• WegTydskrif
  • WegTydskrif

Kom ons ry Kongo toe

Et 93-dagers eventyr av WegTydskrif Les mer
  • Safari-ontbyt

    16. november 2016, Tanzania ⋅ ☀️ 12 °C

    Standaard-ontbyt in Tanzanië: omelet, witbrood, Azam-vrugtesap en Africafé-koffie. Africafé is dalk die lekkerste kitskoffie wat jy ooit sal proe. Azam is 'n groot Tanzaniese maatskappy wat als van roomys tot brood maak. Tanzaniese tee is ook prima.Les mer

  • Katavi- nasionale park, Tanzanië

    16. november 2016, Tanzania ⋅ ⛅ 20 °C

    Seekoeie is Katavi se nr. 1-attraksie, veral nou in Novembermaand net voor die reëns ordentlik kom, wanneer honderde seekoeie meeding om elke laaste lappie koel modderlafenis. Die poel by Ikuu is tjokkeblok. En ons kamp vanaand skaars 150 m van die poel, wat beteken dat hulle na donker oral om ons gaan wei. Ons sien ook olifante, 6 leeus, krokodille groter as karre, waterbok, rietbok, topi - dit wemel hier.Les mer

  • Lake View Resort, Kipili

    19. november 2016, Tanzania ⋅ ⛅ 12 °C

    Die vissersdorpie Kipili lê teen die Tanganjikameer en hier het oud-Suid-Afrikaners Louise en Chris Horsfall een van die mooiste lodges in Tanzanië gebou. Boonop is die kos en diens uit die boonste rakke. Skaars 1 km se stap van die lodge staan die fabelagtige bouval van een van die land se oudste sendingskerke.Les mer

  • Kipili - Sumbawanga - Mbala

    19. november 2016, Tanzania ⋅ ⛅ 28 °C

    Die pad suidwaarts lei ons vandag verby moddersteenhuisies, groot bome en besige dorpe soos Sumbawanga in die weste van Tanzanië. Ons glip oor die grens, terug na Zambië, by die stil grenspos Kasesya - waar iemand die immigrasie-amptenaar moes gaan soek om ons te help. Vanaand slaap ons by die puik Chila Lake Lodge net buite Mbala.Les mer

  • Mutinondo Wilderness

    21. november 2016, Zambia ⋅ 🌙 18 °C

    Suid van Mpika, so 26 km van die Great North Road, lê Mutinondo. Hier is jy op die Muchinga-eskarp wat uitkyk oor boggelrugberge voor die landskap wegval na die Luangwavallei. Ons slaan tent op onder die lowerkombers van die miombo, maar skuif die tent later onderdak toe 'n storm dreig. 'n Hiëna roep teen skemer, maar verder is dit stil. Mutinondo bly een van my gunstelingplekke in Zambië.Les mer

  • Kasanka- nasionale park

    23. november 2016, Zambia ⋅ ⛅ 1 °C

    Vrugtevlermuise - so 10 miljoen van hulle! - is Kasanka se groot attraksie van mid-Oktober tot mid-Desember wanneer hulle hier saamtrek van regoor Afrika. Teen sononder word die lug met ontelbare spikkels gevul wanneer die vlermuise hul hangplek in die moerasvywoud verlaat om te gaan kos soek. Dit slaan jou summier stom. Jy klim op stellasies in die woud om die skouspel gade te slaan. Ons sien ook die skaars visuil 2-uur een oggend, sommer in die boom bo ons tent! Ook gewaar uit ons kampstoele: sitatunga, die skugter moerasbok met sy unieke lang, gesplete hoef, spesiaal aangepas on op waterplante te loop.Les mer

  • Lusaka toe

    24. november 2016, Zambia ⋅ ⛅ 20 °C

    'n Lang 500-km stoot vandag, van Kasanka na Kapiri Mposhi na Lusaka (spitsverkeer, iets wat ons lanklaas gesien het) waar ons vanaand by vriende oornag. Die weer kom skouspelagtig op, en die Fortuner reën skoon. Soort van. Middagete stop ons by The Figtree suid van Kabwe vir stewige burgers.Les mer

  • Kazungula-grenspos

    26. november 2016, Zambia ⋅ ⛅ 29 °C

    Altyd 'n deurmekaar grenspos dié, vol kansvatters en "helpers" wat jou voor in die ry kan kry vir stempels en betalings en die ferrie oor die Zambesirivier. Maar eintlik kan jy dit als self doen, met bietjie geduld. Die brugbouery vorder goed en - so sê hulle - teen 2018 gaan dit klaar wees, tesame met 'n nuwe grenspos wat hopelik die rompslomp minder gaan maak. Dit kos tans K150 om die ferrie te gebruik.Les mer

  • Choberivier

    27. november 2016, Namibia ⋅ ⛅ 27 °C

    Ek is terug in Kasane in Botswana, en rus vandag by vriende wat langs die Choberivier woon. Darem maar mooi hier. 'n Kort stappie langs die rivier met die honde en jy sien reusevisvanger en geelbektroupant. Vanoggend het 'n singende kerkgroepie oorkant die rivier gemeentelede gedoop in die Chobe. Never mind die krokodille!Les mer

  • Die olifantpad

    28. november 2016, Botswana ⋅ 🌙 24 °C

    Die teerpad suidwaarts van Kasane na Nata kan lekker wild raak: ek het vandag maklik 200 olifante langs die pad gewaar (en onthou, jy's nie eers in 'n nasionale park nie), plus kameelperde en sebras. Alhoewel sekere kolle nog vaal lyk - veral waar veldbrande hierdie jaar deur is - begin die bos nou groen draai na die eerste reëns van die somer.Les mer

  • Woodlands Stop-over

    28. november 2016, Botswana ⋅ 🌙 29 °C

    Een van die beste oornagplekke wanneer jy van SA na die noorde van Botswana (of andersom) ry, is Woodlands net noord van Francistown. Hier het pas 'n groep voëlkykers uit SA aangekom - en hulle lysie het sommer vinnig langer geword. Die terrein hier is vol voëls, van kwêvoëls tot visvangers, tarentale tot spreeus. Ek lees bietjie die nuwe Weg...Les mer

  • Die Springbokvlakte

    29. november 2016, Sør-Afrika ⋅ ☀️ 17 °C

    Ken jy die Springbokvlakte? Saaiwêreld naby Bela Bela en Modimolle. Settlers, Lehau, Tuinplaas, Crecy... Ek bly die volgende paar dae hier by familie. Was wasgoed. Eet bietjie groente. Kyk hoe mooi lyk Tannie Fem se tuin. Tannie Lien is ook hier. Oom Gerrit werk aan 'n ou Farmhall-trekker. Dit is mooi hier.Les mer