Dag 25 - Murraysburg na Victoria-Wes
9 de fevereiro de 2017, África do Sul ⋅ ☀️ 17 °C
Dis 'n vol dag: Toast en Erns (probeer) ski op die gronddam by Badsfontein, dan koop ons roomyse by Kays Kafee in Murraysburg en ry daarvandaan agterpad - verby sewe bergskilpaaie en deur dertigLeia mais
Dag 26 - Victoria-Wes na Loxton
10 de fevereiro de 2017, África do Sul ⋅ 🌧 19 °C
Dis landbouskou in Victoria-Wes, en Toast en Erns kyk bietjie perde en skape (en kry braaivleismiddagete - dankie!), gesels met skoupresident Willem Vorster en leer van "natuurlike maanhaar, en stert"Leia mais
Dag 27 & 28 - Loxton
12 de fevereiro de 2017, África do Sul ⋅ ⛅ 1 °C
Hierdie naweek rus ons, op Loxton. Die Rooi Granaat is ons hoofkwartier.
Dag 29 - Carnarvon
13 de fevereiro de 2017, África do Sul ⋅ 🌧 3 °C
Weg-medewerker Willem van der Berg sluit aan by Toast en Erns in Carnarvon. Hulle eet lamsvleispizza by Lord's Kitchen, gesels windpomp by oom Leon Swanepoel (Erns probeer windpompklim...) en word danLeia mais
Dag 30 - Vanwyksvlei
14 de fevereiro de 2017, África do Sul ⋅ ⛅ 7 °C
Wie was al in Vanwyksvlei? Min mense. Tog is dit die middelpunt van die wêreld, en die Springbokoog-rotsgravures (noord van die dorp) die magiese spil waarom als draai. Tannie Rina van Wyk neem onsLeia mais
Dag 31 - Williston-distrik
15 de fevereiro de 2017, África do Sul ⋅ ☀️ 2 °C
JD en Nestie Smit van Maiden Rock-gasteplaas ontvang ons in koue bier, skilpadjies, koue turksvysosaties, plaasdamswem, skaaplaai, sonsondergang, kaasbord en stofstorm. Ons bly amper vir altyd.
Dag 32 - Williston
16 de fevereiro de 2017, África do Sul ⋅ ⛅ 18 °C
In Williston dans die Amandelboomtrappers die riel dat die stof so staan, Elmarie en Pieter Naudé van die Williston Mall hou vir Toast en Erns besig, Koeks die brak sit soos 'n meerkat, die WoelpoelLeia mais
Dag 33 - Fraserburg na Merweville
17 de fevereiro de 2017, África do Sul ⋅ ⛅ 18 °C
Ons begin vroegdag in Fraserburg na 'n goeie nagrus by die Kliphuis. Klippe bly ons tema vir die dag: eers kyk Erns en Toast fossielvoetspore op die plaas Gansfontein, daarna ry die span teen dieLeia mais
Dag 34 - Merweville
18 de fevereiro de 2017, África do Sul ⋅ ⛅ 18 °C
Dit was ernstig warm reg deur die nag in Merweville, maar die weer dreun en die eerste druppels plof neer in die kurkdroë, klipharde strate. Erns lewer kruideniersware af (per fiets) vir Belia MullerLeia mais
Dag 35 - Sutherland
19 de fevereiro de 2017, África do Sul ⋅ ⛅ 18 °C
Jurg Wagener van Sterland wys vir Toast en Erns sterre, die Weg Agterpaaie-span rus bietjie en Erns raak so verlief op dié rustige dorpie dat hy begin erf soek...
Dag 36 - Tankwa Karoo
20 de fevereiro de 2017, África do Sul ⋅ ☀️ 22 °C
Die Tankwa en sy karakters trek ons op onverklaarbare maniere nader, van Tjol Herbst wat met sy lang baard wag staan by die Verlatekloofpas buite Sutherland tot Jean-Pierre de Villiers, Jaco Uys enLeia mais
Dag 37 - Tankwa na Middelpos
21 de fevereiro de 2017, África do Sul ⋅ ⛅ 25 °C
By Hein, Susan en Wally Lange se Tankwa Padstal haak ons vas. "Dis méér as net 'n padstal," vertel Hein. Hierdie is 'n plek wat die wyer Tankwa-gemeenskap help saamsnoer, een mens op 'n slag.Leia mais
Dag 38 - Middelpos na Calvinia
22 de fevereiro de 2017, África do Sul ⋅ 🌙 13 °C
Middelpos se bokmelkbokke betower ons, Toast ontmoet ná 7 jaar weer vir tannie Sarie Mattheus, Dana Snyman se Wegbreek-besigheidskaartjie hang nog in plek in Die Winkel en Koos van der WesthuizenLeia mais
Dag 39 - Calvinia na Papkuilsfontein
23 de fevereiro de 2017, África do Sul ⋅ 🌙 3 °C
Die blitsige manne by Calvinia se Supa Quick ruil gou ons band om, dan drink ons koffie, pos poskaarte en gooi tenks vol (toevallig saam met Kimberley-manne met die grootste bostreiler wat ons nogLeia mais
Dag 40 - Nieuwoudtville-distrik
24 de fevereiro de 2017, África do Sul ⋅ 🌙 9 °C
Oom Willem van Wyk wys ons Oorlogskloof, klein-klein plantjies en rooibosteelande op Papkuilsfontein. Daarna ry ons na Katstaartlaagte waar die middag rustig raak met skrywer John Miles en kunstenaarLeia mais
Dag 41 - Na Verneukpan
25 de fevereiro de 2017, África do Sul ⋅ ⛅ 26 °C
'n Wye draai is ons dag, van Willemsrivier (koel en mistig) na Loeriesfontein (dis droog, so droog) Brandvlei (beste lamsvleisburger by die Windpomprestaurant) na Swartkop (hier het dit onlangsLeia mais
Dag 42 - Huis toe
26 de fevereiro de 2017, África do Sul ⋅ 🌙 19 °C
So eindig dinge. Na 6 weke en 5860 km is die Weg Agterpaaie-span terug in die Kaap. Dis Sondag-oggend wanneer ons wakker word op Verneukpan, 100 km anderkant Brandvlei. Ons maak koffie, en dan verfilmLeia mais







































































































