Dag 25 - Murraysburg na Victoria-Wes
2017年2月9日, 南アフリカ ⋅ ☀️ 17 °C
Dis 'n vol dag: Toast en Erns (probeer) ski op die gronddam by Badsfontein, dan koop ons roomyse by Kays Kafee in Murraysburg en ry daarvandaan agterpad - verby sewe bergskilpaaie en deur dertigもっと詳しく
Dag 26 - Victoria-Wes na Loxton
2017年2月10日, 南アフリカ ⋅ 🌧 19 °C
Dis landbouskou in Victoria-Wes, en Toast en Erns kyk bietjie perde en skape (en kry braaivleismiddagete - dankie!), gesels met skoupresident Willem Vorster en leer van "natuurlike maanhaar, en stert"もっと詳しく
Dag 27 & 28 - Loxton
2017年2月12日, 南アフリカ ⋅ ⛅ 1 °C
Hierdie naweek rus ons, op Loxton. Die Rooi Granaat is ons hoofkwartier.
Dag 29 - Carnarvon
2017年2月13日, 南アフリカ ⋅ 🌧 3 °C
Weg-medewerker Willem van der Berg sluit aan by Toast en Erns in Carnarvon. Hulle eet lamsvleispizza by Lord's Kitchen, gesels windpomp by oom Leon Swanepoel (Erns probeer windpompklim...) en word danもっと詳しく
Dag 30 - Vanwyksvlei
2017年2月14日, 南アフリカ ⋅ ⛅ 7 °C
Wie was al in Vanwyksvlei? Min mense. Tog is dit die middelpunt van die wêreld, en die Springbokoog-rotsgravures (noord van die dorp) die magiese spil waarom als draai. Tannie Rina van Wyk neem onsもっと詳しく
Dag 31 - Williston-distrik
2017年2月15日, 南アフリカ ⋅ ☀️ 2 °C
JD en Nestie Smit van Maiden Rock-gasteplaas ontvang ons in koue bier, skilpadjies, koue turksvysosaties, plaasdamswem, skaaplaai, sonsondergang, kaasbord en stofstorm. Ons bly amper vir altyd.
Dag 32 - Williston
2017年2月16日, 南アフリカ ⋅ ⛅ 18 °C
In Williston dans die Amandelboomtrappers die riel dat die stof so staan, Elmarie en Pieter Naudé van die Williston Mall hou vir Toast en Erns besig, Koeks die brak sit soos 'n meerkat, die Woelpoelもっと詳しく
Dag 33 - Fraserburg na Merweville
2017年2月17日, 南アフリカ ⋅ ⛅ 18 °C
Ons begin vroegdag in Fraserburg na 'n goeie nagrus by die Kliphuis. Klippe bly ons tema vir die dag: eers kyk Erns en Toast fossielvoetspore op die plaas Gansfontein, daarna ry die span teen dieもっと詳しく
Dag 34 - Merweville
2017年2月18日, 南アフリカ ⋅ ⛅ 18 °C
Dit was ernstig warm reg deur die nag in Merweville, maar die weer dreun en die eerste druppels plof neer in die kurkdroë, klipharde strate. Erns lewer kruideniersware af (per fiets) vir Belia Mullerもっと詳しく
Dag 35 - Sutherland
2017年2月19日, 南アフリカ ⋅ ⛅ 18 °C
Jurg Wagener van Sterland wys vir Toast en Erns sterre, die Weg Agterpaaie-span rus bietjie en Erns raak so verlief op dié rustige dorpie dat hy begin erf soek...
Dag 36 - Tankwa Karoo
2017年2月20日, 南アフリカ ⋅ ☀️ 22 °C
Die Tankwa en sy karakters trek ons op onverklaarbare maniere nader, van Tjol Herbst wat met sy lang baard wag staan by die Verlatekloofpas buite Sutherland tot Jean-Pierre de Villiers, Jaco Uys enもっと詳しく
Dag 37 - Tankwa na Middelpos
2017年2月21日, 南アフリカ ⋅ ⛅ 25 °C
By Hein, Susan en Wally Lange se Tankwa Padstal haak ons vas. "Dis méér as net 'n padstal," vertel Hein. Hierdie is 'n plek wat die wyer Tankwa-gemeenskap help saamsnoer, een mens op 'n slag.もっと詳しく
Dag 38 - Middelpos na Calvinia
2017年2月22日, 南アフリカ ⋅ 🌙 13 °C
Middelpos se bokmelkbokke betower ons, Toast ontmoet ná 7 jaar weer vir tannie Sarie Mattheus, Dana Snyman se Wegbreek-besigheidskaartjie hang nog in plek in Die Winkel en Koos van der Westhuizenもっと詳しく
Dag 39 - Calvinia na Papkuilsfontein
2017年2月23日, 南アフリカ ⋅ 🌙 3 °C
Die blitsige manne by Calvinia se Supa Quick ruil gou ons band om, dan drink ons koffie, pos poskaarte en gooi tenks vol (toevallig saam met Kimberley-manne met die grootste bostreiler wat ons nogもっと詳しく
Dag 40 - Nieuwoudtville-distrik
2017年2月24日, 南アフリカ ⋅ 🌙 9 °C
Oom Willem van Wyk wys ons Oorlogskloof, klein-klein plantjies en rooibosteelande op Papkuilsfontein. Daarna ry ons na Katstaartlaagte waar die middag rustig raak met skrywer John Miles en kunstenaarもっと詳しく
Dag 41 - Na Verneukpan
2017年2月25日, 南アフリカ ⋅ ⛅ 26 °C
'n Wye draai is ons dag, van Willemsrivier (koel en mistig) na Loeriesfontein (dis droog, so droog) Brandvlei (beste lamsvleisburger by die Windpomprestaurant) na Swartkop (hier het dit onlangsもっと詳しく
Dag 42 - Huis toe
2017年2月26日, 南アフリカ ⋅ 🌙 19 °C
So eindig dinge. Na 6 weke en 5860 km is die Weg Agterpaaie-span terug in die Kaap. Dis Sondag-oggend wanneer ons wakker word op Verneukpan, 100 km anderkant Brandvlei. Ons maak koffie, en dan verfilmもっと詳しく







































































































