FindPenguins
  • Домой
  • Исследовать
    • Скачать программу
    • Регистрация
    • Войти
    • Скачать программу
    • Войти
    • Домой
    • Напечатать альбом
    • Создать видео облёта
    • Исследовать
    • Поддержка
    • Следите за нами
  • Регистрация
Очистить поиск
Kom ons ry Kongo toe
  • WegTydskrif
  • WegTydskrif

Kom ons ry Kongo toe

93-дневное приключение от WegTydskrif Читать далее
ПодписатьсяОбзорОбзорКалендарьКалендарьФотографииФотографииПоделитьсяПоделитьсяКорзина
Сначала новые
  • WegTydskrifKom ons ry Kongo toeWegTydskrif
    1
    1

    Safari-ontbyt

    16 ноября 2016 г., Танзания ⋅ ☀️ 12 °C

    Standaard-ontbyt in Tanzanië: omelet, witbrood, Azam-vrugtesap en Africafé-koffie. Africafé is dalk die lekkerste kitskoffie wat jy ooit sal proe. Azam is 'n groot Tanzaniese maatskappy wat als van roomys tot brood maak. Tanzaniese tee is ook prima.Читать далее

    Посмотреть перевод
    Woefter

    WoefterEk kry nie Africafé in my lyf nie bleh!

    16.11.2016Ответить
    Woefter

    WoefterEn ek het ook van daai " aarbeikonfyt" wat skoon chemikalieë jellie is

    16.11.2016Ответить
    0 лайков
     
  • WegTydskrifKom ons ry Kongo toeWegTydskrif

    Katavi- nasionale park, Tanzanië

    16 ноября 2016 г., Танзания ⋅ ⛅ 20 °C

    Seekoeie is Katavi se nr. 1-attraksie, veral nou in Novembermaand net voor die reëns ordentlik kom, wanneer honderde seekoeie meeding om elke laaste lappie koel modderlafenis. Die poel by Ikuu is tjokkeblok. En ons kamp vanaand skaars 150 m van die poel, wat beteken dat hulle na donker oral om ons gaan wei. Ons sien ook olifante, 6 leeus, krokodille groter as karre, waterbok, rietbok, topi - dit wemel hier.Читать далее

    Посмотреть перевод
    0 лайков
     
  • WegTydskrifKom ons ry Kongo toeWegTydskrif

    Lake View Resort, Kipili

    19 ноября 2016 г., Танзания ⋅ ⛅ 12 °C

    Die vissersdorpie Kipili lê teen die Tanganjikameer en hier het oud-Suid-Afrikaners Louise en Chris Horsfall een van die mooiste lodges in Tanzanië gebou. Boonop is die kos en diens uit die boonste rakke. Skaars 1 km se stap van die lodge staan die fabelagtige bouval van een van die land se oudste sendingskerke.Читать далее

    Посмотреть перевод
    0 лайков
     
  • WegTydskrifKom ons ry Kongo toeWegTydskrif

    Kipili - Sumbawanga - Mbala

    19 ноября 2016 г., Танзания ⋅ ⛅ 28 °C

    Die pad suidwaarts lei ons vandag verby moddersteenhuisies, groot bome en besige dorpe soos Sumbawanga in die weste van Tanzanië. Ons glip oor die grens, terug na Zambië, by die stil grenspos Kasesya - waar iemand die immigrasie-amptenaar moes gaan soek om ons te help. Vanaand slaap ons by die puik Chila Lake Lodge net buite Mbala.Читать далее

    Посмотреть перевод
    0 лайков
     
  • WegTydskrifKom ons ry Kongo toeWegTydskrif

    Mpika

    20 ноября 2016 г., Замбия ⋅ ⛅ 31 °C

    350 km gery vir die dag en nog so 50 km voor ons by ons oornagplek, Mutinondo Wilderness, kom. Vanaand braai ons steak. Hoogtyd.

    Посмотреть перевод
    0 лайков
     
  • WegTydskrifKom ons ry Kongo toeWegTydskrif

    Mutinondo Wilderness

    21 ноября 2016 г., Замбия ⋅ 🌙 18 °C

    Suid van Mpika, so 26 km van die Great North Road, lê Mutinondo. Hier is jy op die Muchinga-eskarp wat uitkyk oor boggelrugberge voor die landskap wegval na die Luangwavallei. Ons slaan tent op onder die lowerkombers van die miombo, maar skuif die tent later onderdak toe 'n storm dreig. 'n Hiëna roep teen skemer, maar verder is dit stil. Mutinondo bly een van my gunstelingplekke in Zambië.Читать далее

    Посмотреть перевод
    0 лайков
     
  • WegTydskrifKom ons ry Kongo toeWegTydskrif

    Lus vir sampioen?

    21 ноября 2016 г., Замбия ⋅ 🌙 18 °C

    Met die eerste reëns verskyn dié reuse-sampioene op termiethope in dele van Zambië. Dit word orals langs die pad verkoop, saam met veldvrugte wat ook nou in oorvloed is. Hierdie een het 20 kwacha (so R15) gekos.Читать далее

    Посмотреть перевод
    Woefter

    WoefterLekker in botter gebraai

    26.11.2016Ответить
    0 лайков
     
  • WegTydskrifKom ons ry Kongo toeWegTydskrif

    Kasanka- nasionale park

    23 ноября 2016 г., Замбия ⋅ ⛅ 1 °C

    Vrugtevlermuise - so 10 miljoen van hulle! - is Kasanka se groot attraksie van mid-Oktober tot mid-Desember wanneer hulle hier saamtrek van regoor Afrika. Teen sononder word die lug met ontelbare spikkels gevul wanneer die vlermuise hul hangplek in die moerasvywoud verlaat om te gaan kos soek. Dit slaan jou summier stom. Jy klim op stellasies in die woud om die skouspel gade te slaan. Ons sien ook die skaars visuil 2-uur een oggend, sommer in die boom bo ons tent! Ook gewaar uit ons kampstoele: sitatunga, die skugter moerasbok met sy unieke lang, gesplete hoef, spesiaal aangepas on op waterplante te loop.Читать далее

    Посмотреть перевод
    0 лайков
     
  • WegTydskrifKom ons ry Kongo toeWegTydskrif

    Lusaka toe

    24 ноября 2016 г., Замбия ⋅ ⛅ 20 °C

    'n Lang 500-km stoot vandag, van Kasanka na Kapiri Mposhi na Lusaka (spitsverkeer, iets wat ons lanklaas gesien het) waar ons vanaand by vriende oornag. Die weer kom skouspelagtig op, en die Fortuner reën skoon. Soort van. Middagete stop ons by The Figtree suid van Kabwe vir stewige burgers.Читать далее

    Посмотреть перевод
    0 лайков
     
  • WegTydskrifKom ons ry Kongo toeWegTydskrif

    Lusaka - Mazabuka - Choma - Livingstone

    25 ноября 2016 г., Замбия ⋅ ☁️ 3 °C

    Nog 'n 500+ km dag, maar ons is veilig in Livingstone. Weer deur 'n paar los reënbuie, maar die veld en bome is nog bruin en droog hier in die suide van Zambië. Ons oornag by Maraba Lodge net suid van Livingstone.Читать далее

    Посмотреть перевод
    0 лайков
     
  • WegTydskrifKom ons ry Kongo toeWegTydskrif

    Victoria-waterval

    26 ноября 2016 г., Замбия ⋅ ⛅ 21 °C

    Dis 'n feit soos 'n koei: wanneer jy die verkeerde tyd van die jaar aan die Zambië-kant van die Victoriawaterval staan sien jy... 'n straaltjie water. Toe maar, die reëns het begin en oor 'n maand of twee is die Zambesi se vloedwaters hier en dan brul dit weer!Читать далее

    Посмотреть перевод
    0 лайков
     
  • WegTydskrifKom ons ry Kongo toeWegTydskrif

    Kazungula-grenspos

    26 ноября 2016 г., Замбия ⋅ ⛅ 29 °C

    Altyd 'n deurmekaar grenspos dié, vol kansvatters en "helpers" wat jou voor in die ry kan kry vir stempels en betalings en die ferrie oor die Zambesirivier. Maar eintlik kan jy dit als self doen, met bietjie geduld. Die brugbouery vorder goed en - so sê hulle - teen 2018 gaan dit klaar wees, tesame met 'n nuwe grenspos wat hopelik die rompslomp minder gaan maak. Dit kos tans K150 om die ferrie te gebruik.Читать далее

    Посмотреть перевод
    0 лайков
     
  • WegTydskrifKom ons ry Kongo toeWegTydskrif

    Choberivier

    27 ноября 2016 г., Намибия ⋅ ⛅ 27 °C

    Ek is terug in Kasane in Botswana, en rus vandag by vriende wat langs die Choberivier woon. Darem maar mooi hier. 'n Kort stappie langs die rivier met die honde en jy sien reusevisvanger en geelbektroupant. Vanoggend het 'n singende kerkgroepie oorkant die rivier gemeentelede gedoop in die Chobe. Never mind die krokodille!Читать далее

    Посмотреть перевод
    0 лайков
     
  • WegTydskrifKom ons ry Kongo toeWegTydskrif

    Die olifantpad

    28 ноября 2016 г., Ботсвана ⋅ 🌙 24 °C

    Die teerpad suidwaarts van Kasane na Nata kan lekker wild raak: ek het vandag maklik 200 olifante langs die pad gewaar (en onthou, jy's nie eers in 'n nasionale park nie), plus kameelperde en sebras. Alhoewel sekere kolle nog vaal lyk - veral waar veldbrande hierdie jaar deur is - begin die bos nou groen draai na die eerste reëns van die somer.Читать далее

    Посмотреть перевод
    0 лайков
     
  • WegTydskrifKom ons ry Kongo toeWegTydskrif

    Woodlands Stop-over

    28 ноября 2016 г., Ботсвана ⋅ 🌙 29 °C

    Een van die beste oornagplekke wanneer jy van SA na die noorde van Botswana (of andersom) ry, is Woodlands net noord van Francistown. Hier het pas 'n groep voëlkykers uit SA aangekom - en hulle lysie het sommer vinnig langer geword. Die terrein hier is vol voëls, van kwêvoëls tot visvangers, tarentale tot spreeus. Ek lees bietjie die nuwe Weg...Читать далее

    Посмотреть перевод
    0 лайков
     
  • WegTydskrifKom ons ry Kongo toeWegTydskrif

    Francistown - Palapye - Mahalapye

    29 ноября 2016 г., Ботсвана ⋅ 🌙 12 °C

    Deurdruk tot op Mahalapye, waar ek die Fortuner vir oulaas volgooi in Botswana. Dan grondpad Parr's Halt/ Stockpoort-grenspos toe.

    Посмотреть перевод
    0 лайков
     
  • WegTydskrifKom ons ry Kongo toeWegTydskrif

    Terug oor die Limpopo!

    29 ноября 2016 г., Ботсвана ⋅ 🌙 12 °C

    Stockpoort is 'n stil grenspos, en ek hou daarvan om SA hier - by die agterdeur - binne te glip. Daar's nie dadelik selfoonsein nie, so jy't nog tot op Lephalale tyd om tot verhaal te kom: terug in Suid-Afrika, na 10 weke op die langpad. Sjoe.Читать далее

    Посмотреть перевод
    0 лайков
     
  • WegTydskrifKom ons ry Kongo toeWegTydskrif

    Terug by swartpeper "grinders"

    29 ноября 2016 г., Южная Африка ⋅ ☀️ 38 °C

    As daar nou een ding is wat ek lanklaas gesien het (behalwe 'n pak Ghost Pops...) is dit 'n peper "grinder". Iets wat jy in 'n SA restaurant verwag, maar skaars (so skaars soos Ghost Pops) noord van die Zambesi. Ek eet middagete by die netjiese Cappuccinos in Lephalale.Читать далее

    Посмотреть перевод
    0 лайков
     
  • WegTydskrifKom ons ry Kongo toeWegTydskrif

    Die Waterberg is groen!

    29 ноября 2016 г., Южная Африка ⋅ ☀️ 22 °C

    Dit het gereën in die Bosveld en Waterberg waar ek deur is - Vaalwater, Alma, Modimolle se wêreld. Als is groen met die oordadigheid van somer. Wat 'n plesier om hier te ry vandag.

    Посмотреть перевод
    0 лайков
     
  • WegTydskrifKom ons ry Kongo toeWegTydskrif

    Die Springbokvlakte

    29 ноября 2016 г., Южная Африка ⋅ ☀️ 17 °C

    Ken jy die Springbokvlakte? Saaiwêreld naby Bela Bela en Modimolle. Settlers, Lehau, Tuinplaas, Crecy... Ek bly die volgende paar dae hier by familie. Was wasgoed. Eet bietjie groente. Kyk hoe mooi lyk Tannie Fem se tuin. Tannie Lien is ook hier. Oom Gerrit werk aan 'n ou Farmhall-trekker. Dit is mooi hier.Читать далее

    Посмотреть перевод
    0 лайков
     
  • WegTydskrifKom ons ry Kongo toeWegTydskrif

    Jou pakkie chips kom van hier af

    2 декабря 2016 г., Южная Африка ⋅ ☀️ 30 °C

    Al ooit gewonder wie plant die aartappels wat in jou pakkie Simba of Lay's skyfies tot ruste kom? Wel, dis o.a. my oom Albert en sy span - hulle boer naby Pienaarsrivier in Limpopo en dis nou uithaaltyd. "Môre is hierdie aartappels chips," sê tannie Annemie. Lekker.Читать далее

    Посмотреть перевод
    0 лайков
     
  • WegTydskrifKom ons ry Kongo toeWegTydskrif

    Koel by die poel in Johannesburg

    3 декабря 2016 г., Южная Африка ⋅ ☀️ 28 °C

    Ons sypel stadig terug die land in. Kry vriende langs 'n swembad in Johannesburg, braai, knip oë teen die skerp blou lug. Ons is terug, maar steeds op pad.

    Посмотреть перевод
    0 лайков
     
  • WegTydskrifKom ons ry Kongo toeWegTydskrif

    Tom's Place, Vrystaat

    5 декабря 2016 г., Южная Африка ⋅ ☀️ 32 °C

    Terug op die N1, ek en Alice, en verder suid. Tom's Place is suid van Bloemfontein. Hulle koffie is die beste (uit 'n masjien), en hulle worsrolle "OK", sê Alice. Dis warm en droog, die suid-Vrystaat.

    Посмотреть перевод
    1 лайк
     
  • WegTydskrifKom ons ry Kongo toeWegTydskrif

    Die Snack Box

    5 декабря 2016 г., Южная Африка ⋅ ⛅ 15 °C

    Sparkles, Toppers-koekies, Super C's, biltong, droëwors, droëvrugte - dinge wat konstant was in ons snack box. Kou, kou, kou...

    Посмотреть перевод
    0 лайков
     
  • WegTydskrifKom ons ry Kongo toeWegTydskrif

    Vrystaaaat!

    5 декабря 2016 г., Южная Африка ⋅ ⛅ 15 °C

    Mag dit binnekort reën...

    0 лайков
     
Загрузить еще
  • 2026© FindPenguins
  • Домой
  • О нас
  • Групповой трекинг
  • Пресса
  • Правила
  • Конфиденциальность & Cookies
  • Центр помощи
  • Отпечаток
  • Следите за нами