Die blye ontmoeting
2024年9月11日, ポルトガル ⋅ ☁️ 18 °C
Vandag het ons eerste Portugese Camino-groep bymekaar gekom - in Porto van waar ons môre ons eerste treë op hierdie onvergeetlike avontuur gaan gee. Daar was die blye weersiens van hartsvriende uitもっと詳しく
Danelle
2024年9月12日, ポルトガル ⋅ ☀️ 17 °C
En ons trek weg!
2024年9月12日, ポルトガル ⋅ ☀️ 17 °C
En ons gee ons eerste treë! Buen Camino!
Danelle
2024年9月12日, ポルトガル ⋅ ⛅ 19 °C
Dag 1: Seelangs op plankpaadjies
2024年9月12日, ポルトガル ⋅ ⛅ 19 °C
Ons het ons pelgrimstog voor die Boa Nova kapel, ‘n oulike kerkie (gerestoureer in 2016) op die rotse wat uit 1392 dateer, begin. Die kapel was eens deel van ‘n groter Franciskaanse klooster hierもっと詳しく
Veilig in Vila do Conde
2024年9月12日, ポルトガル ⋅ 🌙 18 °C
Almal is veilig in Vila do Conde ná 21 km al langs die kus. Dit was ‘n gemaklike stap met baie rusplekke en restaurante langs die pad. Aandete was ‘n feesmaal met ‘n buffet wat letterlik kreunもっと詳しく
Dag 2: Oppad Fao toe
2024年9月13日, ポルトガル ⋅ ☀️ 15 °C
Die eerste helfte van vandag se roete van 17 km volg weer plankpaadjies langs die see. Daarna lei keistene en sypaadjies deur plaasgebied en grondpaaie deur woude na Faõ.
📸 *Besienswaardighedeもっと詳しく
Dag 2: Faõ
2024年9月13日, ポルトガル ⋅ 🌙 17 °C
Vandag se roete was plat, maar langer as verwag. Elkeen kies sy eie spoed en ritme, en die gees loop nog hoog! Vanaand slaap ons met die geluid van branders hier langs die Portugese kus.
Dag 3: Antas toe!
2024年9月14日, ポルトガル ⋅ ☀️ 16 °C
_Bom dia amigos!_ Vandag is ‘n lekker kort stapdag wat begin by die brug oor die Cavadorivier na die eerste dorp, Esposende. Verby die riviermond swaai die roete binneland toe en lei ons deurもっと詳しく
Dag 3: Antas
2024年9月14日, ポルトガル ⋅ 🌙 17 °C
Esposende is die eerste stop op vandag se roete — ‘n groot, woelige dorp met prentjiemooi vleilande en spierwit strande. Van daar lei die geel Camino-pyle ons teen die heuwel op deur kronkelendeもっと詳しく
Dag 4: ‘n Dag met stywe bulte wag
2024年9月15日, ポルトガル ⋅ ☀️ 12 °C
Vanoggend lei die Camino ons deur pragtige woude, weliswaar met ‘n paar onbeskofte bulte wat voorlê! Ons eerste rusplek is by die Church of Santiago (_Igreja de Santiago de Castelo de Neiva_). Dieもっと詳しく
Dag 4: Viana do Castelo
2024年9月15日, ポルトガル ⋅ ☀️ 25 °C
Dit was ‘n wonderlike stapdag — ja, wel met ‘n paar steiltes, maar niks wat ons nie kon hanteer nie 😉. By die Igreja Paroquial de Castelo do Neiva is die gewydheid van ‘n prosessie tydensもっと詳しく
Dag 5: Vila Praia de Âncora toe!
2024年9月16日, ポルトガル ⋅ 🌙 14 °C
_Olá amigos_, Dis weer net so ‘n titsel meer as 19 km vir vandag, maar baie meer gelyk en ‘n gemakliker stap. Die eerste deel is deur ‘n reeks woonbuurte bo die kuslyn waarna ons weer deur ’nもっと詳しく
Dag 6: Vila Praia de Âncora
2024年9月16日, ポルトガル ⋅ 🌙 21 °C
Dit was ‘n mooi roete, weer met antieke keisteenpaadjies wat deur die heuweldorpies kronkel. Die keistene begin ná 5 dae meer van ‘n uitdaging word omdat dit hard op die voete is. Van die ouもっと詳しく
Dag 7: Vandag stap oor na Spanje
2024年9月17日, ポルトガル ⋅ 🌙 15 °C
Vandag moet ons vir oulaas ‘n pasties de nata eet, want ons groet Portugal en steek die grens oor na Spanje. Ons stap vandag kuslangs voor ons die Minhorivier, die grens tussen Spanje en Portugal,もっと詳しく
Dag 7: A Gaurda
2024年9月17日, スペイン ⋅ ☀️ 20 °C
Ons eerste aand in Spanje — in die prentjiemooi kusdorp A Gaurda wat ‘n rustige hawe vol vissersbote omhels. Vanaand slaap ons in
Hotel Monumento Convento de San Benito, ‘n ou klooster.もっと詳しく
Dag 8: ‘n Rusdag en ‘n busrit na Baiona
2024年9月18日, スペイン ⋅ 🌙 14 °C
_Buenos dias peregriños_! Vandag geniet ons ‘n blaaskans. ’n Kort busrit neem ons langs die kus noordwaarts na Baiona, ’n gewilde vakansiedorp. Baiona is bekend vir die plek waar een vanもっと詳しく
Dag 8: Baiona
2024年9月18日, スペイン ⋅ 🌙 18 °C
Selfs op ons rusdag het ons ‘n hele paar duisend ‘steps’ geneem. Vanaand is ons in die pragtige Baiona met baai op baai kalm waters. Die lug is rooi getint van die brande in Portugal. Op die kopもっと詳しく
Dag 9: 25 km Vigo toe!
2024年9月19日, スペイン ⋅ 🌙 14 °C
Môre! Vanoggend steek onsdie Miñorivier met ’n Middeleeuse brug oor en stap deur woonbuurte voor die roete weer deur woude vleg. In die namiddag, soos ons die buitewyke van Vigo nader, stap onsもっと詳しく
Dag 9: Vigo
2024年9月19日, スペイン ⋅ ⛅ 18 °C
Die voete is seer ná die 25 km deur die woude, en die oppe en affe al langs die soom van die dorpies teen die heuwels tot in Vigo, die hawestad wat bekend is vir oesters. Die eetplekke was verderもっと詳しく
Dag 10: Nóg ‘n 25 km wag na Arcade
2024年9月20日, スペイン ⋅ ☁️ 16 °C
Van vandag af moet ons elke dag twee stempels in ons pelgrimspaspoort tot in Santiago kry. Die eerste 4,5 km uit Vigo is deur die strate, daarna klim die roete vir 2 km. Tot op 15 km is die roeteもっと詳しく
Dag 10: Arcade
2024年9月20日, スペイン ⋅ ☁️ 23 °C
Sjoe!
Sjoe vir nóg ‘n lang stapdag (50 km oor 2 dae!), sjoe vir die erge steiltes (heupe en bene!), sjoe vir die erge afdraandes (tone en knieë!), maar sjoe vir die lafenis van ‘n koel dag, enもっと詳しく
Dag 11: Pontevedra
2024年9月21日, スペイン ⋅ ☁️ 15 °C
_Hola amigos_. Vandag het ons ‘n gemaklike en kort stapdag van 14 km. Ons volg die Camino langs keisteenstrate, grondpaaie en woude. Die klein dorpies en plattelandse paaie wat ons gaan kry, isもっと詳しく
Dag 11: Pontevedra
2024年9月21日, スペイン ⋅ ⛅ 19 °C
Dit was ‘n welkome 14 km vanaf Arcade na Pontevedra. Die wegtrek was prentjiemooi en die roete het weer deur die woude gelei. Ons het vroeg genoeg aangekom om die paar reënbuie te systap. Almalもっと詳しく
Dag 12: Ons draai weg van die kus
2024年9月22日, スペイン ⋅ ☁️ 14 °C
Vandag groet ons die kuslyn en volg die Camino na die binneland. Nog klein dorpies en agterpaaie, dié keer verby wingerde hier en daar, is op vandag se roete. Caldas de Reis is bekend vir syもっと詳しく





















































































































































