Die blye ontmoeting
11 september 2024, Portugal ⋅ ☁️ 18 °C
Vandag het ons eerste Portugese Camino-groep bymekaar gekom - in Porto van waar ons môre ons eerste treë op hierdie onvergeetlike avontuur gaan gee. Daar was die blye weersiens van hartsvriende uitMeer informatie
Danelle
12 september 2024, Portugal ⋅ ☀️ 17 °C
En ons trek weg!
12 september 2024, Portugal ⋅ ☀️ 17 °C
En ons gee ons eerste treë! Buen Camino!
Danelle
12 september 2024, Portugal ⋅ ⛅ 19 °C
Dag 1: Seelangs op plankpaadjies
12 september 2024, Portugal ⋅ ⛅ 19 °C
Ons het ons pelgrimstog voor die Boa Nova kapel, ‘n oulike kerkie (gerestoureer in 2016) op die rotse wat uit 1392 dateer, begin. Die kapel was eens deel van ‘n groter Franciskaanse klooster hierMeer informatie
Veilig in Vila do Conde
12 september 2024, Portugal ⋅ 🌙 18 °C
Almal is veilig in Vila do Conde ná 21 km al langs die kus. Dit was ‘n gemaklike stap met baie rusplekke en restaurante langs die pad. Aandete was ‘n feesmaal met ‘n buffet wat letterlik kreunMeer informatie
Dag 2: Oppad Fao toe
13 september 2024, Portugal ⋅ ☀️ 15 °C
Die eerste helfte van vandag se roete van 17 km volg weer plankpaadjies langs die see. Daarna lei keistene en sypaadjies deur plaasgebied en grondpaaie deur woude na Faõ.
📸 *BesienswaardighedeMeer informatie
Dag 2: Faõ
13 september 2024, Portugal ⋅ 🌙 17 °C
Vandag se roete was plat, maar langer as verwag. Elkeen kies sy eie spoed en ritme, en die gees loop nog hoog! Vanaand slaap ons met die geluid van branders hier langs die Portugese kus.
Dag 3: Antas toe!
14 september 2024, Portugal ⋅ ☀️ 16 °C
_Bom dia amigos!_ Vandag is ‘n lekker kort stapdag wat begin by die brug oor die Cavadorivier na die eerste dorp, Esposende. Verby die riviermond swaai die roete binneland toe en lei ons deurMeer informatie
Dag 3: Antas
14 september 2024, Portugal ⋅ 🌙 17 °C
Esposende is die eerste stop op vandag se roete — ‘n groot, woelige dorp met prentjiemooi vleilande en spierwit strande. Van daar lei die geel Camino-pyle ons teen die heuwel op deur kronkelendeMeer informatie
Dag 4: ‘n Dag met stywe bulte wag
15 september 2024, Portugal ⋅ ☀️ 12 °C
Vanoggend lei die Camino ons deur pragtige woude, weliswaar met ‘n paar onbeskofte bulte wat voorlê! Ons eerste rusplek is by die Church of Santiago (_Igreja de Santiago de Castelo de Neiva_). DieMeer informatie
Dag 4: Viana do Castelo
15 september 2024, Portugal ⋅ ☀️ 25 °C
Dit was ‘n wonderlike stapdag — ja, wel met ‘n paar steiltes, maar niks wat ons nie kon hanteer nie 😉. By die Igreja Paroquial de Castelo do Neiva is die gewydheid van ‘n prosessie tydensMeer informatie
Dag 5: Vila Praia de Âncora toe!
16 september 2024, Portugal ⋅ 🌙 14 °C
_Olá amigos_, Dis weer net so ‘n titsel meer as 19 km vir vandag, maar baie meer gelyk en ‘n gemakliker stap. Die eerste deel is deur ‘n reeks woonbuurte bo die kuslyn waarna ons weer deur ’nMeer informatie
Dag 6: Vila Praia de Âncora
16 september 2024, Portugal ⋅ 🌙 21 °C
Dit was ‘n mooi roete, weer met antieke keisteenpaadjies wat deur die heuweldorpies kronkel. Die keistene begin ná 5 dae meer van ‘n uitdaging word omdat dit hard op die voete is. Van die ouMeer informatie
Dag 7: Vandag stap oor na Spanje
17 september 2024, Portugal ⋅ 🌙 15 °C
Vandag moet ons vir oulaas ‘n pasties de nata eet, want ons groet Portugal en steek die grens oor na Spanje. Ons stap vandag kuslangs voor ons die Minhorivier, die grens tussen Spanje en Portugal,Meer informatie
Dag 7: A Gaurda
17 september 2024, Spanje ⋅ ☀️ 20 °C
Ons eerste aand in Spanje — in die prentjiemooi kusdorp A Gaurda wat ‘n rustige hawe vol vissersbote omhels. Vanaand slaap ons in
Hotel Monumento Convento de San Benito, ‘n ou klooster.Meer informatie
Dag 8: ‘n Rusdag en ‘n busrit na Baiona
18 september 2024, Spanje ⋅ 🌙 14 °C
_Buenos dias peregriños_! Vandag geniet ons ‘n blaaskans. ’n Kort busrit neem ons langs die kus noordwaarts na Baiona, ’n gewilde vakansiedorp. Baiona is bekend vir die plek waar een vanMeer informatie
Dag 8: Baiona
18 september 2024, Spanje ⋅ 🌙 18 °C
Selfs op ons rusdag het ons ‘n hele paar duisend ‘steps’ geneem. Vanaand is ons in die pragtige Baiona met baai op baai kalm waters. Die lug is rooi getint van die brande in Portugal. Op die kopMeer informatie
Dag 9: 25 km Vigo toe!
19 september 2024, Spanje ⋅ 🌙 14 °C
Môre! Vanoggend steek onsdie Miñorivier met ’n Middeleeuse brug oor en stap deur woonbuurte voor die roete weer deur woude vleg. In die namiddag, soos ons die buitewyke van Vigo nader, stap onsMeer informatie
Dag 9: Vigo
19 september 2024, Spanje ⋅ ⛅ 18 °C
Die voete is seer ná die 25 km deur die woude, en die oppe en affe al langs die soom van die dorpies teen die heuwels tot in Vigo, die hawestad wat bekend is vir oesters. Die eetplekke was verderMeer informatie
Dag 10: Nóg ‘n 25 km wag na Arcade
20 september 2024, Spanje ⋅ ☁️ 16 °C
Van vandag af moet ons elke dag twee stempels in ons pelgrimspaspoort tot in Santiago kry. Die eerste 4,5 km uit Vigo is deur die strate, daarna klim die roete vir 2 km. Tot op 15 km is die roeteMeer informatie
Dag 10: Arcade
20 september 2024, Spanje ⋅ ☁️ 23 °C
Sjoe!
Sjoe vir nóg ‘n lang stapdag (50 km oor 2 dae!), sjoe vir die erge steiltes (heupe en bene!), sjoe vir die erge afdraandes (tone en knieë!), maar sjoe vir die lafenis van ‘n koel dag, enMeer informatie
Dag 11: Pontevedra
21 september 2024, Spanje ⋅ ☁️ 15 °C
_Hola amigos_. Vandag het ons ‘n gemaklike en kort stapdag van 14 km. Ons volg die Camino langs keisteenstrate, grondpaaie en woude. Die klein dorpies en plattelandse paaie wat ons gaan kry, isMeer informatie
Dag 11: Pontevedra
21 september 2024, Spanje ⋅ ⛅ 19 °C
Dit was ‘n welkome 14 km vanaf Arcade na Pontevedra. Die wegtrek was prentjiemooi en die roete het weer deur die woude gelei. Ons het vroeg genoeg aangekom om die paar reënbuie te systap. AlmalMeer informatie
Dag 12: Ons draai weg van die kus
22 september 2024, Spanje ⋅ ☁️ 14 °C
Vandag groet ons die kuslyn en volg die Camino na die binneland. Nog klein dorpies en agterpaaie, dié keer verby wingerde hier en daar, is op vandag se roete. Caldas de Reis is bekend vir syMeer informatie





















































































































































