Kanada en Alaska 2018

August - September 2018
Ouma is hierdie jaar 84 en wou nog altyd Alaska toe gaan. So nou gaan ons. Read more
  • 19footprints
  • 4countries
  • 20days
  • 107photos
  • 0videos
  • 32.2kkilometers
  • 30.5kkilometers
  • Day 19

    Johannesburg, South Africa

    September 10, 2018 in South Africa ⋅ ☀️ 16 °C

    Ons het in New York eers gewag vir my tas wat na 'n verkeerde belt gestuur is. Daarna het ons die lughawe shuttle gevat JFK toe deur New York. Dis baie groot, met baie verkeer, maar is presies soos dit op flieks lyk. Ons het toe huis toe gevlieg van JFK af vir meer as 14 ure. Oom Roelof-hulle het vir ouma gekry en laat incheck vir haar vlug Bloem toe, waar my pa en tannie Martli haar toe gekry het. Ons het 'n vinnige koffie en ontbyt by die Wimpy gekry saam met Pikkie en oom Roelof-hulle. Ek het verder met Pikkie gekuier en gaan incheck by die lounge en bietjie geslaap toe sy weg is. Nou is ek terug by die huis.Read more

  • Day 18

    Laaste dag in Kanada

    September 9, 2018 in the United States ⋅ 🌧 15 °C

    Ons het heerlike ontbyt pita's gehad wat Paul gemaak het, chef style. Chrissa is toe werk toe en ons het gery om Matthew se sokker te gaan kyk. Hy speel VIPSL (een of ander premier league of so iets), maar hy is mal goed. Bets het ons toe afgelaai by die ferry (groot tranedal - nie ouma nie). Op die ferry het ons poutine geëet, want mens kan, volgens Betsie, nie Kanada verlaat sonder om dit te geproe het nie. Dit was vandag Metchosen dag (die area waar Bets-hulle bly). Chrissa het vandat hulle daar aangekom het elke jaar die 5km hardloop gewen (natuurlik). Matt het die eerste jaar (net 'n week na hulle om Kanada aangekom het en nie weet wat gaan vir wat nie) nooit by die einde uitgekom nie. Toe almal begin benoud raak sê Chrissa sy sal weer die roete hardloop en kyk waar hy kon verdwaal. Sy kry hom toe langs die pad, besig om bessies te eet. Dit het glo vir hom lekker gelyk en toe stop hy en eet bessies, vir langer as wat die resies aangehou het. Ons het toe lughawe toe gegaan en gevlieg tot in Seattle en is nou oppad New York toe.Read more

  • Day 17

    Sport, huis en kuier

    September 8, 2018 in Canada ⋅ ⛅ 15 °C

    Ons het Cordel se hokkie gaan kyk en daarna vir Chrissa gaan haal en haar hokkie gekyk (2 klein kampioene). Ons het toe weer na Bets-hulle se huis gery en gaan kyk hoe hulle gevorder het met die bouery... en ek het 'n 12 minute video gemaak van die huis (want dis hoe lank dit vat om als te verduidelik). Die elektriese- en waterwerke is ongelooflik. Daar is 'n hele kamer net vir dit. Paul en Bets het vir ons Matteson lake gaan wys. Ons het toe net rustig by die huis gekuier, waarna ek en Chrissa en Cordel ietsie gaan eet het by My Chosen Cafe, en bietjie 'girls night' gehad het. Ons het maar net gepak en klaargemaak om te slaapRead more

  • Day 16

    Craigdarroch en Miniature world

    September 7, 2018 in Canada ⋅ ⛅ 17 °C

    Ons het vir Cordel dokter toe gevat en toe terug skool toe. Hulle het 'n berg gaan uithardloop vir hokkie (of so iets). Ons en Chrissa (want sy het net een klas die oggend gehad) het toe dorp toe gegaan en Beavertails (dis 'n soort nagereg) geëet. Bets is toe bank toe en ek, ouma en Chrissa het deur Miniature world gaan stap. Daar is miniatuur uitstallings van oorloë, hoe 'n hout fabriek werk, feëverhale en nog baie meer. Dit was baie interessant. Daarna het ons en Betsie na Craigdarroch kasteel gegaan, wat gerestoreer is om mens 'n kykie in die lewenswyse van ryk mense in die ou tyd te gee. Dit was ongelooflik mooi, alhoewel Chrissa nooit daar sal wil bly nie. Ons het toe vir Cordel en Matthew gaan oplaai en by tannie Susan (Paul se tannie) en oom Jonn gaan eet.Read more

  • Day 15

    Victoria en Butchart gardens

    September 6, 2018 in Canada ⋅ ☀️ 17 °C

    Ons het direk van die Noordpool af lughawe toe gery (mens kan nie 2 vlugte in een vakansie mis nie). Arme ouma het niks geslaap behalwe die bietjie op die bus gisteraand nie, maar sy sit mos sommer net so regop en dan sak die kop vooroor en sy slaap rustig. Ons het toe Victoria toe gevlieg, waar Bets ons kom haal het en Butchart gardens toe gevat het. Dit was iemand se tuine en word nou in stand gehou deur 'n kommittee. Daar is soveel detail, water, kleur en verskeidenheid, dis eintlik oorweldigend. Ons het toe na Chrissa se werk gegaan waar ons wyn (in ouma se geval, pynappel gegeurde sodawater) geproe het. Sy is mal oor haar werk en doen baie goed. Ons het toe vir Cordel en Matthew by die skool gaan oplaai en gaan kyk hoe Matt sokker oefen. Ons is toe huis toe waar Paul vir ons Giouvetsi gemaak het vir aandete (hoogtepunt, want dis my gunsteling).Read more

  • Day 14

    Noordpoolsirkel en verder Noord

    September 5, 2018 in the United States ⋅ ☁️ 7 °C

    Ons was vanoggend 05:30 by die North Alaska Tour Company vir ons 'Arctic circle fly/drive experience'. Ons het gery op Dalton highway, wat basies soos Suid-Afrika se paaie lyk, slaggate en grondpad en teerpad gemeng. Dit was aanvanklik net 'n pad vir die olie maatskappy, maar is toe oopgemaak vir die publiek. Baie min mense gebruik egter die pad, behalwe die trokke. Dit loop al langs die olie pyplyn. Dié het 3 jaar en 2 maande gevat om klaar te maak en vervoer olie van Prudhoe baai deur Alaska. Dis baie interessant, die olie in die pyp is warm, alhoewel die pyp as isoleerder dien. Gevolglik kon meer as 400 myl van die meer as 800 myl lange pyplyn nie ondergrond gebou word nie... die permafrost (grond wat permanent gevries is vir 2 of meer agtereenvolgende jare, waarvan meer as 80% van Alaska se grond op verskillende dieptes bestaan) sou smelt en dus te onstabiel wees. Hierdie dele is bo grond gebou, maar voorsorg moes getref word vir beweging ens. Ons eerste stop was by Joy, Alaska. 'n Gesin het hier vir hulle 'n huis gebou. 'n Ander gesin het ook 'n paar jaar later daar gaan bly. Die kinders het 'n lemonade stalletjie begin vir die trokke wat verby kom en begin geld maak so. Die pa het toe 'n winkeltjie ook oopgemaak. Die volgende stop was Yukon river camp, waar mense middagete kon bestel. Dis langs die Yukon rivier, wat amper 'n halfmyl breed is en vroëer as vervoer medium gedien het in die somer, en waar voertuie oorgery het in die winter. Daarna is ons Noordpoolsirkel toe, waar ons oor die 'lyn' geloop het en 'n sertifikaat gekry het wat sê dat ons daar was. Die laaste stop was in Coldfoot, wat nog verder Noord lê. Dis 'n klein winkeltjie, vulstasie, inligtingsentrum en oornagverblyf. Dit was vroëer, in die goud jare, groter, maar almal het na Wiseman getrek toe hulle meer goud daar ontdek het. Ons sou van hier af terugvlieg, maar die weer was te sleg, so ons moes toe terugry met 'n ander bussie. Ons kom toe eers 00:00 terug in Fairbanks. Ons het net gaan pak en toe vinnig via die Noordpool, waar ons gou na Santa Claus house en sy lewendige takbokke gaan kyk het, alhoewel dit toe was, lughawe toe gekom.Read more

  • Day 13

    Reis na Fairbanks

    September 4, 2018 in the United States ⋅ ☁️ 8 °C

    'n Bussie het ons vanoggend kom oplaai en Fairbanks toe gebring. Ons bly in 'n kothuis teen die Cheena rivier. Daar het netnou 'n dooie boom (nie stomp nie) afgedryf verby ons huis so die rivier loop nogal sterk. Ons het 'n kar gaan huur en visitor centre toe gegaan. Daar is baie goeie uitstallings van vroëer lewe in Alaska. Ons het toe WalMart toe gegaan en kos gekry vir more se toer. Nou gaan ons lekker vroeg slaap, want more moet ons 05:00 al ry. Die hotel het 'n lys van gaste wat hulle moet wakker bel as mens die noorderligte kan sien, so hulle sal ons bel, maar dis dig bewolk en reën tans.Read more

  • Day 12

    Denali park en natuur toer

    September 3, 2018 in the United States ⋅ ⛅ 10 °C

    Ons het 07:00 met die shuttle na Park Village gegaan waar die bus ons opgetel het vir ons 'natural history tour'. Ons het gery na 'n hout 'cabin' waar mense in vroëer jare oorgeslaap het terwyl hulle met die sleëhonde gery het om voorraad aan te dra of te soek vir stropers. Daar het eenkeer 'n 'musher' met sy honde gery en in ys ingeval, met die slee en al die honde, behalwe die lei-hond, want hy was beseer en het los saam gehardloop. Toe die jond dit sien het hy begin blaf en krap en spring op die ys sodat die ander honde moet probeer uitkom. Hulle het toe sy voorbeeld gevolg en almal, met die slee en die musher uitgetrek. Ons het ook 'n uil by die huisie gesien. Daarna het ons verder deur die park gery en Steve, ons gids, het ons vertel van gebruike vir verskillende plante. Hy het 7 jaar in 'n 'native village' gebly. Ons het weer vir mount Denali gesien. Daarna het 'n Athabascan meisie ons kom vertel van die indiane se kultuur en geskeidenis. Oppad terug het ons 'caribou' gesien. Dis 'n soort takbok. Ons het toe rondgeloop by die visitor centre en daarna 'n sleehonde vertoning gaan kyk. Hulle is groter as die resies honde want hulle moet swaar goed rond sleep. Hulle is die enigste sleehonde wat nog werk, want Denali is 'n wilderness park, wat beteken die mens is net 'n toeskouer en mag geen voetspoor los nie. Dus kan hulle nie sneeumasjiene, ens gebruik nie. Dis ook glo makliker om meeste plekke met die honde te beweeg. Hulle vat gewoonlik goedere in die winter na 'n plek waar dit dan in die somer gebruik word, bv voorraad vir die bou van 'n brug. 'n Groot deel van Alaska se grond is permafrost, wat beteken die grond onder die heel boonste lagie is permanent gevries. Baie min plante kan dus daar groei. Van die honde af het ons teruggegaan hotel toe en toe het ons in down town gaan rondloop en huis toe gekom.Read more

  • Day 11

    Rit na Denali

    September 2, 2018 in the United States ⋅ ☁️ 8 °C

    Ons het vanoggend op die trein geklim na Denali park toe. Die toergids het heeltyd inligting gegee langs die pad. Daar is mens wat heeltemal 'off the grid' bly en hulle enigste vervoer is die trein. Daar is 'n ooreenkoms dat hulle enige tyd die trein kan stop waar hulle bly. Ons het Denali mountain gesien oppad. Net 30% van mense wat na Alaska kom sien hom omdat hy so hoog is (die hoogste in Noord-Amerika) en basies sy eie weersisteem het. Ons het laatmiddag by Denali cabins aangekom en gaan vanaand net rustig wees. Ouma wil net heeltyd herfsblare en klippe afneem en wil nie hê ek moet haar afneem nie, so ek het nou maar die hele storie afgeneem. En ek sit weer 2 bonus foto's op, want ons het maar net gery vandag.Read more

  • Day 10

    Sled dog en Alaska railroad

    September 1, 2018 in the United States ⋅ ☀️ 14 °C

    Ons het begin met 'n lekker laat oggend. Ons het 10 uur met die shuttle ingegaan dorp toe en bietjie rondgeloop. 11 uur het ons toer begin met 'n klein bietjie geskiedenis oor Seward en toe is ons Idadaride toe, waar Seavey se Iditarod sleehonde is. Sy pa en sy seun ry ook. Hy, Mitch Seavey, het in 2017 die resies gewen, en ook die wêreldrekord gebreek. Hy het die meer as 1000 myl in 8 dae, 3 ure en 47 minute klaargemaak. Hulle slaap saam met die honde buite en maak kyk alles van elke hond deur elke keer wat hulle stop. Die honde is Alaska huskies, nie siberian huskies soos wat almal ken nie. Hulle is vinniger en kleiner as siberian huskies. Hulle oorsprong, omtrent 30 generasies terug is van straathonde uit Seattle wat gestuur is om werk te doen. Die resies word gehardloop met maksimum 14 honde en mag nie vervang word nie, so as hulle seerkry of siek word, word hulle uit die span gehaal. Hulle oefen nou al vir volgende jaar se resies in Maart. Die Seaveys is baie bekend en het vir 6 jaar in 'n ry gewen. Na die honde het ons middagete by Resurrection restaurant geëet en daarna is ons Exit Glacier toe. Oppad daarheen het ons 'n arend in haar nes met kleintjies gesien. Ons het ook 'n swart beer in die pad gesien. By exit glacier het ons gestap tot mens die gletser mooi kan sien en toe het ons teruggery en deur Seward gery. Daar word omtrent elke jaar 'n groot 'mural' geverf en Seward is bekend daarvoor. In 1964 was daar 'n baie groot aardbewing, 9.2. Dit is glo die tweede grootste een wat nog aangeteken is. Daarna was daar 'n tsunami in Seward en geen huise mag nou teen die water gebou word nie. Ons is toe met die alaska railroad trein terug Anchorage toe. Ons het baie gletsers gesien, een volkaan, 2 takbokke en waar 'n dorpie was wat met die aardbewing heeltemal weggesink het. Ons het ook naby Anchorage vinnig beluga walvisse gesien. Almal op die toer het ouma gelove en noem haar grandma. Sy het die een vietnamese meisie amper met die stapstok geslaan toe sy iets anders wil doen, toe sê die meisie 'whoa, grandma, I only met you now'. Ouma se blus is uit so slaap sy al.Read more