Hier gaan ons weer!

Weg se Toast Coetzer en Erns Grundling is weer op pad met 'n nuwe Weg Agterpaaie TV-reeks. Hierdie slag ry hulle die ganse Karoo plat. Kyk uit vir die Weg Agterpaaie Toyota Hilux - dalk draai hulle inLeer más
Dag 1 - Montagu

Ons kuier by Kogman & Keisie-gasteplaas aan die rand van Montagu, die poort tot die Klein-Karoo. Petrus en Liana Jansen boer hier organies met als van olywe en granate tot erfsaad-tamaties en anderLeer más
Dag 2 - Anysberg

By Anysberg kry ons die aand koud, en braai ons wors en skilpadjies uit Krause se slaguis in Montagu. Die oggend ry Toast en Erns perd, terwyl die kameramanne Nic en Chris bloed sweet en klippe kou inLeer más
Dag 3 - Matjiesfontein en Laingsburg

Die Weg Agterpaaie-span ry so klein entjie N1 tot by Matjiesfontein se Lord Milner-hotel. Erns en Toast drink 'n vinnige jenewertjie terwyl Jonny Theunissen klavier speel en die son buite sak, oorLeer más
Dag 4 - Gamkapoortdam

Bosluiskloofpas af, en die landskap val af in die klipperige voue waar die Dwyka en Gamka opgedam staan in die Gamkapoortdam. Dit brand in die Swartberg, die wind storm uit die kloof en ruk en plukLeer más
Dag 5 - Ladismith

Erns dra 'n volstruisveer in sy hoed, Lunga sit die kuikens op hok, Divan lewer 'n nuwe kamera af vir die Weg Agterpaaie-span, Ronnie wys ons sy tattoo, ons stap na 'n bergpoel, en daarna moetLeer más
Dag 6 - Kruisrivier

Ons oornag by Red Stone Hills-gasteplaas, ontmoet vir David Kramer, ontdek 'n tassie vol stowwerige ou foto's, koop hoede by Phyllis Midlane (en gesels fotografie met haar man, Roger Young) en daarnaLeer más
Dag 7 - Matjiesrivier

Vandag is rusdag (en wasgoeddag), en ons ontspan by Swartberg Country Manor.
Dag 8 - Swartbergpas

By Kobus se Gat lag ons dik stukke, en ry daar weg met homp roosterkoek en wig wortelkoek. Dis bewolk, en wanneer ons bo-op die Swartbergpas kom, stuifreën dit en soek ons warm goed. Dan draai onsLeer más
Dag 9 - Gamkaskloof

Hier is die mense en stories verweef, en tussen tannie Annetjie en oom Bennie Joubert, hul seun Pieter en skoondogter Marinette (plus twee slim kinders, Beon en Mia), gesels ons ou stories en ver, vanLeer más
Dag 10 - Prins Albert

Buite die dorp dié kant toe, en daai kant toe, van Weltevrede-vyeplaas na Blaauwkrantz-bokplaas. Die mense wat hier lewens uitkap, of dit nou in die boorde of skaapkrale is, verryk ons met hulLeer más
Dag 11 - Rietbron

Rietbron is 'n planmaakplek, waar die ou Poskantoor die Koskantoor ('n winkeltjie waar jy appelkooslekkers kan koop en vir Cheeky die brakkie kan ontmoet) word, en die ou aanklagkantoor en hofsaalLeer más
Dag 12 - Baviaanskloof

Ons ry van Rietbron na Willowmore, stuur daarvandaan Baviaanskloof toe, en slaap in 'n grotkamer by Makkedaat-grotte, waar tannie Henriette en oom Boetie Terblanché die gasvryheid uitdeel soos reën.Leer más
Dag 13 - Steytlerville

Op 'n Saterdagaand in Steytlerville, by die Karroo Theatrical Hotel, vaar jy 'n ander wêreld binne. Mark en Jacques se show begin effens later as gewoonlik (danksy 'n Eskom boggerop), maar hou al dieLeer más
Dag 14 - Steytlerville na Cradock

Sondag en langpad: 200 km grondpad van Steytlerville na Mount Stewart, dan iets vir die kies by Die Ark in Jansenville, noorsdorings verby na Pearston, op in die groen Swaershoek, af met die pasLeer más
Dag 15 - Cradock

Die Weg Agterpaaie-span kuier in Cradock, Toast Coetzer se tuisdorp. Skrywer Etienne van Heerden gesels Karoolandskap, Toast en Erns leer deurgetrapte drumpels waardeer. In die middedorp verkoopLeer más
Dag 16 - Cradock na Middelburg

Die Weg Agterpaaie-span ontmoet Karoo-joernaliste Chris Marais en Julienne du Toit in die Cradock-begraafplaas waar die stil stories van grafstene ontsluit word (slegte nuus: Harry Potter is oorle).Leer más
Dag 17 - Springfontein

Erns en Toast speel krieket by Prior Grange, suid van Springfontein waar Springfontein en Trompsburg mekaar takel in 'n 20-boulbeurtstryd. Die lopies vloei en die sesse reën neer tussen die miershopeLeer más
Dag 18 - Gelykfontein

Op Gelykfontein gesels ons Ngunibeeste en resiesperde (en reën, en reënboë) met oom Schalk van der Walt, terwyl sy dogter Marené later die aand ons trakteer op 'n vyfstermaaltyd by Morning GloryLeer más
Dag 19 - Colesberg-distrik

Dis tyd vir rustig raak en ernstig stoepsit by Antony en Margie Osler se plaas Poplar Grove, waar die katte om jou enkels krul en die skaaphonde gewillig gegooide stokke gaan haal. Dit reën byna 'nLeer más
Dag 20 - Graaff-Reinet

Vandag besoek ons die Camdeboo- nasionale park: rooikatte in die bossies, 'n geelslang wat wegseil, kuddes gemsbok, eland en huppelende springbok. Ons draai by Winterhoek, 'n gerestoureerde ouLeer más
Dag 21 - Doornberg, Nieu-Bethesda

Dis rusdag vir die Weg Agterpaaie-span, en ons vertoef by Doornberg-gasteplaas van Peet en Hanna van Heerden. Toast en Erns skryf intussen aan ander Weg-stories.
Dag 22 - Nieu-Bethesda

Van die Uilhuis se sementstandbeelde na Tant Evelyne se huisrestaurant waar ons onsself disnis eet. Dan opklim in die NG kerk se toring om te sien hoe Oom Lou die horlosie opwen, en daarna terugLeer más
Dag 23 - Wellwood, Nieu-Bethesda

Die Rubidge-familie van Nieu-Bethesda is sinoniem met twee dinge: skaars Karoofossiele (versamel deur familielede oor dekades heen) en spogmerinos (gesog by kopers regoor die land). Die plaasopstal byLeer más
Dag 24 - Murraysburg

Weg Agterpaaie is in Murraysburg en loer in by Hein en Erika Grebe om te kyk hoe hulle as 'n jong gesin die pot aan die kook hou in die platteland. Die middag ry ons deur 'n donderbui na BadsfonteinLeer más
Veilig reis. Kan nie wag vir volgende reeks nie.