FindPenguins
  • Домой
  • Исследовать
    • Скачать программу
    • Регистрация
    • Войти
    • Скачать программу
    • Войти
    • Домой
    • Напечатать альбом
    • Создать видео облёта
    • Исследовать
    • Поддержка
    • Следите за нами
  • Регистрация
Очистить поиск
Weg Agterpaaie Karoo
  • WegTydskrif
  • WegTydskrif

Weg Agterpaaie Karoo

43-дневное приключение от WegTydskrif Читать далее
ПодписатьсяОбзорОбзорКалендарьКалендарьФотографииФотографииПоделитьсяПоделитьсяКорзина
Сначала новые
  • WegTydskrifWeg Agterpaaie KarooWegTydskrif

    Dag 25 - Murraysburg na Victoria-Wes

    9 февраля 2017 г., Южная Африка ⋅ ☀️ 17 °C

    Dis 'n vol dag: Toast en Erns (probeer) ski op die gronddam by Badsfontein, dan koop ons roomyse by Kays Kafee in Murraysburg en ry daarvandaan agterpad - verby sewe bergskilpaaie en deur dertig modderplasse - tot in Victoria-Wes. Ons oornag 40 km anderkant die dorp by Melton Wold, waar tafeltennis gespeel word voor aandete (bobotie, hoender, malvapoeding).Читать далее

    Посмотреть перевод
    0 лайков
     
  • WegTydskrifWeg Agterpaaie KarooWegTydskrif

    Dag 26 - Victoria-Wes na Loxton

    10 февраля 2017 г., Южная Африка ⋅ 🌧 19 °C

    Dis landbouskou in Victoria-Wes, en Toast en Erns kyk bietjie perde en skape (en kry braaivleismiddagete - dankie!), gesels met skoupresident Willem Vorster en leer van "natuurlike maanhaar, en stert" (dis nou wanneer perde nie pruike dra nie). Dan skiet die Weg Agterpaaie-span deur Loxton toe, vir stoepsitstories by oom Ben Bruwer en tannie Nita Griessel, dan koppie toe vir windverwaaide sonsondergang oor die dorp en, uiteindelik, potjiekos en rus by die Rooi Granaat.Читать далее

    Посмотреть перевод
    0 лайков
     
  • WegTydskrifWeg Agterpaaie KarooWegTydskrif

    Dag 27 & 28 - Loxton

    12 февраля 2017 г., Южная Африка ⋅ ⛅ 1 °C

    Hierdie naweek rus ons, op Loxton. Die Rooi Granaat is ons hoofkwartier.

    Посмотреть перевод
    0 лайков
     
  • WegTydskrifWeg Agterpaaie KarooWegTydskrif

    Dag 29 - Carnarvon

    13 февраля 2017 г., Южная Африка ⋅ 🌧 3 °C

    Weg-medewerker Willem van der Berg sluit aan by Toast en Erns in Carnarvon. Hulle eet lamsvleispizza by Lord's Kitchen, gesels windpomp by oom Leon Swanepoel (Erns probeer windpompklim...) en word dan tot die ore bederf by die gasvrye Bothas van Stuurmansfontein. Hoe slaap 'n korbeelhuis? Salig.Читать далее

    Посмотреть перевод
    0 лайков
     
  • WegTydskrifWeg Agterpaaie KarooWegTydskrif

    Dag 30 - Vanwyksvlei

    14 февраля 2017 г., Южная Африка ⋅ ⛅ 7 °C

    Wie was al in Vanwyksvlei? Min mense. Tog is dit die middelpunt van die wêreld, en die Springbokoog-rotsgravures (noord van die dorp) die magiese spil waarom als draai. Tannie Rina van Wyk neem ons na hierdie byna heilige plek. Later sit ons aan by Vasie en Rieda de Kock, ordentlik.Читать далее

    Посмотреть перевод

    Te veel liefde vir hierdie plek !!

    18.02.2017Ответить
    0 лайков
     
  • WegTydskrifWeg Agterpaaie KarooWegTydskrif

    Dag 31 - Williston-distrik

    15 февраля 2017 г., Южная Африка ⋅ ☀️ 2 °C

    JD en Nestie Smit van Maiden Rock-gasteplaas ontvang ons in koue bier, skilpadjies, koue turksvysosaties, plaasdamswem, skaaplaai, sonsondergang, kaasbord en stofstorm. Ons bly amper vir altyd.

    Посмотреть перевод
    0 лайков
     
  • WegTydskrifWeg Agterpaaie KarooWegTydskrif

    Dag 32 - Williston

    16 февраля 2017 г., Южная Африка ⋅ ⛅ 18 °C

    In Williston dans die Amandelboomtrappers die riel dat die stof so staan, Elmarie en Pieter Naudé van die Williston Mall hou vir Toast en Erns besig, Koeks die brak sit soos 'n meerkat, die Woelpoel sien aksie en in die museum hang 'n rooijakkalspelsjas.Читать далее

    Посмотреть перевод
    0 лайков
     
  • WegTydskrifWeg Agterpaaie KarooWegTydskrif

    Dag 33 - Fraserburg na Merweville

    17 февраля 2017 г., Южная Африка ⋅ ⛅ 18 °C

    Ons begin vroegdag in Fraserburg na 'n goeie nagrus by die Kliphuis. Klippe bly ons tema vir die dag: eers kyk Erns en Toast fossielvoetspore op die plaas Gansfontein, daarna ry die span teen die Oukloofpas af om vir Heuningland se Douwe Vlok en vriende te ontmoet. Ons kou klippe saam met hulle deur bergfiets te gaan ry in die hitte van die dag, maar koel dan af in Grootdroom se swembad voor dit tyd raak vir Merweville toe ry terwyl die sonsondergang mooi maak.Читать далее

    Посмотреть перевод
    0 лайков
     
  • WegTydskrifWeg Agterpaaie KarooWegTydskrif

    Dag 34 - Merweville

    18 февраля 2017 г., Южная Африка ⋅ ⛅ 18 °C

    Dit was ernstig warm reg deur die nag in Merweville, maar die weer dreun en die eerste druppels plof neer in die kurkdroë, klipharde strate. Erns lewer kruideniersware af (per fiets) vir Belia Muller en tannie Marie Blom en Esther Fourie wys vir Toast en Erns die dorp se imposante klipkerk. Dan ry die Hilux in Sutherland se rigting, op teen die eskarp verby 'n korbeelhuis en weerligblitse - laasgenoemde maak hekoopmaak haastige werk.Читать далее

    Посмотреть перевод
    0 лайков
     
  • WegTydskrifWeg Agterpaaie KarooWegTydskrif

    Dag 35 - Sutherland

    19 февраля 2017 г., Южная Африка ⋅ ⛅ 18 °C

    Jurg Wagener van Sterland wys vir Toast en Erns sterre, die Weg Agterpaaie-span rus bietjie en Erns raak so verlief op dié rustige dorpie dat hy begin erf soek...

    Посмотреть перевод
    0 лайков
     
  • WegTydskrifWeg Agterpaaie KarooWegTydskrif

    Dag 36 - Tankwa Karoo

    20 февраля 2017 г., Южная Африка ⋅ ☀️ 22 °C

    Die Tankwa en sy karakters trek ons op onverklaarbare maniere nader, van Tjol Herbst wat met sy lang baard wag staan by die Verlatekloofpas buite Sutherland tot Jean-Pierre de Villiers, Jaco Uys en Gary Smith van die plaas Stonehenge waar die Afrika Burn-jol jaarliks uitspeel. Sonsondergang is so mooi ons vergeet gans van ons papwiel...Читать далее

    Посмотреть перевод
    0 лайков
     
  • WegTydskrifWeg Agterpaaie KarooWegTydskrif

    Dag 37 - Tankwa na Middelpos

    21 февраля 2017 г., Южная Африка ⋅ ⛅ 25 °C

    By Hein, Susan en Wally Lange se Tankwa Padstal haak ons vas. "Dis méér as net 'n padstal," vertel Hein. Hierdie is 'n plek wat die wyer Tankwa-gemeenskap help saamsnoer, een mens op 'n slag. Koffies en gemmerbiere later ry ons die Gannagapas uit na Middelpos, waar Helena van der Westhuizen se onverbeterlike bokmelk-melktert nagereg is.Читать далее

    Посмотреть перевод
    0 лайков
     
  • WegTydskrifWeg Agterpaaie KarooWegTydskrif

    Dag 38 - Middelpos na Calvinia

    22 февраля 2017 г., Южная Африка ⋅ 🌙 13 °C

    Middelpos se bokmelkbokke betower ons, Toast ontmoet ná 7 jaar weer vir tannie Sarie Mattheus, Dana Snyman se Wegbreek-besigheidskaartjie hang nog in plek in Die Winkel en Koos van der Westhuizen vertel ons als te vertelle oor Middelpos. Dan na droë Calvinia, vir skuinskoek bak met tannie Ray Karsten, sonsondergang-oordenking in die pad en vleisfeesvier by Die Hantamhuis. Episode 12 is klaar verfilm; een bly oor.Читать далее

    Посмотреть перевод
    0 лайков
     
  • WegTydskrifWeg Agterpaaie KarooWegTydskrif

    Dag 39 - Calvinia na Papkuilsfontein

    23 февраля 2017 г., Южная Африка ⋅ 🌙 3 °C

    Die blitsige manne by Calvinia se Supa Quick ruil gou ons band om, dan drink ons koffie, pos poskaarte en gooi tenks vol (toevallig saam met Kimberley-manne met die grootste bostreiler wat ons nog ooit gesien het...). Op pad na Papkuilsfontein stop ons by 'n monument wat die Anglo-Boereoorlog se finale neerlê van wapens (en opneem van die pen) herdenk. By Papkuilsfontein kom kuier die Klipwerforkes by ons - en die dag sluit af met musiek tussen die dassieklippe. Wat meer kan 'n ou vra?Читать далее

    Посмотреть перевод
    0 лайков
     
  • WegTydskrifWeg Agterpaaie KarooWegTydskrif

    Dag 40 - Nieuwoudtville-distrik

    24 февраля 2017 г., Южная Африка ⋅ 🌙 9 °C

    Oom Willem van Wyk wys ons Oorlogskloof, klein-klein plantjies en rooibosteelande op Papkuilsfontein. Daarna ry ons na Katstaartlaagte waar die middag rustig raak met skrywer John Miles en kunstenaar Saar Steenkamp. Ons melktert, ons wyn, ons gesels die stiltes duideliker. Dan: sonsondergang by Vanrynspas. Als goed, als mooi.Читать далее

    Посмотреть перевод
    0 лайков
     
  • WegTydskrifWeg Agterpaaie KarooWegTydskrif

    Dag 41 - Na Verneukpan

    25 февраля 2017 г., Южная Африка ⋅ ⛅ 26 °C

    'n Wye draai is ons dag, van Willemsrivier (koel en mistig) na Loeriesfontein (dis droog, so droog) Brandvlei (beste lamsvleisburger by die Windpomprestaurant) na Swartkop (hier het dit onlangs gereën), dan hekoopmaak en Verneukpan lê voor ons oop, onder die voet en in die hart: die regte plek om ons 6-weke en 5000+ km Weg Agterpaaie Karoo-toer tot stilte te roep. Vanaand skiet die sterre vonke, en die braaivuur ook.Читать далее

    Посмотреть перевод
    0 лайков
     
  • WegTydskrifWeg Agterpaaie KarooWegTydskrif

    Dag 42 - Huis toe

    26 февраля 2017 г., Южная Африка ⋅ 🌙 19 °C

    So eindig dinge. Na 6 weke en 5860 km is die Weg Agterpaaie-span terug in die Kaap. Dis Sondag-oggend wanneer ons wakker word op Verneukpan, 100 km anderkant Brandvlei. Ons maak koffie, en dan verfilm ons die laaste paar tonele, daarna pak ons en draai die twee Toyotas terug Kaap toe.

    Dis tienuur die aand wanneer Toast en Erns hul sakke neergooi in die Weg-kantoor. Kameramanne Chris Kritzinger en Nic Janse van Rensburg vlieg die volgende dag terug Joburg toe. Baie dankie, ouens, dit was pret! Dis danksy Chris en Nic se harde werk dat die nuwe reeks van Weg Agterpaaie so mooi gaan lyk wanneer dit op 15 Maart begin wys op Via. Stel solank jou PVR vir 20:00 daardie Woensdagaand, en vir die 12 Woensdae daarna ook.

    Baie dankie aan die honderde Karoomense wat die afgelope 6 weke so 'n plesier gemaak het. Dankie vir julle gasvryheid, die oopmaak van jul huise en plase, dorpe en plekke: ons waardeer dit. Sien julle weer, iewers langs die pad. Mag die stiltes en ooptes ons almal oorweldig.
    Читать далее

    Посмотреть перевод
    0 лайков
     
    Окончание поездки
    26 февраля 2017 г.
  • 2025© FindPenguins
  • Домой
  • О нас
  • Групповой трекинг
  • Пресса
  • Правила
  • Конфиденциальность & Cookies
  • Центр помощи
  • Отпечаток
  • Следите за нами