• Maryke
  • Danelle Aucamp
  • Maryke
  • Danelle Aucamp

PORTUGESE CAMINO 2024

Stap saam wanneer ons vanaf 12 tot 25 September die Portugese Camino as 'n Netwerk24-groep aanpak. Weiterlesen
  • Beginn der Reise
    11. September 2024

    Die blye ontmoeting

    11. September 2024 in Portugal ⋅ ☁️ 18 °C

    Vandag het ons eerste Portugese Camino-groep bymekaar gekom - in Porto van waar ons môre ons eerste treë op hierdie onvergeetlike avontuur gaan gee. Daar was die blye weersiens van hartsvriende uit ons eerste Camino-toer verlede jaar en die blye ontmoeting van nuwe hartsvriende wat hierdie ervaring nou vir die eerste keer gaan hê. Die eerste Camino-stempel is in die Camino-paspoort! Dis by die amptelike Camino-beginpunt, die Porto-katedraal, gedoen. Daarna is ons op ‘n bootrit op die Dourorivier terwyl die son water trek. Die aand kuier ons om ‘n lang tafel met tapas, wyn en sangria, en, in die woorde van Lenelle, dit voel kompleet of jy ‘saam met familie om ‘n lang tafel op Oukersaand kuier’.Weiterlesen

  • Dag 1: Seelangs op plankpaadjies

    12. September 2024 in Portugal ⋅ ⛅ 19 °C

    Ons het ons pelgrimstog voor die Boa Nova kapel, ‘n oulike kerkie (gerestoureer in 2016) op die rotse wat uit 1392 dateer, begin. Die kapel was eens deel van ‘n groter Franciskaanse klooster hier wat in 1475 ontbind het.
    Ons 21 km vandag is seelangs op prominades, sypaadjies en plankpaadjies. Gelukkig is die vars seeluggie én die Super Bock biere lekker koel. Ons volg die geel pyle en hou die see aan ons linkerkant!

    Die eindpunt: Vila do Conde.
    Weiterlesen

  • Veilig in Vila do Conde

    12. September 2024 in Portugal ⋅ 🌙 18 °C

    Almal is veilig in Vila do Conde ná 21 km al langs die kus. Dit was ‘n gemaklike stap met baie rusplekke en restaurante langs die pad. Aandete was ‘n feesmaal met ‘n buffet wat letterlik kreun onder enigiets van sushi tot ‘n sjokolade-fontein. Die bene is ingesmeer en die eerste blase begin pla, maar die gees loop hoog! Môre wag ‘n korter dag van 17 km. Tot dan! _Boa noite!_Weiterlesen

  • Dag 2: Oppad Fao toe

    13. September 2024 in Portugal ⋅ ☀️ 15 °C

    Die eerste helfte van vandag se roete van 17 km volg weer plankpaadjies langs die see. Daarna lei keistene en sypaadjies deur plaasgebied en grondpaaie deur woude na Faõ.

    📸 *Besienswaardighede langs die roete:*
    - Chapel of St. Tiago (Povoa de Varzim)
    - Antieke windmeulens by Aguçadoura
    - Church of São Miguel (Apúlia)
    - Church of Bom Jesus (Fão)
    - Church of Misericórdia de Fão
    Weiterlesen

  • Dag 3: Antas toe!

    14. September 2024 in Portugal ⋅ ☀️ 16 °C

    _Bom dia amigos!_ Vandag is ‘n lekker kort stapdag wat begin by die brug oor die Cavadorivier na die eerste dorp, Esposende. Verby die riviermond swaai die roete binneland toe en lei ons deur woonbuurte en klein dorpies vir die res van die dag. Die afstand is 14 km en ons eindpunt — Antas! Buen Camino!

    📸 *Langs die roete kyk ons uit vir:*
    - Church of Misericórdia
    - Moeder Kerk (Igreja da Matriz) van Esposende
    - Fort of São João Baptista (Esposende)
    - Church of São Miguel Arcanjo (Marinhas)
    - Chapel of São João (Monte)
    - Church of San Pedro (Belinho)
    - Chapel of Santo Amaro (Antas) met wasbeelde van ledemate wat gebruik is as offerhandes vir genesing van lyfkwale.
    Weiterlesen

  • Dag 3: Antas

    14. September 2024 in Portugal ⋅ 🌙 17 °C

    Esposende is die eerste stop op vandag se roete — ‘n groot, woelige dorp met prentjiemooi vleilande en spierwit strande. Van daar lei die geel Camino-pyle ons teen die heuwel op deur kronkelende keistraatjies. Op die stoepkafee kuier die manne van die buurt oor ‘n hele paar glasies port. 😉 Sononder sluit ons ‘n gemaklike 14 km stapdag af met pizza en wyn in die lieflike tuin van die gastehuis in Antas. Môre gaan blykbaar ‘n bulletjie wees!Weiterlesen

  • Dag 4: ‘n Dag met stywe bulte wag

    15. September 2024 in Portugal ⋅ ☀️ 12 °C

    Vanoggend lei die Camino ons deur pragtige woude, weliswaar met ‘n paar onbeskofte bulte wat voorlê! Ons eerste rusplek is by die Church of Santiago (_Igreja de Santiago de Castelo de Neiva_). Die roete gaan klim en daal tot deur Anha voor ons die Limiarivier met ‘n 562m brug oorsteek tot in Viana do Castelo. Dis ‘n 19 km vandag.

    📸 *Besienswaardighed op die pad:*
    - Church of Santiago
    - Monastery of São Romão (Neiva)
    - Church of São Sebastião (Chafé)
    - Church of St. Tiago (Anha)
    - Viana do Castelo Katedraal
    - Kostuummuseum _Museu do Traje_ (Viana do Castelo)
    - Sanctuary of the Sacred Heart of Jesus (sien aktiwiteit onder)

    Buen Camino!
    Weiterlesen

  • Dag 4: Viana do Castelo

    15. September 2024 in Portugal ⋅ ☀️ 25 °C

    Dit was ‘n wonderlike stapdag — ja, wel met ‘n paar steiltes, maar niks wat ons nie kon hanteer nie 😉. By die Igreja Paroquial de Castelo do Neiva is die gewydheid van ‘n prosessie tydens die kerkdiens ‘n belewenis wat mens nie sommer gou sal vergeet nie. Ná die diens besoek kerkgangers hul geliefdes se grafkelders in die besonderse kerkhof en word hul grafte met druppels heilige water geseën. Die roete kronkel deur woude en al langs keisteenpaadjies. Ons eindig ons 19 km dag in die pragtige hawestad Viana do Castelo met die imposante Sanctuary of the Sacred Heart of Jesus-katedraal op die kop. ‘n Besondere Camino-dag.Weiterlesen

  • Dag 5: Vila Praia de Âncora toe!

    16. September 2024 in Portugal ⋅ 🌙 14 °C

    _Olá amigos_, Dis weer net so ‘n titsel meer as 19 km vir vandag, maar baie meer gelyk en ‘n gemakliker stap. Die eerste deel is deur ‘n reeks woonbuurte bo die kuslyn waarna ons weer deur ’n woudagtige gedeelte stap. Ons eindbestemming: Vila Praia de Âncora. Dis ‘n oulike kusdorp langs die mond van die Ancorarivier. Met minder eetplekke langs vandag se roete is ‘n piekniek langs die pad ‘n goeie plan.

    📸 *Besienswaardighede langs die pad:*
    - Church of Santa Maria (Carreço)
    - Chapel of Nossa Senhora da Bonança (Vila Praia de ncora)
    - Forte da Lagarteira, 17de eeuse fort in Vila Praia de ncora

    Buen Camino!
    Weiterlesen

  • Dag 6: Vila Praia de Âncora

    16. September 2024 in Portugal ⋅ 🌙 21 °C

    Dit was ‘n mooi roete, weer met antieke keisteenpaadjies wat deur die heuweldorpies kronkel. Die keistene begin ná 5 dae meer van ‘n uitdaging word omdat dit hard op die voete is. Van die ou straatjies het rowwer keistene waar jy jou trap mooi moet ken om nie te struikel nie. Die stygende kwik en bulte deur ‘n bloekombos maak dinge moeiliker. Maar dan stap jy weer verby ‘n kabbelende silwerskoon waterstroom en ‘n tapyt varings, en die moed lig weer. Ons aand eindig in die pragtige hawestad, Vila Praia de Âncora. Hier gaan ons ons laaste aand in Portugal spandeer voor ons môre die watertaxi oor die Spaanse grens neem.Weiterlesen

  • Dag 7: Vandag stap oor na Spanje

    17. September 2024 in Portugal ⋅ 🌙 15 °C

    Vandag moet ons vir oulaas ‘n pasties de nata eet, want ons groet Portugal en steek die grens oor na Spanje. Ons stap vandag kuslangs voor ons die Minhorivier, die grens tussen Spanje en Portugal, in die dorp Caminha bereik. Hier neem ons ‘n watertaxi na die oorkant waar ons ons eerste treë op Spaanse grond sal gee. Anderkant die rivier is dit sowat 6 km verder na A Guarda waar ons vanaand rus. Die afstand is 17,5 km.

    📸 *Besienswaardighede langs die pad:*
    - 13de Eeuse kloktoring op die stadsplein in Caminha
    - Church of Misericórdia (Caminha)
    - Caminha Moederkerk, _Igreja Matriz de Caminha_
    - Church of Santa Maria (A Guarda)
    - Museum of the Sea, _Museo do Mar_ (A Guarda)

    Buen Camino!
    Weiterlesen

  • Dag 7: A Gaurda

    17. September 2024 in Spanien ⋅ ☀️ 20 °C

    Ons eerste aand in Spanje — in die prentjiemooi kusdorp A Gaurda wat ‘n rustige hawe vol vissersbote omhels. Vanaand slaap ons in
    Hotel Monumento Convento de San Benito, ‘n ou klooster. Besonders! Die 14 km-pad hierheen was gemaklik en het eers langs die kus begin, toe deur die antieke stad Caminha op die Minhorivier, die grens tussen Portugal en Spanje, gelei. ‘n Kort watertaxi-rit later en jy gee jou eerste treë in Spanje waar die Camino-roete jou oor die heuwel met ‘n skaduryke bergpad na A Gaurda neem.Weiterlesen

  • Dag 8: ‘n Rusdag en ‘n busrit na Baiona

    18. September 2024 in Spanien ⋅ 🌙 14 °C

    _Buenos dias peregriños_! Vandag geniet ons ‘n blaaskans. ’n Kort busrit neem ons langs die kus noordwaarts na Baiona, ’n gewilde vakansiedorp. Baiona is bekend vir die plek waar een van Christopher Columbus se skepe, die Pinta, aangeland het ná sy verkenningstog na die Amerikas. ‘n Replika van sy skip is in die hawe te sien.

    📸 *Besienswaardighede in Baiona:*
    - Monterreal Fort
    - Pinta replika skip, Réplica da Carabela A Pinta
    - Colexiata de Santa María-kerk
    - Chapel of Santa Liberata
    Weiterlesen

  • Dag 8: Baiona

    18. September 2024 in Spanien ⋅ 🌙 18 °C

    Selfs op ons rusdag het ons ‘n hele paar duisend ‘steps’ geneem. Vanaand is ons in die pragtige Baiona met baai op baai kalm waters. Die lug is rooi getint van die brande in Portugal. Op die kop hou die Monterreal-kasteel wag oor die hawestad. In die baai is die replika van ontdekkingsreisiger, Christopher Columbus, se skip, die Pinta. Môre wag ‘n bulletjie van ‘n dag!Weiterlesen

  • Dag 9: 25 km Vigo toe!

    19. September 2024 in Spanien ⋅ 🌙 14 °C

    Môre! Vanoggend steek onsdie Miñorivier met ’n Middeleeuse brug oor en stap deur woonbuurte voor die roete weer deur woude vleg. In die namiddag, soos ons die buitewyke van Vigo nader, stap ons langs besige strate en geboue maar die pragtige oudorp in die middestad maak op daarvoor.

    📸 *Besienswaardighede langs die pad:*
    - Romeinse brug oor die Miñorivier
    - Church of San Salvador (Coruxo)
    - Santa Maria katedraal (Vigo)
    - Vigo oudorp en hawefront
    - Calle de las Ostras (Oyster Street) in Vigo. Vigo is bekend vir sy oesters.
    Weiterlesen

  • Dag 9: Vigo

    19. September 2024 in Spanien ⋅ ⛅ 18 °C

    Die voete is seer ná die 25 km deur die woude, en die oppe en affe al langs die soom van die dorpies teen die heuwels tot in Vigo, die hawestad wat bekend is vir oesters. Die eetplekke was verder uitmekaar op vandag se roete — die koffielus kon eers ná 13 km se stap geles word. In Vigo bied die koel seeluggie lafenis. In die hawe lê die groot passassierskip gedok vir die dag en die ou stad is ‘n netwerk van interessante stegies en toeriste. Môre begin ons roete wegdraai van die kus met nog ‘n 25 km wat voorlê. Maar nou word daar eers rome aan die seer voete gesmeer!Weiterlesen

  • Dag 10: Nóg ‘n 25 km wag na Arcade

    20. September 2024 in Spanien ⋅ ☁️ 16 °C

    Van vandag af moet ons elke dag twee stempels in ons pelgrimspaspoort tot in Santiago kry. Die eerste 4,5 km uit Vigo is deur die strate, daarna klim die roete vir 2 km. Tot op 15 km is die roete geleidelik en dan sak ons af na Redondela, en lê daar nog een bult tussen ons en die eindpunt. Die hoogteprofiel vir vandag lyk soos Tafelberg: eers op, dan gelyk in die middel, dan af… en vir oulaas op en af oor “Leeukop”. 😉 En dan val die reën nog saggies ook.

    📸 *Besienswaardighede op die pad:*
    - Reünes van watermeule in die woud, Rego Fondón (8km)
    - Parish church of St. James, Redondela
    - Church of Santiago, Arcade
    Weiterlesen

  • Dag 10: Arcade

    20. September 2024 in Spanien ⋅ ☁️ 23 °C

    Sjoe!
    Sjoe vir nóg ‘n lang stapdag (50 km oor 2 dae!), sjoe vir die erge steiltes (heupe en bene!), sjoe vir die erge afdraandes (tone en knieë!), maar sjoe vir die lafenis van ‘n koel dag, en asemrowende uitsigte en woudtonele. Die reuk van Eucalyptus hang in die nat bloekomwoude. Vanaand slaap ons in Arcade.Weiterlesen

  • Dag 11: Pontevedra

    21. September 2024 in Spanien ⋅ ☁️ 15 °C

    _Hola amigos_. Vandag het ons ‘n gemaklike en kort stapdag van 14 km. Ons volg die Camino langs keisteenstrate, grondpaaie en woude. Die klein dorpies en plattelandse paaie wat ons gaan kry, is tipiese Camino-tonele. In Pontevedra wag die La Virgen Peregrina, ’n kerk wat bekend is vir sy Camino-skulpie argitektuur.

    📸 *Besienswaardighede langs die pad:*
    - Romeinse brug oor die Verdugorivier net buite Arcade
    - Church of the Pilgrim Virgin, Pontevedra
    - Church of St Dominic reünes, Pontevedra
    - Santa Maria basilika, Pontevedra
    - Franciskaanse klooster (Convento de San Francisco), Pontevedra
    - Mooi argitektuur en stadspleine van Pontevedra oudorp
    Weiterlesen

  • Dag 12: Ons draai weg van die kus

    22. September 2024 in Spanien ⋅ ☁️ 14 °C

    Vandag groet ons die kuslyn en volg die Camino na die binneland. Nog klein dorpies en agterpaaie, dié keer verby wingerde hier en daar, is op vandag se roete. Caldas de Reis is bekend vir sy warmwaterbronne (caldas). Vandag stap ons 24 km.

    📸 *Besienswaardighede langs die pad:*
    - Church of St Mary of Alba en begraafplaas
    - Church of St. Thomas of Canterbury (Caldas de Reis)
    - Warmwater-fonteine in Caldas de Reis in Rua Don Carlos García Bayón. Hier is twee fonteine, ‘n kleintjie voor die Balneario Davila hotel en ‘n groter een verder af in die straat regs van die hotel
    Weiterlesen