• Sarie Botes
  • Sarie Botes

Fire & Ice

En 22-dags äventyr från Sarie Läs mer
  • Resans start
    20 december 2022

    Amper oppad

    20 december 2022, Sydafrika ⋅ ⛅ 22 °C

    My vlugte het deur die nag verander weens n vliegtuig wat onttrek is agv tegniese probleme. Paar senutergende oomblikke, maar danksy Marise se vele ondervinding, sit ek darem nou tussen n Duitse vrou en n vreemde jongman binne Air Lufthansa se boeing... oppad na Frankfurt.Läs mer

  • Vancouver ... uiteindelik!

    22 december 2022, Kanada ⋅ ⛅ -7 °C

    Intussen het my bagasie mos verlore geraak "and now I travel light". Soos met enige ding in die lewe, is daar voor en nadele.
    My 1e sneeu wat ek gesien het, was toe die vliegtuig begin sak het vir landing. Na al die uitdagings en ure op lughawens was ek só verlig om vir Betsie te sien! Ons moes roer, want ons moes nog betyds by die veerboot kom om na die eiland oor te gaan. Ek het darem gou my 1e twee naby-sneeu foto's so in die gejaagdheid geneem! Oral was bekommernisse oor n moontlike sneeustorm wat almal kan vaskeer. Tot na 10 (aand), gewag om op ferry te gaan. Nogals lekker koud toe ons op ferry afklim om iets warms te gaan soek. Hot choc en poetien (chippies met "cheese curd"), was net die regte ding. Op die eiland was dit nog bietjie meer as n uur tot by Bets en Paul se huis. Ons het na 02:00 by die huis gekom... tevrede en doodtemoeg ... soos baie lanklaas in my lewe!Läs mer

  • Frankfurt - NY - Toronto

    22 december 2022, Kanada ⋅ ⛅ 1 °C

    Ek moet erken - dit kan nogals oorweldigend wees as dinge nie so lekker glad loop nie. Op die stadium is alles uitsorteer, behalwe die feit dat my bagasie tussen Frankfurt en NY weggeraak het. 🫣 "i travel light now"!
    Ek het my 1e sneeu gesien! Eers ver uit die lug uit en toe vanoggend deur my kamervenster! Ons het ook oor heelwat windturbines wat kol-kol in die see staan, gevlieg.
    Allerhande interessante dingetjies hier op lughawe... rakke vol gratis koerante en tydskrifte. Baie goeie ou vriend raakgeloop! E=mc²
    Het maar by skoene skoonmaker verbygeloop... my voet nog te sensitief vir sy gepoetsery! 😃 Martli, besigheidsgeleentheid vir jou... lyk na die lekkerste vending masjien wat ek nog gesien het! Die elektriese karretjies sluip geluidloos tussen die mense deur tot hul moeg is. Dan parkeer hulle en prop net in. Die son skyn op die oomblik hier
    Läs mer

  • Vancouver... uiteindelik

    24 december 2022, Kanada ⋅ 🌧 4 °C

    Ek was só bly om vir Betsie op die lughawe te sien! Skielik gevoel dat als nou OK is. Ons moes roer om betyds by die veerboot te kom. Net na 22:00 was ons op veerboot... skielik winter! Ons het iets warms gekry om te eet. Hot choc en poetien was skougehalte! Na 02:00 by die huis gekom... lieflik en doodtemoeg!
    Ek het eers net voor 10:00 wakker geword. Bederf met die mooiste uitsig en n lekker koppie koffie. Klaargemaak om dorp toe te gaan. Ek was verbaas om te sien Paul laai n "cooler box" agter op sy bakkie... ek het gedog als is mos koud genoeg?! 😆
    Groot was my verbasing toe ons langs pad stop, Bets uitspring en pos uithaal! Nog meer verbaas om te hoor Kanada se posdiens funksioneer ten volle en effektief!
    Kyk hoe mooi is die kragbokse... mooi oorgetrek met foto's van wat eers in daardie kragboks se area was! Al wat ons in SA ken is kragbokse met "Same day abortion/ lost lover/ ... enlargements" skewe vieslike papiere, op. 🤑
    Gou saam gaan kruideniers koop en n paar sagte, warm skoene vir my. Tuis het ons die melk sommer in die "buite yskas" gebêre!
    Läs mer

  • Pedder Bay, 'n meer en Spirit bay

    27 december 2022, Kanada ⋅ 🌧 6 °C

    Vancouver eiland se natuur stel nooit teleur nie! Vinnige, laat middag uitstappie na n klein hawe Peddar Bay, 'n meer wat nog dun ge-ys (ek het sy naam vergeet), is en toe gedraai in Spirit Bay wat op die 1st Nations se grond is. 1st Nations is van die oorspronklike boorlinge van die eiland wat deur kolonisasie in die voet geskiet is. Uit hul natuurlike omgewing, kultuur en leefwyse, geboelie is. Om ekonomiese voordeel te probeer skep, het 1st Nations, die grond beskikbaar gestel sodat Kanadese daar kan vakansiehuise oprig en so by te dra tot 1st Nations se powere ekonomie.... as ek die dinge reg verstaan...Läs mer

  • Die ferry en "Fly over Canada"

    29 december 2022, Kanada ⋅ 🌧 5 °C

    Gister oggend @8 weg om met die ferry van die eiland na die vasteland te gaan. Ons 1e sonskyndag! Dit was besonders mooi. Nadat ons ontbyt op die ferry geëet het, het ek buite op die dek geloop en kon net nie genoeg kyk nie. Is nogals koud as mens buite in die wind staan! Binne die ferry is dit lekker warm. Die natuurskoon is besonders!! Uur en n half later vaar ons toe by Vancouver in. Byna konsternasie gewees toe ek en Bets mekaar oppad na die motor verloor! Toe ons mekaar nie kry nie, mik ons albei toe na haar motor toe... elkeen in die hoop om die ander daar te vind... en toe kry nie een van ons mekaar, of haar motor nie! Na bietjie benoudheid, siende die ferry al besig was om te parkeer, was ons baie bly om mekaar te sien en kort daarna kry ons toe haar motor!
    Reguit na die Imax vertoning " Fly over Canada". Wat n belewenis!!! Ons gordel vas, "vlieg" oor dele van Kanada terwyl ons die arktiese wind voel, die prairies se gras ruik, misreën op ons voel en die mooiste natuurskoon bewonder. Dit was waauw!!! Ook my 1e bruin beer en ysbeer ontmoet!
    Läs mer

  • Capilano hangbrug

    29 december 2022, Kanada ⋅ 🌧 5 °C

    Nog iets op my 'bucket list' afgemerk! Capilano hangbrug! 'n Groot droom het waar geword! En toe is hier n liggie fees ook aan die gang. Dis besonders!!! Dis uitstekend en betowerend! Hoog bo die bruisende Capilano rivier met helderskoon water en tussen die hoogste bome, loop n menigte hout paadjies. Teen skemer word hierdie woud 'n sprokieswêreld... en my binneste koorsang "How great Thou art!".Läs mer

  • Familietyd

    30 december 2022, Kanada ⋅ ⛅ 7 °C

    Gisteraand/middag was ons na Thrifties om paar goedjies vir voorgereg te gaan koop. Die uidrukking dat "enige iets varser, nog groei", kry hier nuwe betekenis! Die kruie, krappe en krewe groei dommer net daar in hul yskas/tenk! Bokant die krewe is n poster wat aankondig dat hul sommer net hier gou jou "gereg" kan stoom! 🤪
    Was verrassing om ons eie SA Ceres vrugtesap tussen al die baie soorte sappe te sien.
    Die bruin en geel lekkerny is n Nanaimo bar... eg Kanadees en heerlik! Op die eiland is ook n dorpie met die naam Nanaimo. Oral waar ons kom is herwinning n groot ding en dit lyk of die Kanadese dit outomaties doen.
    Marise het n heerlike voorgereg bord gemaak, net voor ons Paul se kerrie hoender geëet het.
    Iewers deur die oggend het ons gou na Mathew se basketbal toernooi by UVic (Universiteit van Victoria), gaan kyk. Die mannetjie doen baie goed met sy sport.
    Läs mer

  • Laaste dag op die vriendelike Eiland

    31 december 2022, Förenta staterna ⋅ ⛅ 6 °C

    Ons laaste dag by Bets-hulle... 🤔
    Bets, Marise, Chrissa en ek het vroegoggend (@8😆) gou langs die see gaan stap... klippies strand met baie uitgespoelde houtstompe. Almal deur water geloop om seker te maak ons skoene is waterdig en reg vir Alaska. Die hele eiland se paaie kronkel tussen natuurlike woud deur - pragtig!
    Daarna moes ons roer om betyds by Victoria lughawe te kom. Gou saam met Bets laaste kuiertjie en Kambucha ingekry en toe vlieg ons na Vancouver en toe na Seatle waar ons geslaap het... gelukkig nie "Sleepless in Seatle" nie! 😇
    Vanoggend die shuttle @6 gekry en nou.... NOU IS ONS IN DIE VLIEGTUIG OPPAD NA JUNEAU!!!!
    Läs mer

  • Ons land in Alaska!

    1 januari 2023, Förenta staterna ⋅ 🌧 6 °C

    Ons is in die lug met Air Alaska! Klink my boks water is nou beter hier rond - of op die vliegtuig in elk geval!
    Soos die vliegtuig laer sak, sien ons gou dat hier al heelwat sneeu is. Juneau wat die hoofstad van Alaska is, is in terme van 'stad', nie baie groot nie. Daar is geen pad verbinding na Juneau nie. Slegs bereikbaar deur die lug, of water.
    Ons 1e ontmoeting met die ysbeer en grizlie is n verrassing! Hulle is nogals groter as wat ek gedink het. Gelukkig is hierdie in glaskaste! Buite die lughawe gebou is 'n "Serve Animal Relief" area.
    Herwinning is hier meer kleurvol as in Kanada. Ons hier n motor om die wêreld te verken... kyk die mooi nommerplaat!
    Läs mer

  • Juneau en omgewing

    1 januari 2023, Förenta staterna ⋅ 🌧 7 °C

    Pas vd vliegtuig af en ons vat die pad! Letterlik! Dis sprokiesmooi!! Ek kan nie genoeg hiervan kry nie!!! Die foto's is in volkleur. Oral is waterstroompies/valle wat vries... erg mooi! Sneeu lê lekker diep en ons sak tot byna by ons knië in as ons loop. Dis lekker!!
    Oral langs die pad is mense se posbusse... maw hier is ook n posdiens wat werk. Iets wat ons nie ken nie! 😆
    Dit raak so net na 3 in die middag donker en ons gaan soek oujaars kos. Stop langs die ou oom wat in die straatbiblioteek vir hom n boek uithaal, met die gedagte om hom te vra of hy weet waar ons kan eet. Toe ek uitklim, is dit op ys en ek voel ek gaan enige oomblik skielik en onwillekeurig van rigting verander! Die oom kyk my baie kwaai aan en bulder in knorrige stem: "Listen lady i do not understand a damn single word what you are saying, but you have to..." en hy beduie met sy hand dat ek nie nader moet kom nie. Later kry on darem 2 vriendelike mense wat graag help. Toe kry ons nie die plekke waarheen hulle ons gehelp het nie. Ons stop toe by "Bubble tea" en bestel n naam wat ons ook nie mooi verstaan nie. Ons was baie dankbaar toe ons heerlike, warm huiskos kry... mét groente!!!
    Nog n draai deur Juneau gery en tipiese straat afgeneem. Die huise is teen n redelike helling gebou en net toe ek wonder hoe veilig dit is... toe sien ons dat dit eintlik maar n risiko bly! Sneeu en stompe kom met n spoed van bo af en vernietig als wat voorkom. Ons het slaapplek gekry en was omtrent net na 6 in die aand in die bed. Nou oppad na Mendenhall gletser....
    Läs mer

  • Mendanhall gletser

    1 januari 2023, Förenta staterna ⋅ 🌧 5 °C

    Ek kan nie die gevoel beskryf van toe ons om n draai kom en skielik is die gletser groot en blou voor ons! Ons het redelik ver oor die sneeu/ys gestap om nader aan Mendenhall te kom. My mond het oopgehang... verskillende teksture en net plat en wit waar jy kyk! Die 1e stuk ys het my gefassineer. Min of meer knie hoogte - soos 'n groot stuk glas! Kon geen onsuiwerhede daarin sien nie.
    Stap toe verder en kry toe n veel groter stuk gletser wat daar "gestrand" het. Dis só mooi en spesiaal. Dis waaauw!!! Oppad terug het ek uitgevind dat sneeuskoene ook baie vinnig op n dun lagie ys kan glip! My 1e ontmoeting met n gletser was super!!!
    Läs mer

  • Polar bear Dip

    2 januari 2023, Förenta staterna ⋅ ☁️ -1 °C

    Dis die een ding waaroor ek vd begin af grootoog was! Om soos 'n ysbeer - willekeurig - in 'n ysige, arktiese see in te hardloop... 🤨 Dit het my laat dink aan Antjie Krog... 😳
    Ernstige "mind games"! Ek het die see en klippiesstrand gekyk en gekyk.... en toe hoor ek: "Two minutes to go, take off your clothes..." Soos n slagskaap wat na die pale gelei is... Net weer die "5-4-3-2-go" gehoor en toe strompel ek saam die gillende, jillende klomp in! Ek het nie kans gesien om my kop onder daai water te dip nie.. het net tot onder my arms gevorder en in my gedagtes vinnig uitgedraf. In werklikheid was als só koud en stram.om te beweeg. Sou gehelp het as daar vuur in die vuurmaakplek was! Wel... ek het darem my sertifikaatjie! En anders as Antjie Krog... leef ek nog! 😉Läs mer

  • Anchorage

    3 januari 2023, Förenta staterna ⋅ ⛅ -3 °C

    Laataand in Anchorage aangekom. Ons "Coach Surfing hosts" was so gaaf om ons by die lughawe te kom haal. Met landing het ons gesien dat hier heelwat meer sneeu as in Juneau is. Tot die hout eende in die lughawe gebou het serpe aan! 😅 Dis pragtig! Ons is reguit na Chris en Carla se huis toe, bietjie gesels en toe gaan slaap. Marise maak my wakker... hier lê n moose reg by ons venster en slaap! Dis waauw! Ons gasheer klop ook en sê ons moet gou kom kyk, die moose loop toe by die voordeur verby. Ons 1e moose was n m-o-o-se surprise!!! 😁
    Ons het klaargemaak en gery om vriende vir ontbyt te ontmoet. Kan ons oë byna nie glo met al die sneeu rondom ons nie.
    Reuse koffie en Reindeer omelet was heerlik. Heerlik gekuier ook. Nou is ons gereed vir aksie! Ons gaan dog sledding doen!
    Läs mer

  • Dog sledding!

    3 januari 2023, Förenta staterna ⋅ ⛅ -3 °C

    Wat 'n belewenis!!!

    Na ontbyt besluit ons om na Wasilla te ry om Alaska se tradisionele sport te ervaar. En was dit n ervaring?! Ek kon nie ophou kyk na al die mooi rondom my nie!

    "How great Thou art!"

    Ons word vriendelik ingenooi na n klein, cozy plekkie met n paar afgetrede honde wat voor die kaggel lê. Voel soos huis. En liefde.
    Ons kry toe ons sneeupakke om aan te trek. Na n gestoei is ons in en gereed om honde te gaan ontmoet. Daardie hondehokke staan eintlik op stelte. Die 2 tot 3 voet sneeu laat dit lyk of hul op grond staan.
    Gereed om te gaan! Die Alaskan Huskies trek hul skouertjies krom om die slee aan die beweeg te kry - maar dan hol hulle! Op die muscher se "Ha!" en "Gie!" weet hulle om links of regs te draai. Ons het die slee 1x byna gerol - en Marise byna in die proses verloor 🤭 en toe is dit teen n opdraende my beurt! 🤪 Soos n skilpad op sy dop!!! As ek met my hande druk om op te staan, sak ek tot teen my skouer weg in die sneeu! Was n gestoei!! Maar met Marise se hulp, is ek toe darem weer op my voete! Groot pret!!!
    Läs mer

  • Fairbanks & Noordpool

    5 januari 2023, Förenta staterna ⋅ ⛅ -14 °C

    Vanoggend 'n Uber gekry om ons lughawe toe te vat sodat ons ons huurmotor daar kan kry. Werk (en lyk) hier bietjie anders as in SA. Die eienaar vd motor het hom iewers deur die nag by die lughawe gaan los en dis waar ons hom vanoggend gekry het. Die motors word ingeprop sodat hul nie skade agv lae temps kry nie. Ons Coach Surf weer en het n baie oulike gasheer/vrou. Hulle het sonpanele op hul dak, maar ek dink nie dis baie effektief nie. Dis oral spierwit gesneeu hier in Fairbanks. Was vanoggend ' n lekker oggend met sonskyn war hier en daar deurkom. Ons was Noordpool toe... skoonwit gesneeu en pragtig. Ons het tot warm kakao by vader krismis se huis gedrink.
    Toe weer terug Fairbanks toe. Ons wou iets kry om te eet... sien toe die hardgekookte eiers... maar los dit toe.
    Was na Fairbanks se info sentrum wat ons mooi gehelp het om nog aktiwiteie te bespreek. Kon nie tyd mors nie. Moes vaaand 7 uur by die ysmuseum by Chena hotspring wees.
    Läs mer

  • Chena Ys museum

    5 januari 2023, Förenta staterna ⋅ ⛅ -14 °C

    Met buite temp van - 20 °C was dit bitterkoud om buite die ysmuseum te staan voor ons kon ingaan. Alles... letterlik alles, binne is van ys gemaak. Dekor, kroegie, igloo, blomme, ens. Dis pragtig! Daar is selfs 3 slaapkamers wat mens kan huur om oor te slaap - dan kry jy n beervel om jou warm te hou. Mens kan selfs trou binne die ysmuseum. Die detail binne die ysmuseum is verstommend. Ons het ons besoek afgesluit met n appeltini in n ys Martini glas in die Aurora kroegie.Läs mer

  • Chena hotsprings

    5 januari 2023, Förenta staterna ⋅ ⛅ -13 °C

    Na ons ysige tyd in die ys museum, het ons na die warmbronne gegaan. Jy 'vrek vd koue' totdat jy binne die water is en dan omvou God se Skepperliefde water jou van al die kante af. Dis super spesiaal! Die sneeu lê spierwit op die klippe rondom Chena se warmwaterbron en binne staan die stoom wasig-dik. Dis waaaauw!!!Läs mer

  • Ys visvang

    7 januari 2023, Förenta staterna ⋅ ⛅ -18 °C

    Byna het ons dit gekanselleer! En toe is dit eintlik n ongelooflike 3 ure. Ons het geleer om met handlyn te voel hoe diep die bodem is en ook allerhande tegnieke om die vissies mee uit te vang. Gesellig saam met klompie Koreane in die hut, en Tyson wat ons als leer, het die tyd verby gevlieg. Ons was op n stadium buite toe om te leer hoe mens n visvanggat in 2-3 voet ys maak. Verlig om terug in die hut te wees, het ons weer gevang en toe het Tyson die visse gevlek en gebraai... heerlik!!!Läs mer

  • Snow machines/mobile

    7 januari 2023, Förenta staterna ⋅ 🌙 -15 °C

    Gisteraand al so liggies begin sneeu. Vanoggend het ons kar die mooiste sneeuvlokkies geadverteer! Dit fasineer my - wens ek kon n hele dag of meer, makrofoto's vd vlokkies neem.
    Ons het AL ons goed uitsorteer en gepak... want vandag is ons laaste dag in Alaska. 😥
    Ons het gelaai terwyl dit heeltyd liggies sneeu. Noordpool was ons 1e bestemming vir vandag... die ligte pale lyk soos daai suiglekker kieries. Ook Alaska se posdiens funksioneer - effektief. Oral is groepe posbusse langs die pad. Byna toegesneeu, maar hulle is daar!
    Ons laaste aktiwiteit in Alaska is nóg n hoogtepunt... ons het met sneeu scooters in die sneeu gery... vir n hele uur! Eers moes ons Rod's Adventure se bunny boots, sneeubroek, baadjie, handskoene en helmets aantrek. Toe kry ons n bietjie opleiding in hoe dinge werk en veiligheid. Met al die sneeu is die wit wonderland verskriklik mooi! Ons kon net nie foto's neem nie - albei hande op die verhitte stuur. Was n belewenis!!!
    Voor ons lughawe toe is, het ons Alaska afgesluit met "hot cocoa" in Noordpool.
    Läs mer

  • Niagra watervalle

    9 januari 2023, Förenta staterna ⋅ ☀️ 9 °C

    Gister ons vlug van Chicago na Toronto met 1 minuut gemis... toe moet ons nog 6 ure wag om n volgende vlug na Toronto te kry. Dit het ons Niagra planne bietjie deurmekaar gekrap, siende ons die White Water Walk sou stap en ook die toer agter die watervalle, sou doen. Ons was toe te laat vir dit. Ons kon darem met die buite huisbak van die Skylan toring tot bo opgaan en die valle mooi van bo af sien. Daarna het ons ver gestap om so naby moontlik aan die Horseshoe valle te kom. Die dreunklank en grootheid van die valle is indrukwekkend! Ons is toe terug na ons lêplek naby die lughawe... lekker moeg!Läs mer

  • Interessante dinge

    9 januari 2023, Förenta staterna ⋅ ☀️ 9 °C

    Wat is beter? Blik of boks water? Dis die lekkerste water en dit kom in alle vorms hier voor. In die lughawens is "vending" masjiene vir enige iets! Van elektriese ware, grimering, gebakte koeke, "baby maintenance" en borsvoeding kiosk.
    Dan die toilette! Daar is toilette vir mans en ander vir dames. Toilette vir alle geslagte of oriëntasies. Toilette vir honde en dan dien van die toilette nog as skuiling teen "severe weather" ook. Nogals geskok om te sien dat daar binne die toilette spesiale houers aangebring is waar die druggies hul inspuitings "veilig" van kan ontslae raak! Eintlik baie hartseer....
    Oefen soos n ruimtevaarder, is nog n interessantheid binne die lughawens. Die vibreer stasie het plek om jou foon/tablet, ens te laai terwyl jy sit en bewe. Hulle reken dis hoe ruimtevaarders oefen.
    Oral langs die pad in Alaska is piepklein koffie kiosks. In die oggende lyn die wit gesneeude motors by die kiosks op... opsoek na n warm koffietjie.
    Läs mer

    Resans slut
    10 januari 2023