Safari-ontbyt
2016年11月16日, タンザニア ⋅ ☀️ 12 °C
Standaard-ontbyt in Tanzanië: omelet, witbrood, Azam-vrugtesap en Africafé-koffie. Africafé is dalk die lekkerste kitskoffie wat jy ooit sal proe. Azam is 'n groot Tanzaniese maatskappy wat als vanもっと詳しく
Katavi- nasionale park, Tanzanië
2016年11月16日, タンザニア ⋅ ⛅ 20 °C
Seekoeie is Katavi se nr. 1-attraksie, veral nou in Novembermaand net voor die reëns ordentlik kom, wanneer honderde seekoeie meeding om elke laaste lappie koel modderlafenis. Die poel by Ikuu isもっと詳しく
Lake View Resort, Kipili
2016年11月19日, タンザニア ⋅ ⛅ 12 °C
Die vissersdorpie Kipili lê teen die Tanganjikameer en hier het oud-Suid-Afrikaners Louise en Chris Horsfall een van die mooiste lodges in Tanzanië gebou. Boonop is die kos en diens uit die boonsteもっと詳しく
Kipili - Sumbawanga - Mbala
2016年11月19日, タンザニア ⋅ ⛅ 28 °C
Die pad suidwaarts lei ons vandag verby moddersteenhuisies, groot bome en besige dorpe soos Sumbawanga in die weste van Tanzanië. Ons glip oor die grens, terug na Zambië, by die stil grensposもっと詳しく
Mpika
2016年11月20日, ザンビア ⋅ ⛅ 31 °C
350 km gery vir die dag en nog so 50 km voor ons by ons oornagplek, Mutinondo Wilderness, kom. Vanaand braai ons steak. Hoogtyd.
Mutinondo Wilderness
2016年11月21日, ザンビア ⋅ 🌙 18 °C
Suid van Mpika, so 26 km van die Great North Road, lê Mutinondo. Hier is jy op die Muchinga-eskarp wat uitkyk oor boggelrugberge voor die landskap wegval na die Luangwavallei. Ons slaan tent op onderもっと詳しく
Lus vir sampioen?
2016年11月21日, ザンビア ⋅ 🌙 18 °C
Met die eerste reëns verskyn dié reuse-sampioene op termiethope in dele van Zambië. Dit word orals langs die pad verkoop, saam met veldvrugte wat ook nou in oorvloed is. Hierdie een het 20 kwachaもっと詳しく
Kasanka- nasionale park
2016年11月23日, ザンビア ⋅ ⛅ 1 °C
Vrugtevlermuise - so 10 miljoen van hulle! - is Kasanka se groot attraksie van mid-Oktober tot mid-Desember wanneer hulle hier saamtrek van regoor Afrika. Teen sononder word die lug met ontelbareもっと詳しく
Lusaka toe
2016年11月24日, ザンビア ⋅ ⛅ 20 °C
'n Lang 500-km stoot vandag, van Kasanka na Kapiri Mposhi na Lusaka (spitsverkeer, iets wat ons lanklaas gesien het) waar ons vanaand by vriende oornag. Die weer kom skouspelagtig op, en die Fortunerもっと詳しく
Lusaka - Mazabuka - Choma - Livingstone
2016年11月25日, ザンビア ⋅ ☁️ 3 °C
Nog 'n 500+ km dag, maar ons is veilig in Livingstone. Weer deur 'n paar los reënbuie, maar die veld en bome is nog bruin en droog hier in die suide van Zambië. Ons oornag by Maraba Lodge net suidもっと詳しく
Victoria-waterval
2016年11月26日, ザンビア ⋅ ⛅ 21 °C
Dis 'n feit soos 'n koei: wanneer jy die verkeerde tyd van die jaar aan die Zambië-kant van die Victoriawaterval staan sien jy... 'n straaltjie water. Toe maar, die reëns het begin en oor 'n maandもっと詳しく
Kazungula-grenspos
2016年11月26日, ザンビア ⋅ ⛅ 29 °C
Altyd 'n deurmekaar grenspos dié, vol kansvatters en "helpers" wat jou voor in die ry kan kry vir stempels en betalings en die ferrie oor die Zambesirivier. Maar eintlik kan jy dit als self doen, metもっと詳しく
Choberivier
2016年11月27日, ナミビア ⋅ ⛅ 27 °C
Ek is terug in Kasane in Botswana, en rus vandag by vriende wat langs die Choberivier woon. Darem maar mooi hier. 'n Kort stappie langs die rivier met die honde en jy sien reusevisvanger enもっと詳しく
Die olifantpad
2016年11月28日, ボツワナ ⋅ 🌙 24 °C
Die teerpad suidwaarts van Kasane na Nata kan lekker wild raak: ek het vandag maklik 200 olifante langs die pad gewaar (en onthou, jy's nie eers in 'n nasionale park nie), plus kameelperde en sebras.もっと詳しく
Woodlands Stop-over
2016年11月28日, ボツワナ ⋅ 🌙 29 °C
Een van die beste oornagplekke wanneer jy van SA na die noorde van Botswana (of andersom) ry, is Woodlands net noord van Francistown. Hier het pas 'n groep voëlkykers uit SA aangekom - en hulle lysieもっと詳しく
Francistown - Palapye - Mahalapye
2016年11月29日, ボツワナ ⋅ 🌙 12 °C
Deurdruk tot op Mahalapye, waar ek die Fortuner vir oulaas volgooi in Botswana. Dan grondpad Parr's Halt/ Stockpoort-grenspos toe.
Terug oor die Limpopo!
2016年11月29日, ボツワナ ⋅ 🌙 12 °C
Stockpoort is 'n stil grenspos, en ek hou daarvan om SA hier - by die agterdeur - binne te glip. Daar's nie dadelik selfoonsein nie, so jy't nog tot op Lephalale tyd om tot verhaal te kom: terug inもっと詳しく
Terug by swartpeper "grinders"
2016年11月29日, 南アフリカ ⋅ ☀️ 38 °C
As daar nou een ding is wat ek lanklaas gesien het (behalwe 'n pak Ghost Pops...) is dit 'n peper "grinder". Iets wat jy in 'n SA restaurant verwag, maar skaars (so skaars soos Ghost Pops) noord vanもっと詳しく
Die Waterberg is groen!
2016年11月29日, 南アフリカ ⋅ ☀️ 22 °C
Dit het gereën in die Bosveld en Waterberg waar ek deur is - Vaalwater, Alma, Modimolle se wêreld. Als is groen met die oordadigheid van somer. Wat 'n plesier om hier te ry vandag.
Die Springbokvlakte
2016年11月29日, 南アフリカ ⋅ ☀️ 17 °C
Ken jy die Springbokvlakte? Saaiwêreld naby Bela Bela en Modimolle. Settlers, Lehau, Tuinplaas, Crecy... Ek bly die volgende paar dae hier by familie. Was wasgoed. Eet bietjie groente. Kyk hoe mooiもっと詳しく
Jou pakkie chips kom van hier af
2016年12月2日, 南アフリカ ⋅ ☀️ 30 °C
Al ooit gewonder wie plant die aartappels wat in jou pakkie Simba of Lay's skyfies tot ruste kom? Wel, dis o.a. my oom Albert en sy span - hulle boer naby Pienaarsrivier in Limpopo en dis nouもっと詳しく
Koel by die poel in Johannesburg
2016年12月3日, 南アフリカ ⋅ ☀️ 28 °C
Ons sypel stadig terug die land in. Kry vriende langs 'n swembad in Johannesburg, braai, knip oë teen die skerp blou lug. Ons is terug, maar steeds op pad.
Tom's Place, Vrystaat
2016年12月5日, 南アフリカ ⋅ ☀️ 32 °C
Terug op die N1, ek en Alice, en verder suid. Tom's Place is suid van Bloemfontein. Hulle koffie is die beste (uit 'n masjien), en hulle worsrolle "OK", sê Alice. Dis warm en droog, die suid-Vrystaat.
Die Snack Box
2016年12月5日, 南アフリカ ⋅ ⛅ 15 °C
Sparkles, Toppers-koekies, Super C's, biltong, droëwors, droëvrugte - dinge wat konstant was in ons snack box. Kou, kou, kou...


























































































Woefter
Ek kry nie Africafé in my lyf nie bleh!
Woefter
En ek het ook van daai " aarbeikonfyt" wat skoon chemikalieë jellie is