrica ⋅ ⛅ 18 °C

    Dit was ernstig warm reg deur die nag in Merweville, maar die weer dreun en die eerste druppels plof neer in die kurkdroë, klipharde strate. Erns lewer kruideniersware af (per fiets) vir Belia Muller en tannie Marie Blom en Esther Fourie wys vir Toast en Erns die dorp se imposante klipkerk. Dan ry die Hilux in Sutherland se rigting, op teen die eskarp verby 'n korbeelhuis en weerligblitse - laasgenoemde maak hekoopmaak haastige werk.Leer más

  • Dag 36 - Tankwa Karoo

    20 de febrero de 2017, Sudáfrica ⋅ ☀️ 22 °C

    Die Tankwa en sy karakters trek ons op onverklaarbare maniere nader, van Tjol Herbst wat met sy lang baard wag staan by die Verlatekloofpas buite Sutherland tot Jean-Pierre de Villiers, Jaco Uys en Gary Smith van die plaas Stonehenge waar die Afrika Burn-jol jaarliks uitspeel. Sonsondergang is so mooi ons vergeet gans van ons papwiel...Leer más

  • Dag 37 - Tankwa na Middelpos

    21 de febrero de 2017, Sudáfrica ⋅ ⛅ 25 °C

    By Hein, Susan en Wally Lange se Tankwa Padstal haak ons vas. "Dis méér as net 'n padstal," vertel Hein. Hierdie is 'n plek wat die wyer Tankwa-gemeenskap help saamsnoer, een mens op 'n slag. Koffies en gemmerbiere later ry ons die Gannagapas uit na Middelpos, waar Helena van der Westhuizen se onverbeterlike bokmelk-melktert nagereg is.Leer más

  • Dag 38 - Middelpos na Calvinia

    22 de febrero de 2017, Sudáfrica ⋅ 🌙 13 °C

    Middelpos se bokmelkbokke betower ons, Toast ontmoet ná 7 jaar weer vir tannie Sarie Mattheus, Dana Snyman se Wegbreek-besigheidskaartjie hang nog in plek in Die Winkel en Koos van der Westhuizen vertel ons als te vertelle oor Middelpos. Dan na droë Calvinia, vir skuinskoek bak met tannie Ray Karsten, sonsondergang-oordenking in die pad en vleisfeesvier by Die Hantamhuis. Episode 12 is klaar verfilm; een bly oor.Leer más

  • Dag 39 - Calvinia na Papkuilsfontein

    23 de febrero de 2017, Sudáfrica ⋅ 🌙 3 °C

    Die blitsige manne by Calvinia se Supa Quick ruil gou ons band om, dan drink ons koffie, pos poskaarte en gooi tenks vol (toevallig saam met Kimberley-manne met die grootste bostreiler wat ons nog ooit gesien het...). Op pad na Papkuilsfontein stop ons by 'n monument wat die Anglo-Boereoorlog se finale neerlê van wapens (en opneem van die pen) herdenk. By Papkuilsfontein kom kuier die Klipwerforkes by ons - en die dag sluit af met musiek tussen die dassieklippe. Wat meer kan 'n ou vra?Leer más

  • Dag 41 - Na Verneukpan

    25 de febrero de 2017, Sudáfrica ⋅ ⛅ 26 °C

    'n Wye draai is ons dag, van Willemsrivier (koel en mistig) na Loeriesfontein (dis droog, so droog) Brandvlei (beste lamsvleisburger by die Windpomprestaurant) na Swartkop (hier het dit onlangs gereën), dan hekoopmaak en Verneukpan lê voor ons oop, onder die voet en in die hart: die regte plek om ons 6-weke en 5000+ km Weg Agterpaaie Karoo-toer tot stilte te roep. Vanaand skiet die sterre vonke, en die braaivuur ook.Leer más

  • Dag 42 - Huis toe

    26 de febrero de 2017, Sudáfrica ⋅ 🌙 19 °C

    So eindig dinge. Na 6 weke en 5860 km is die Weg Agterpaaie-span terug in die Kaap. Dis Sondag-oggend wanneer ons wakker word op Verneukpan, 100 km anderkant Brandvlei. Ons maak koffie, en dan verfilm ons die laaste paar tonele, daarna pak ons en draai die twee Toyotas terug Kaap toe.

    Dis tienuur die aand wanneer Toast en Erns hul sakke neergooi in die Weg-kantoor. Kameramanne Chris Kritzinger en Nic Janse van Rensburg vlieg die volgende dag terug Joburg toe. Baie dankie, ouens, dit was pret! Dis danksy Chris en Nic se harde werk dat die nuwe reeks van Weg Agterpaaie so mooi gaan lyk wanneer dit op 15 Maart begin wys op Via. Stel solank jou PVR vir 20:00 daardie Woensdagaand, en vir die 12 Woensdae daarna ook.

    Baie dankie aan die honderde Karoomense wat die afgelope 6 weke so 'n plesier gemaak het. Dankie vir julle gasvryheid, die oopmaak van jul huise en plase, dorpe en plekke: ons waardeer dit. Sien julle weer, iewers langs die pad. Mag die stiltes en ooptes ons almal oorweldig.
    Leer más

    Fin del viaje
    26 de febrero de 2017