Hier gaan ons weer!
15 Januari 2017, Afrika Selatan ⋅ ⛅ 23 °C
Weg se Toast Coetzer en Erns Grundling is weer op pad met 'n nuwe Weg Agterpaaie TV-reeks. Hierdie slag ry hulle die ganse Karoo plat. Kyk uit vir die Weg Agterpaaie Toyota Hilux - dalk draai hulle inBaca selengkapnya
Dag 1 - Montagu
16 Januari 2017, Afrika Selatan ⋅ ☀️ 24 °C
Ons kuier by Kogman & Keisie-gasteplaas aan die rand van Montagu, die poort tot die Klein-Karoo. Petrus en Liana Jansen boer hier organies met als van olywe en granate tot erfsaad-tamaties en anderBaca selengkapnya
Dag 2 - Anysberg
17 Januari 2017, Afrika Selatan ⋅ ☀️ 21 °C
By Anysberg kry ons die aand koud, en braai ons wors en skilpadjies uit Krause se slaguis in Montagu. Die oggend ry Toast en Erns perd, terwyl die kameramanne Nic en Chris bloed sweet en klippe kou inBaca selengkapnya
Dag 3 - Matjiesfontein en Laingsburg
18 Januari 2017, Afrika Selatan ⋅ ☀️ 40 °C
Die Weg Agterpaaie-span ry so klein entjie N1 tot by Matjiesfontein se Lord Milner-hotel. Erns en Toast drink 'n vinnige jenewertjie terwyl Jonny Theunissen klavier speel en die son buite sak, oorBaca selengkapnya
Dag 4 - Gamkapoortdam
19 Januari 2017, Afrika Selatan ⋅ ⛅ 29 °C
Bosluiskloofpas af, en die landskap val af in die klipperige voue waar die Dwyka en Gamka opgedam staan in die Gamkapoortdam. Dit brand in die Swartberg, die wind storm uit die kloof en ruk en plukBaca selengkapnya
Dag 5 - Ladismith
20 Januari 2017, Afrika Selatan ⋅ 🌙 16 °C
Erns dra 'n volstruisveer in sy hoed, Lunga sit die kuikens op hok, Divan lewer 'n nuwe kamera af vir die Weg Agterpaaie-span, Ronnie wys ons sy tattoo, ons stap na 'n bergpoel, en daarna moetBaca selengkapnya
Dag 6 - Kruisrivier
21 Januari 2017, Afrika Selatan ⋅ ☀️ 35 °C
Ons oornag by Red Stone Hills-gasteplaas, ontmoet vir David Kramer, ontdek 'n tassie vol stowwerige ou foto's, koop hoede by Phyllis Midlane (en gesels fotografie met haar man, Roger Young) en daarnaBaca selengkapnya
Dag 7 - Matjiesrivier
22 Januari 2017, Afrika Selatan ⋅ ☀️ 40 °C
Vandag is rusdag (en wasgoeddag), en ons ontspan by Swartberg Country Manor.
Dag 8 - Swartbergpas
23 Januari 2017, Afrika Selatan ⋅ ☀️ 29 °C
By Kobus se Gat lag ons dik stukke, en ry daar weg met homp roosterkoek en wig wortelkoek. Dis bewolk, en wanneer ons bo-op die Swartbergpas kom, stuifreën dit en soek ons warm goed. Dan draai onsBaca selengkapnya
Dag 9 - Gamkaskloof
24 Januari 2017, Afrika Selatan ⋅ ☀️ 29 °C
Hier is die mense en stories verweef, en tussen tannie Annetjie en oom Bennie Joubert, hul seun Pieter en skoondogter Marinette (plus twee slim kinders, Beon en Mia), gesels ons ou stories en ver, vanBaca selengkapnya
Dag 10 - Prins Albert
25 Januari 2017, Afrika Selatan ⋅ ☀️ 25 °C
Buite die dorp dié kant toe, en daai kant toe, van Weltevrede-vyeplaas na Blaauwkrantz-bokplaas. Die mense wat hier lewens uitkap, of dit nou in die boorde of skaapkrale is, verryk ons met hulBaca selengkapnya
Dag 11 - Rietbron
26 Januari 2017, Afrika Selatan ⋅ ☀️ 13 °C
Rietbron is 'n planmaakplek, waar die ou Poskantoor die Koskantoor ('n winkeltjie waar jy appelkooslekkers kan koop en vir Cheeky die brakkie kan ontmoet) word, en die ou aanklagkantoor en hofsaalBaca selengkapnya
Dag 12 - Baviaanskloof
27 Januari 2017, Afrika Selatan ⋅ ☀️ 21 °C
Ons ry van Rietbron na Willowmore, stuur daarvandaan Baviaanskloof toe, en slaap in 'n grotkamer by Makkedaat-grotte, waar tannie Henriette en oom Boetie Terblanché die gasvryheid uitdeel soos reën.Baca selengkapnya
Dag 13 - Steytlerville
28 Januari 2017, Afrika Selatan ⋅ 🌙 11 °C
Op 'n Saterdagaand in Steytlerville, by die Karroo Theatrical Hotel, vaar jy 'n ander wêreld binne. Mark en Jacques se show begin effens later as gewoonlik (danksy 'n Eskom boggerop), maar hou al dieBaca selengkapnya
Dag 14 - Steytlerville na Cradock
29 Januari 2017, Afrika Selatan ⋅ ⛅ 4 °C
Sondag en langpad: 200 km grondpad van Steytlerville na Mount Stewart, dan iets vir die kies by Die Ark in Jansenville, noorsdorings verby na Pearston, op in die groen Swaershoek, af met die pasBaca selengkapnya
Dag 15 - Cradock
30 Januari 2017, Afrika Selatan ⋅ 🌙 16 °C
Die Weg Agterpaaie-span kuier in Cradock, Toast Coetzer se tuisdorp. Skrywer Etienne van Heerden gesels Karoolandskap, Toast en Erns leer deurgetrapte drumpels waardeer. In die middedorp verkoopBaca selengkapnya
Dag 16 - Cradock na Middelburg
31 Januari 2017, Afrika Selatan ⋅ ☀️ 22 °C
Die Weg Agterpaaie-span ontmoet Karoo-joernaliste Chris Marais en Julienne du Toit in die Cradock-begraafplaas waar die stil stories van grafstene ontsluit word (slegte nuus: Harry Potter is oorle).Baca selengkapnya
Dag 17 - Springfontein
1 Februari 2017, Afrika Selatan ⋅ ☀️ 15 °C
Erns en Toast speel krieket by Prior Grange, suid van Springfontein waar Springfontein en Trompsburg mekaar takel in 'n 20-boulbeurtstryd. Die lopies vloei en die sesse reën neer tussen die miershopeBaca selengkapnya
Dag 18 - Gelykfontein
2 Februari 2017, Afrika Selatan ⋅ ☀️ 21 °C
Op Gelykfontein gesels ons Ngunibeeste en resiesperde (en reën, en reënboë) met oom Schalk van der Walt, terwyl sy dogter Marené later die aand ons trakteer op 'n vyfstermaaltyd by Morning GloryBaca selengkapnya
Dag 19 - Colesberg-distrik
3 Februari 2017, Afrika Selatan ⋅ ☀️ 21 °C
Dis tyd vir rustig raak en ernstig stoepsit by Antony en Margie Osler se plaas Poplar Grove, waar die katte om jou enkels krul en die skaaphonde gewillig gegooide stokke gaan haal. Dit reën byna 'nBaca selengkapnya
Dag 20 - Graaff-Reinet
4 Februari 2017, Afrika Selatan ⋅ 🌧 17 °C
Vandag besoek ons die Camdeboo- nasionale park: rooikatte in die bossies, 'n geelslang wat wegseil, kuddes gemsbok, eland en huppelende springbok. Ons draai by Winterhoek, 'n gerestoureerde ouBaca selengkapnya
Dag 21 - Doornberg, Nieu-Bethesda
5 Februari 2017, Afrika Selatan ⋅ ⛅ 14 °C
Dis rusdag vir die Weg Agterpaaie-span, en ons vertoef by Doornberg-gasteplaas van Peet en Hanna van Heerden. Toast en Erns skryf intussen aan ander Weg-stories.
Dag 22 - Nieu-Bethesda
6 Februari 2017, Afrika Selatan ⋅ 🌙 4 °C
Van die Uilhuis se sementstandbeelde na Tant Evelyne se huisrestaurant waar ons onsself disnis eet. Dan opklim in die NG kerk se toring om te sien hoe Oom Lou die horlosie opwen, en daarna terugBaca selengkapnya
Dag 23 - Wellwood, Nieu-Bethesda
7 Februari 2017, Afrika Selatan ⋅ ☀️ 26 °C
Die Rubidge-familie van Nieu-Bethesda is sinoniem met twee dinge: skaars Karoofossiele (versamel deur familielede oor dekades heen) en spogmerinos (gesog by kopers regoor die land). Die plaasopstal byBaca selengkapnya
Dag 24 - Murraysburg
8 Februari 2017, Afrika Selatan ⋅ ❄️ -1 °C
Weg Agterpaaie is in Murraysburg en loer in by Hein en Erika Grebe om te kyk hoe hulle as 'n jong gesin die pot aan die kook hou in die platteland. Die middag ry ons deur 'n donderbui na BadsfonteinBaca selengkapnya























































































































































Veilig reis. Kan nie wag vir volgende reeks nie.