Safari-ontbyt
16. November 2016 in Tansania ⋅ ☀️ 12 °C
Standaard-ontbyt in Tanzanië: omelet, witbrood, Azam-vrugtesap en Africafé-koffie. Africafé is dalk die lekkerste kitskoffie wat jy ooit sal proe. Azam is 'n groot Tanzaniese maatskappy wat als vanWeiterlesen
Katavi- nasionale park, Tanzanië
16. November 2016 in Tansania ⋅ ⛅ 20 °C
Seekoeie is Katavi se nr. 1-attraksie, veral nou in Novembermaand net voor die reëns ordentlik kom, wanneer honderde seekoeie meeding om elke laaste lappie koel modderlafenis. Die poel by Ikuu isWeiterlesen
Lake View Resort, Kipili
19. November 2016 in Tansania ⋅ ⛅ 12 °C
Die vissersdorpie Kipili lê teen die Tanganjikameer en hier het oud-Suid-Afrikaners Louise en Chris Horsfall een van die mooiste lodges in Tanzanië gebou. Boonop is die kos en diens uit die boonsteWeiterlesen
Kipili - Sumbawanga - Mbala
19. November 2016 in Tansania ⋅ ⛅ 28 °C
Die pad suidwaarts lei ons vandag verby moddersteenhuisies, groot bome en besige dorpe soos Sumbawanga in die weste van Tanzanië. Ons glip oor die grens, terug na Zambië, by die stil grensposWeiterlesen
Mpika
20. November 2016 in Sambia ⋅ ⛅ 31 °C
350 km gery vir die dag en nog so 50 km voor ons by ons oornagplek, Mutinondo Wilderness, kom. Vanaand braai ons steak. Hoogtyd.
Mutinondo Wilderness
21. November 2016 in Sambia ⋅ 🌙 18 °C
Suid van Mpika, so 26 km van die Great North Road, lê Mutinondo. Hier is jy op die Muchinga-eskarp wat uitkyk oor boggelrugberge voor die landskap wegval na die Luangwavallei. Ons slaan tent op onderWeiterlesen
Lus vir sampioen?
21. November 2016 in Sambia ⋅ 🌙 18 °C
Met die eerste reëns verskyn dié reuse-sampioene op termiethope in dele van Zambië. Dit word orals langs die pad verkoop, saam met veldvrugte wat ook nou in oorvloed is. Hierdie een het 20 kwachaWeiterlesen
Kasanka- nasionale park
23. November 2016 in Sambia ⋅ ⛅ 1 °C
Vrugtevlermuise - so 10 miljoen van hulle! - is Kasanka se groot attraksie van mid-Oktober tot mid-Desember wanneer hulle hier saamtrek van regoor Afrika. Teen sononder word die lug met ontelbareWeiterlesen
Lusaka toe
24. November 2016 in Sambia ⋅ ⛅ 20 °C
'n Lang 500-km stoot vandag, van Kasanka na Kapiri Mposhi na Lusaka (spitsverkeer, iets wat ons lanklaas gesien het) waar ons vanaand by vriende oornag. Die weer kom skouspelagtig op, en die FortunerWeiterlesen
Lusaka - Mazabuka - Choma - Livingstone
25. November 2016 in Sambia ⋅ ☁️ 3 °C
Nog 'n 500+ km dag, maar ons is veilig in Livingstone. Weer deur 'n paar los reënbuie, maar die veld en bome is nog bruin en droog hier in die suide van Zambië. Ons oornag by Maraba Lodge net suidWeiterlesen
Victoria-waterval
26. November 2016 in Sambia ⋅ ⛅ 21 °C
Dis 'n feit soos 'n koei: wanneer jy die verkeerde tyd van die jaar aan die Zambië-kant van die Victoriawaterval staan sien jy... 'n straaltjie water. Toe maar, die reëns het begin en oor 'n maandWeiterlesen
Kazungula-grenspos
26. November 2016 in Sambia ⋅ ⛅ 29 °C
Altyd 'n deurmekaar grenspos dié, vol kansvatters en "helpers" wat jou voor in die ry kan kry vir stempels en betalings en die ferrie oor die Zambesirivier. Maar eintlik kan jy dit als self doen, metWeiterlesen
Choberivier
27. November 2016 in Namibia ⋅ ⛅ 27 °C
Ek is terug in Kasane in Botswana, en rus vandag by vriende wat langs die Choberivier woon. Darem maar mooi hier. 'n Kort stappie langs die rivier met die honde en jy sien reusevisvanger enWeiterlesen
Die olifantpad
28. November 2016 in Botswana ⋅ 🌙 24 °C
Die teerpad suidwaarts van Kasane na Nata kan lekker wild raak: ek het vandag maklik 200 olifante langs die pad gewaar (en onthou, jy's nie eers in 'n nasionale park nie), plus kameelperde en sebras.Weiterlesen
Woodlands Stop-over
28. November 2016 in Botswana ⋅ 🌙 29 °C
Een van die beste oornagplekke wanneer jy van SA na die noorde van Botswana (of andersom) ry, is Woodlands net noord van Francistown. Hier het pas 'n groep voëlkykers uit SA aangekom - en hulle lysieWeiterlesen
Francistown - Palapye - Mahalapye
29. November 2016 in Botswana ⋅ 🌙 12 °C
Deurdruk tot op Mahalapye, waar ek die Fortuner vir oulaas volgooi in Botswana. Dan grondpad Parr's Halt/ Stockpoort-grenspos toe.
Terug oor die Limpopo!
29. November 2016 in Botswana ⋅ 🌙 12 °C
Stockpoort is 'n stil grenspos, en ek hou daarvan om SA hier - by die agterdeur - binne te glip. Daar's nie dadelik selfoonsein nie, so jy't nog tot op Lephalale tyd om tot verhaal te kom: terug inWeiterlesen
Terug by swartpeper "grinders"
29. November 2016 in Südafrika ⋅ ☀️ 38 °C
As daar nou een ding is wat ek lanklaas gesien het (behalwe 'n pak Ghost Pops...) is dit 'n peper "grinder". Iets wat jy in 'n SA restaurant verwag, maar skaars (so skaars soos Ghost Pops) noord vanWeiterlesen
Die Waterberg is groen!
29. November 2016 in Südafrika ⋅ ☀️ 22 °C
Dit het gereën in die Bosveld en Waterberg waar ek deur is - Vaalwater, Alma, Modimolle se wêreld. Als is groen met die oordadigheid van somer. Wat 'n plesier om hier te ry vandag.
Die Springbokvlakte
29. November 2016 in Südafrika ⋅ ☀️ 17 °C
Ken jy die Springbokvlakte? Saaiwêreld naby Bela Bela en Modimolle. Settlers, Lehau, Tuinplaas, Crecy... Ek bly die volgende paar dae hier by familie. Was wasgoed. Eet bietjie groente. Kyk hoe mooiWeiterlesen
Jou pakkie chips kom van hier af
2. Dezember 2016 in Südafrika ⋅ ☀️ 30 °C
Al ooit gewonder wie plant die aartappels wat in jou pakkie Simba of Lay's skyfies tot ruste kom? Wel, dis o.a. my oom Albert en sy span - hulle boer naby Pienaarsrivier in Limpopo en dis nouWeiterlesen
Koel by die poel in Johannesburg
3. Dezember 2016 in Südafrika ⋅ ☀️ 28 °C
Ons sypel stadig terug die land in. Kry vriende langs 'n swembad in Johannesburg, braai, knip oë teen die skerp blou lug. Ons is terug, maar steeds op pad.
Tom's Place, Vrystaat
5. Dezember 2016 in Südafrika ⋅ ☀️ 32 °C
Terug op die N1, ek en Alice, en verder suid. Tom's Place is suid van Bloemfontein. Hulle koffie is die beste (uit 'n masjien), en hulle worsrolle "OK", sê Alice. Dis warm en droog, die suid-Vrystaat.
Die Snack Box
5. Dezember 2016 in Südafrika ⋅ ⛅ 15 °C
Sparkles, Toppers-koekies, Super C's, biltong, droëwors, droëvrugte - dinge wat konstant was in ons snack box. Kou, kou, kou...


























































































Woefter
Ek kry nie Africafé in my lyf nie bleh!
Woefter
En ek het ook van daai " aarbeikonfyt" wat skoon chemikalieë jellie is