Safari-ontbyt
November 16, 2016 in Tanzania ⋅ ☀️ 12 °C
Standaard-ontbyt in Tanzanië: omelet, witbrood, Azam-vrugtesap en Africafé-koffie. Africafé is dalk die lekkerste kitskoffie wat jy ooit sal proe. Azam is 'n groot Tanzaniese maatskappy wat als vanRead more
Katavi- nasionale park, Tanzanië
November 16, 2016 in Tanzania ⋅ ⛅ 20 °C
Seekoeie is Katavi se nr. 1-attraksie, veral nou in Novembermaand net voor die reëns ordentlik kom, wanneer honderde seekoeie meeding om elke laaste lappie koel modderlafenis. Die poel by Ikuu isRead more
Lake View Resort, Kipili
November 19, 2016 in Tanzania ⋅ ⛅ 12 °C
Die vissersdorpie Kipili lê teen die Tanganjikameer en hier het oud-Suid-Afrikaners Louise en Chris Horsfall een van die mooiste lodges in Tanzanië gebou. Boonop is die kos en diens uit die boonsteRead more
Kipili - Sumbawanga - Mbala
November 19, 2016 in Tanzania ⋅ ⛅ 28 °C
Die pad suidwaarts lei ons vandag verby moddersteenhuisies, groot bome en besige dorpe soos Sumbawanga in die weste van Tanzanië. Ons glip oor die grens, terug na Zambië, by die stil grensposRead more
Mpika
November 20, 2016 in Zambia ⋅ ⛅ 31 °C
350 km gery vir die dag en nog so 50 km voor ons by ons oornagplek, Mutinondo Wilderness, kom. Vanaand braai ons steak. Hoogtyd.
Mutinondo Wilderness
November 21, 2016 in Zambia ⋅ 🌙 18 °C
Suid van Mpika, so 26 km van die Great North Road, lê Mutinondo. Hier is jy op die Muchinga-eskarp wat uitkyk oor boggelrugberge voor die landskap wegval na die Luangwavallei. Ons slaan tent op onderRead more
Lus vir sampioen?
November 21, 2016 in Zambia ⋅ 🌙 18 °C
Met die eerste reëns verskyn dié reuse-sampioene op termiethope in dele van Zambië. Dit word orals langs die pad verkoop, saam met veldvrugte wat ook nou in oorvloed is. Hierdie een het 20 kwachaRead more
Kasanka- nasionale park
November 23, 2016 in Zambia ⋅ ⛅ 1 °C
Vrugtevlermuise - so 10 miljoen van hulle! - is Kasanka se groot attraksie van mid-Oktober tot mid-Desember wanneer hulle hier saamtrek van regoor Afrika. Teen sononder word die lug met ontelbareRead more
Lusaka toe
November 24, 2016 in Zambia ⋅ ⛅ 20 °C
'n Lang 500-km stoot vandag, van Kasanka na Kapiri Mposhi na Lusaka (spitsverkeer, iets wat ons lanklaas gesien het) waar ons vanaand by vriende oornag. Die weer kom skouspelagtig op, en die FortunerRead more
Lusaka - Mazabuka - Choma - Livingstone
November 25, 2016 in Zambia ⋅ ☁️ 3 °C
Nog 'n 500+ km dag, maar ons is veilig in Livingstone. Weer deur 'n paar los reënbuie, maar die veld en bome is nog bruin en droog hier in die suide van Zambië. Ons oornag by Maraba Lodge net suidRead more
Victoria-waterval
November 26, 2016 in Zambia ⋅ ⛅ 21 °C
Dis 'n feit soos 'n koei: wanneer jy die verkeerde tyd van die jaar aan die Zambië-kant van die Victoriawaterval staan sien jy... 'n straaltjie water. Toe maar, die reëns het begin en oor 'n maandRead more
Kazungula-grenspos
November 26, 2016 in Zambia ⋅ ⛅ 29 °C
Altyd 'n deurmekaar grenspos dié, vol kansvatters en "helpers" wat jou voor in die ry kan kry vir stempels en betalings en die ferrie oor die Zambesirivier. Maar eintlik kan jy dit als self doen, metRead more
Choberivier
November 27, 2016 in Namibia ⋅ ⛅ 27 °C
Ek is terug in Kasane in Botswana, en rus vandag by vriende wat langs die Choberivier woon. Darem maar mooi hier. 'n Kort stappie langs die rivier met die honde en jy sien reusevisvanger enRead more
Die olifantpad
November 28, 2016 in Botswana ⋅ 🌙 24 °C
Die teerpad suidwaarts van Kasane na Nata kan lekker wild raak: ek het vandag maklik 200 olifante langs die pad gewaar (en onthou, jy's nie eers in 'n nasionale park nie), plus kameelperde en sebras.Read more
Woodlands Stop-over
November 28, 2016 in Botswana ⋅ 🌙 29 °C
Een van die beste oornagplekke wanneer jy van SA na die noorde van Botswana (of andersom) ry, is Woodlands net noord van Francistown. Hier het pas 'n groep voëlkykers uit SA aangekom - en hulle lysieRead more
Francistown - Palapye - Mahalapye
November 29, 2016 in Botswana ⋅ 🌙 12 °C
Deurdruk tot op Mahalapye, waar ek die Fortuner vir oulaas volgooi in Botswana. Dan grondpad Parr's Halt/ Stockpoort-grenspos toe.
Terug oor die Limpopo!
November 29, 2016 in Botswana ⋅ 🌙 12 °C
Stockpoort is 'n stil grenspos, en ek hou daarvan om SA hier - by die agterdeur - binne te glip. Daar's nie dadelik selfoonsein nie, so jy't nog tot op Lephalale tyd om tot verhaal te kom: terug inRead more
Terug by swartpeper "grinders"
November 29, 2016 in South Africa ⋅ ☀️ 38 °C
As daar nou een ding is wat ek lanklaas gesien het (behalwe 'n pak Ghost Pops...) is dit 'n peper "grinder". Iets wat jy in 'n SA restaurant verwag, maar skaars (so skaars soos Ghost Pops) noord vanRead more
Die Waterberg is groen!
November 29, 2016 in South Africa ⋅ ☀️ 22 °C
Dit het gereën in die Bosveld en Waterberg waar ek deur is - Vaalwater, Alma, Modimolle se wêreld. Als is groen met die oordadigheid van somer. Wat 'n plesier om hier te ry vandag.
Die Springbokvlakte
November 29, 2016 in South Africa ⋅ ☀️ 17 °C
Ken jy die Springbokvlakte? Saaiwêreld naby Bela Bela en Modimolle. Settlers, Lehau, Tuinplaas, Crecy... Ek bly die volgende paar dae hier by familie. Was wasgoed. Eet bietjie groente. Kyk hoe mooiRead more
Jou pakkie chips kom van hier af
December 2, 2016 in South Africa ⋅ ☀️ 30 °C
Al ooit gewonder wie plant die aartappels wat in jou pakkie Simba of Lay's skyfies tot ruste kom? Wel, dis o.a. my oom Albert en sy span - hulle boer naby Pienaarsrivier in Limpopo en dis nouRead more
Koel by die poel in Johannesburg
December 3, 2016 in South Africa ⋅ ☀️ 28 °C
Ons sypel stadig terug die land in. Kry vriende langs 'n swembad in Johannesburg, braai, knip oë teen die skerp blou lug. Ons is terug, maar steeds op pad.
Tom's Place, Vrystaat
December 5, 2016 in South Africa ⋅ ☀️ 32 °C
Terug op die N1, ek en Alice, en verder suid. Tom's Place is suid van Bloemfontein. Hulle koffie is die beste (uit 'n masjien), en hulle worsrolle "OK", sê Alice. Dis warm en droog, die suid-Vrystaat.
Die Snack Box
December 5, 2016 in South Africa ⋅ ⛅ 15 °C
Sparkles, Toppers-koekies, Super C's, biltong, droëwors, droëvrugte - dinge wat konstant was in ons snack box. Kou, kou, kou...


























































































Woefter
Ek kry nie Africafé in my lyf nie bleh!
Woefter
En ek het ook van daai " aarbeikonfyt" wat skoon chemikalieë jellie is