Hier gaan ons weer!
2017年1月15日, 南アフリカ ⋅ ⛅ 23 °C
Weg se Toast Coetzer en Erns Grundling is weer op pad met 'n nuwe Weg Agterpaaie TV-reeks. Hierdie slag ry hulle die ganse Karoo plat. Kyk uit vir die Weg Agterpaaie Toyota Hilux - dalk draai hulle inもっと詳しく
Dag 1 - Montagu
2017年1月16日, 南アフリカ ⋅ ☀️ 24 °C
Ons kuier by Kogman & Keisie-gasteplaas aan die rand van Montagu, die poort tot die Klein-Karoo. Petrus en Liana Jansen boer hier organies met als van olywe en granate tot erfsaad-tamaties en anderもっと詳しく
Dag 2 - Anysberg
2017年1月17日, 南アフリカ ⋅ ☀️ 21 °C
By Anysberg kry ons die aand koud, en braai ons wors en skilpadjies uit Krause se slaguis in Montagu. Die oggend ry Toast en Erns perd, terwyl die kameramanne Nic en Chris bloed sweet en klippe kou inもっと詳しく
Dag 3 - Matjiesfontein en Laingsburg
2017年1月18日, 南アフリカ ⋅ ☀️ 40 °C
Die Weg Agterpaaie-span ry so klein entjie N1 tot by Matjiesfontein se Lord Milner-hotel. Erns en Toast drink 'n vinnige jenewertjie terwyl Jonny Theunissen klavier speel en die son buite sak, oorもっと詳しく
Dag 4 - Gamkapoortdam
2017年1月19日, 南アフリカ ⋅ ⛅ 29 °C
Bosluiskloofpas af, en die landskap val af in die klipperige voue waar die Dwyka en Gamka opgedam staan in die Gamkapoortdam. Dit brand in die Swartberg, die wind storm uit die kloof en ruk en plukもっと詳しく
Dag 5 - Ladismith
2017年1月20日, 南アフリカ ⋅ 🌙 16 °C
Erns dra 'n volstruisveer in sy hoed, Lunga sit die kuikens op hok, Divan lewer 'n nuwe kamera af vir die Weg Agterpaaie-span, Ronnie wys ons sy tattoo, ons stap na 'n bergpoel, en daarna moetもっと詳しく
Dag 6 - Kruisrivier
2017年1月21日, 南アフリカ ⋅ ☀️ 35 °C
Ons oornag by Red Stone Hills-gasteplaas, ontmoet vir David Kramer, ontdek 'n tassie vol stowwerige ou foto's, koop hoede by Phyllis Midlane (en gesels fotografie met haar man, Roger Young) en daarnaもっと詳しく
Dag 7 - Matjiesrivier
2017年1月22日, 南アフリカ ⋅ ☀️ 40 °C
Vandag is rusdag (en wasgoeddag), en ons ontspan by Swartberg Country Manor.
Dag 8 - Swartbergpas
2017年1月23日, 南アフリカ ⋅ ☀️ 29 °C
By Kobus se Gat lag ons dik stukke, en ry daar weg met homp roosterkoek en wig wortelkoek. Dis bewolk, en wanneer ons bo-op die Swartbergpas kom, stuifreën dit en soek ons warm goed. Dan draai onsもっと詳しく
Dag 9 - Gamkaskloof
2017年1月24日, 南アフリカ ⋅ ☀️ 29 °C
Hier is die mense en stories verweef, en tussen tannie Annetjie en oom Bennie Joubert, hul seun Pieter en skoondogter Marinette (plus twee slim kinders, Beon en Mia), gesels ons ou stories en ver, vanもっと詳しく
Dag 10 - Prins Albert
2017年1月25日, 南アフリカ ⋅ ☀️ 25 °C
Buite die dorp dié kant toe, en daai kant toe, van Weltevrede-vyeplaas na Blaauwkrantz-bokplaas. Die mense wat hier lewens uitkap, of dit nou in die boorde of skaapkrale is, verryk ons met hulもっと詳しく
Dag 11 - Rietbron
2017年1月26日, 南アフリカ ⋅ ☀️ 13 °C
Rietbron is 'n planmaakplek, waar die ou Poskantoor die Koskantoor ('n winkeltjie waar jy appelkooslekkers kan koop en vir Cheeky die brakkie kan ontmoet) word, en die ou aanklagkantoor en hofsaalもっと詳しく
Dag 12 - Baviaanskloof
2017年1月27日, 南アフリカ ⋅ ☀️ 21 °C
Ons ry van Rietbron na Willowmore, stuur daarvandaan Baviaanskloof toe, en slaap in 'n grotkamer by Makkedaat-grotte, waar tannie Henriette en oom Boetie Terblanché die gasvryheid uitdeel soos reën.もっと詳しく
Dag 13 - Steytlerville
2017年1月28日, 南アフリカ ⋅ 🌙 11 °C
Op 'n Saterdagaand in Steytlerville, by die Karroo Theatrical Hotel, vaar jy 'n ander wêreld binne. Mark en Jacques se show begin effens later as gewoonlik (danksy 'n Eskom boggerop), maar hou al dieもっと詳しく
Dag 14 - Steytlerville na Cradock
2017年1月29日, 南アフリカ ⋅ ⛅ 4 °C
Sondag en langpad: 200 km grondpad van Steytlerville na Mount Stewart, dan iets vir die kies by Die Ark in Jansenville, noorsdorings verby na Pearston, op in die groen Swaershoek, af met die pasもっと詳しく
Dag 15 - Cradock
2017年1月30日, 南アフリカ ⋅ 🌙 16 °C
Die Weg Agterpaaie-span kuier in Cradock, Toast Coetzer se tuisdorp. Skrywer Etienne van Heerden gesels Karoolandskap, Toast en Erns leer deurgetrapte drumpels waardeer. In die middedorp verkoopもっと詳しく
Dag 16 - Cradock na Middelburg
2017年1月31日, 南アフリカ ⋅ ☀️ 22 °C
Die Weg Agterpaaie-span ontmoet Karoo-joernaliste Chris Marais en Julienne du Toit in die Cradock-begraafplaas waar die stil stories van grafstene ontsluit word (slegte nuus: Harry Potter is oorle).もっと詳しく
Dag 17 - Springfontein
2017年2月1日, 南アフリカ ⋅ ☀️ 15 °C
Erns en Toast speel krieket by Prior Grange, suid van Springfontein waar Springfontein en Trompsburg mekaar takel in 'n 20-boulbeurtstryd. Die lopies vloei en die sesse reën neer tussen die miershopeもっと詳しく
Dag 18 - Gelykfontein
2017年2月2日, 南アフリカ ⋅ ☀️ 21 °C
Op Gelykfontein gesels ons Ngunibeeste en resiesperde (en reën, en reënboë) met oom Schalk van der Walt, terwyl sy dogter Marené later die aand ons trakteer op 'n vyfstermaaltyd by Morning Gloryもっと詳しく
Dag 19 - Colesberg-distrik
2017年2月3日, 南アフリカ ⋅ ☀️ 21 °C
Dis tyd vir rustig raak en ernstig stoepsit by Antony en Margie Osler se plaas Poplar Grove, waar die katte om jou enkels krul en die skaaphonde gewillig gegooide stokke gaan haal. Dit reën byna 'nもっと詳しく
Dag 20 - Graaff-Reinet
2017年2月4日, 南アフリカ ⋅ 🌧 17 °C
Vandag besoek ons die Camdeboo- nasionale park: rooikatte in die bossies, 'n geelslang wat wegseil, kuddes gemsbok, eland en huppelende springbok. Ons draai by Winterhoek, 'n gerestoureerde ouもっと詳しく
Dag 21 - Doornberg, Nieu-Bethesda
2017年2月5日, 南アフリカ ⋅ ⛅ 14 °C
Dis rusdag vir die Weg Agterpaaie-span, en ons vertoef by Doornberg-gasteplaas van Peet en Hanna van Heerden. Toast en Erns skryf intussen aan ander Weg-stories.
Dag 22 - Nieu-Bethesda
2017年2月6日, 南アフリカ ⋅ 🌙 4 °C
Van die Uilhuis se sementstandbeelde na Tant Evelyne se huisrestaurant waar ons onsself disnis eet. Dan opklim in die NG kerk se toring om te sien hoe Oom Lou die horlosie opwen, en daarna terugもっと詳しく
Dag 23 - Wellwood, Nieu-Bethesda
2017年2月7日, 南アフリカ ⋅ ☀️ 26 °C
Die Rubidge-familie van Nieu-Bethesda is sinoniem met twee dinge: skaars Karoofossiele (versamel deur familielede oor dekades heen) en spogmerinos (gesog by kopers regoor die land). Die plaasopstal byもっと詳しく
Dag 24 - Murraysburg
2017年2月8日, 南アフリカ ⋅ ❄️ -1 °C
Weg Agterpaaie is in Murraysburg en loer in by Hein en Erika Grebe om te kyk hoe hulle as 'n jong gesin die pot aan die kook hou in die platteland. Die middag ry ons deur 'n donderbui na Badsfonteinもっと詳しく























































































































































Veilig reis. Kan nie wag vir volgende reeks nie.