Safari-ontbyt
16 Kasım 2016, Tanzanya ⋅ ☀️ 12 °C
Standaard-ontbyt in Tanzanië: omelet, witbrood, Azam-vrugtesap en Africafé-koffie. Africafé is dalk die lekkerste kitskoffie wat jy ooit sal proe. Azam is 'n groot Tanzaniese maatskappy wat als vanOkumaya devam et
Katavi- nasionale park, Tanzanië
16 Kasım 2016, Tanzanya ⋅ ⛅ 20 °C
Seekoeie is Katavi se nr. 1-attraksie, veral nou in Novembermaand net voor die reëns ordentlik kom, wanneer honderde seekoeie meeding om elke laaste lappie koel modderlafenis. Die poel by Ikuu isOkumaya devam et
Lake View Resort, Kipili
19 Kasım 2016, Tanzanya ⋅ ⛅ 12 °C
Die vissersdorpie Kipili lê teen die Tanganjikameer en hier het oud-Suid-Afrikaners Louise en Chris Horsfall een van die mooiste lodges in Tanzanië gebou. Boonop is die kos en diens uit die boonsteOkumaya devam et
Kipili - Sumbawanga - Mbala
19 Kasım 2016, Tanzanya ⋅ ⛅ 28 °C
Die pad suidwaarts lei ons vandag verby moddersteenhuisies, groot bome en besige dorpe soos Sumbawanga in die weste van Tanzanië. Ons glip oor die grens, terug na Zambië, by die stil grensposOkumaya devam et
Mpika
20 Kasım 2016, Zambiya ⋅ ⛅ 31 °C
350 km gery vir die dag en nog so 50 km voor ons by ons oornagplek, Mutinondo Wilderness, kom. Vanaand braai ons steak. Hoogtyd.
Mutinondo Wilderness
21 Kasım 2016, Zambiya ⋅ 🌙 18 °C
Suid van Mpika, so 26 km van die Great North Road, lê Mutinondo. Hier is jy op die Muchinga-eskarp wat uitkyk oor boggelrugberge voor die landskap wegval na die Luangwavallei. Ons slaan tent op onderOkumaya devam et
Lus vir sampioen?
21 Kasım 2016, Zambiya ⋅ 🌙 18 °C
Met die eerste reëns verskyn dié reuse-sampioene op termiethope in dele van Zambië. Dit word orals langs die pad verkoop, saam met veldvrugte wat ook nou in oorvloed is. Hierdie een het 20 kwachaOkumaya devam et
Kasanka- nasionale park
23 Kasım 2016, Zambiya ⋅ ⛅ 1 °C
Vrugtevlermuise - so 10 miljoen van hulle! - is Kasanka se groot attraksie van mid-Oktober tot mid-Desember wanneer hulle hier saamtrek van regoor Afrika. Teen sononder word die lug met ontelbareOkumaya devam et
Lusaka toe
24 Kasım 2016, Zambiya ⋅ ⛅ 20 °C
'n Lang 500-km stoot vandag, van Kasanka na Kapiri Mposhi na Lusaka (spitsverkeer, iets wat ons lanklaas gesien het) waar ons vanaand by vriende oornag. Die weer kom skouspelagtig op, en die FortunerOkumaya devam et
Lusaka - Mazabuka - Choma - Livingstone
25 Kasım 2016, Zambiya ⋅ ☁️ 3 °C
Nog 'n 500+ km dag, maar ons is veilig in Livingstone. Weer deur 'n paar los reënbuie, maar die veld en bome is nog bruin en droog hier in die suide van Zambië. Ons oornag by Maraba Lodge net suidOkumaya devam et
Victoria-waterval
26 Kasım 2016, Zambiya ⋅ ⛅ 21 °C
Dis 'n feit soos 'n koei: wanneer jy die verkeerde tyd van die jaar aan die Zambië-kant van die Victoriawaterval staan sien jy... 'n straaltjie water. Toe maar, die reëns het begin en oor 'n maandOkumaya devam et
Kazungula-grenspos
26 Kasım 2016, Zambiya ⋅ ⛅ 29 °C
Altyd 'n deurmekaar grenspos dié, vol kansvatters en "helpers" wat jou voor in die ry kan kry vir stempels en betalings en die ferrie oor die Zambesirivier. Maar eintlik kan jy dit als self doen, metOkumaya devam et
Choberivier
27 Kasım 2016, Namibya ⋅ ⛅ 27 °C
Ek is terug in Kasane in Botswana, en rus vandag by vriende wat langs die Choberivier woon. Darem maar mooi hier. 'n Kort stappie langs die rivier met die honde en jy sien reusevisvanger enOkumaya devam et
Die olifantpad
28 Kasım 2016, Botsvana ⋅ 🌙 24 °C
Die teerpad suidwaarts van Kasane na Nata kan lekker wild raak: ek het vandag maklik 200 olifante langs die pad gewaar (en onthou, jy's nie eers in 'n nasionale park nie), plus kameelperde en sebras.Okumaya devam et
Woodlands Stop-over
28 Kasım 2016, Botsvana ⋅ 🌙 29 °C
Een van die beste oornagplekke wanneer jy van SA na die noorde van Botswana (of andersom) ry, is Woodlands net noord van Francistown. Hier het pas 'n groep voëlkykers uit SA aangekom - en hulle lysieOkumaya devam et
Francistown - Palapye - Mahalapye
29 Kasım 2016, Botsvana ⋅ 🌙 12 °C
Deurdruk tot op Mahalapye, waar ek die Fortuner vir oulaas volgooi in Botswana. Dan grondpad Parr's Halt/ Stockpoort-grenspos toe.
Terug oor die Limpopo!
29 Kasım 2016, Botsvana ⋅ 🌙 12 °C
Stockpoort is 'n stil grenspos, en ek hou daarvan om SA hier - by die agterdeur - binne te glip. Daar's nie dadelik selfoonsein nie, so jy't nog tot op Lephalale tyd om tot verhaal te kom: terug inOkumaya devam et
Terug by swartpeper "grinders"
29 Kasım 2016, Güney Afrika ⋅ ☀️ 38 °C
As daar nou een ding is wat ek lanklaas gesien het (behalwe 'n pak Ghost Pops...) is dit 'n peper "grinder". Iets wat jy in 'n SA restaurant verwag, maar skaars (so skaars soos Ghost Pops) noord vanOkumaya devam et
Die Waterberg is groen!
29 Kasım 2016, Güney Afrika ⋅ ☀️ 22 °C
Dit het gereën in die Bosveld en Waterberg waar ek deur is - Vaalwater, Alma, Modimolle se wêreld. Als is groen met die oordadigheid van somer. Wat 'n plesier om hier te ry vandag.
Die Springbokvlakte
29 Kasım 2016, Güney Afrika ⋅ ☀️ 17 °C
Ken jy die Springbokvlakte? Saaiwêreld naby Bela Bela en Modimolle. Settlers, Lehau, Tuinplaas, Crecy... Ek bly die volgende paar dae hier by familie. Was wasgoed. Eet bietjie groente. Kyk hoe mooiOkumaya devam et
Jou pakkie chips kom van hier af
2 Aralık 2016, Güney Afrika ⋅ ☀️ 30 °C
Al ooit gewonder wie plant die aartappels wat in jou pakkie Simba of Lay's skyfies tot ruste kom? Wel, dis o.a. my oom Albert en sy span - hulle boer naby Pienaarsrivier in Limpopo en dis nouOkumaya devam et
Koel by die poel in Johannesburg
3 Aralık 2016, Güney Afrika ⋅ ☀️ 28 °C
Ons sypel stadig terug die land in. Kry vriende langs 'n swembad in Johannesburg, braai, knip oë teen die skerp blou lug. Ons is terug, maar steeds op pad.
Tom's Place, Vrystaat
5 Aralık 2016, Güney Afrika ⋅ ☀️ 32 °C
Terug op die N1, ek en Alice, en verder suid. Tom's Place is suid van Bloemfontein. Hulle koffie is die beste (uit 'n masjien), en hulle worsrolle "OK", sê Alice. Dis warm en droog, die suid-Vrystaat.
Die Snack Box
5 Aralık 2016, Güney Afrika ⋅ ⛅ 15 °C
Sparkles, Toppers-koekies, Super C's, biltong, droëwors, droëvrugte - dinge wat konstant was in ons snack box. Kou, kou, kou...


























































































Woefter
Ek kry nie Africafé in my lyf nie bleh!
Woefter
En ek het ook van daai " aarbeikonfyt" wat skoon chemikalieë jellie is