• WegTydskrif
  • WegTydskrif

Weg Agterpaaie Karoo

Et 43-dagers eventyr av WegTydskrif Les mer
  • Reisens start
    15. januar 2017
  • Dag 1 - Montagu

    16. januar 2017, Sør-Afrika ⋅ ☀️ 24 °C

    Ons kuier by Kogman & Keisie-gasteplaas aan die rand van Montagu, die poort tot die Klein-Karoo. Petrus en Liana Jansen boer hier organies met als van olywe en granate tot erfsaad-tamaties en ander groente, terwyl hulle hoenders en handvol skape (en hul seuntjie Anno) hulle ook besig hou.Les mer

  • Dag 2 - Anysberg

    17. januar 2017, Sør-Afrika ⋅ ☀️ 21 °C

    By Anysberg kry ons die aand koud, en braai ons wors en skilpadjies uit Krause se slaguis in Montagu. Die oggend ry Toast en Erns perd, terwyl die kameramanne Nic en Chris bloed sweet en klippe kou in die snikhete Klein-Karooson. Ons leer dat jy in dié wêreld op jou knieë moet gaan om dit ordentlik te waardeer.Les mer

  • Dag 3 - Matjiesfontein en Laingsburg

    18. januar 2017, Sør-Afrika ⋅ ☀️ 40 °C

    Die Weg Agterpaaie-span ry so klein entjie N1 tot by Matjiesfontein se Lord Milner-hotel. Erns en Toast drink 'n vinnige jenewertjie terwyl Jonny Theunissen klavier speel en die son buite sak, oor treinspoor, koppie en Karoobos. Vroegdag wys hoofkelner Gert Willemse ons sy resiesduiwe, en dan wiks ons deur Laingsburg toe vir roosterkoek by tannie Poppie van As en gemmerbier by Cecilia van der Merwe.Les mer

  • Dag 4 - Gamkapoortdam

    19. januar 2017, Sør-Afrika ⋅ ⛅ 29 °C

    Bosluiskloofpas af, en die landskap val af in die klipperige voue waar die Dwyka en Gamka opgedam staan in die Gamkapoortdam. Dit brand in die Swartberg, die wind storm uit die kloof en ruk en pluk die Weg-span rond op die dorre bodem van die dam. Fox Ledeboer, Eerste Minister van die Republiek van Gamkapoortdam, lag. Dit is droog, maar die skilpaaie is reeds besig om na hoërliggende dele te beweeg. Fox weet die groot reëns kom.Les mer

  • Dag 5 - Ladismith

    20. januar 2017, Sør-Afrika ⋅ 🌙 16 °C

    Erns dra 'n volstruisveer in sy hoed, Lunga sit die kuikens op hok, Divan lewer 'n nuwe kamera af vir die Weg Agterpaaie-span, Ronnie wys ons sy tattoo, ons stap na 'n bergpoel, en daarna moet François terugry Kaap toe.Les mer

  • Dag 9 - Gamkaskloof

    24. januar 2017, Sør-Afrika ⋅ ☀️ 29 °C

    Hier is die mense en stories verweef, en tussen tannie Annetjie en oom Bennie Joubert, hul seun Pieter en skoondogter Marinette (plus twee slim kinders, Beon en Mia), gesels ons ou stories en ver, van uitstap dorp toe, donkies, vloed, padbou - en turksvypluk. Tusse deur torring Koejawel die hond gedurig met Oinkie die vark.Les mer

  • Dag 11 - Rietbron

    26. januar 2017, Sør-Afrika ⋅ ☀️ 13 °C

    Rietbron is 'n planmaakplek, waar die ou Poskantoor die Koskantoor ('n winkeltjie waar jy appelkooslekkers kan koop en vir Cheeky die brakkie kan ontmoet) word, en die ou aanklagkantoor en hofsaal Dalene Dorfling se Karoohof-gastehuis word. By die laerskool staan kinders se draadkarre geparkeer op die speelgrond.Les mer

  • Dag 12 - Baviaanskloof

    27. januar 2017, Sør-Afrika ⋅ ☀️ 21 °C

    Ons ry van Rietbron na Willowmore, stuur daarvandaan Baviaanskloof toe, en slaap in 'n grotkamer by Makkedaat-grotte, waar tannie Henriette en oom Boetie Terblanché die gasvryheid uitdeel soos reën. Peres Maganie stap ons Grootkloof in, waar ons Boesmantekeninge kyk, en pad-af lei Skollie die hond (en Quintis Bezuidenhout) ons na die noue wonderwerk van Waterkloof, vol wildevyeboom, varing, vlier en varkoor.Les mer

  • Dag 13 - Steytlerville

    28. januar 2017, Sør-Afrika ⋅ 🌙 11 °C

    Op 'n Saterdagaand in Steytlerville, by die Karroo Theatrical Hotel, vaar jy 'n ander wêreld binne. Mark en Jacques se show begin effens later as gewoonlik (danksy 'n Eskom boggerop), maar hou al die (gemaskerde) gaste in hul stoele tot die laaste nommertjie van die verhoog weergalm. By die Karroo Theatrical Hotel word drome bewaarheid, en kry jy dalk selfs 'n lift in 'n limo...Les mer

  • Dag 15 - Cradock

    30. januar 2017, Sør-Afrika ⋅ 🌙 16 °C

    Die Weg Agterpaaie-span kuier in Cradock, Toast Coetzer se tuisdorp. Skrywer Etienne van Heerden gesels Karoolandskap, Toast en Erns leer deurgetrapte drumpels waardeer. In die middedorp verkoop Joseph Minnaar en Zebulon Kettledas (oftewel, Sak en As) kruie al die pad van Humansdorp, terwyl Patrick Donkor van Ghana Erns se vellies regmaak. Die gasvryheid van Lisa Antrobus-Ker en haar ma, Sandra, by die Tuishuise en Victoria Manor, boul ons skoon uit, oor en oor. (Kliek op die foto om nog te sien, of kliek op die sirkel gemerk: "Full Trip" om die hele reis tot dusver te sien.)Les mer

  • Dag 16 - Cradock na Middelburg

    31. januar 2017, Sør-Afrika ⋅ ☀️ 22 °C

    Die Weg Agterpaaie-span ontmoet Karoo-joernaliste Chris Marais en Julienne du Toit in die Cradock-begraafplaas waar die stil stories van grafstene ontsluit word (slegte nuus: Harry Potter is oorle). Dan draai die Hilux noord, al teen die Grootvisrivier op en later die Grootbrakrivier na Karoo River Rafting, waar Toast en Erns nat word, maar danksy gids James Jordaan darem die witwater oorleef. (Roeifoto's met vergunning van Karoo River Rafting.)Les mer

  • Dag 20 - Graaff-Reinet

    4. februar 2017, Sør-Afrika ⋅ 🌧 17 °C

    Vandag besoek ons die Camdeboo- nasionale park: rooikatte in die bossies, 'n geelslang wat wegseil, kuddes gemsbok, eland en huppelende springbok. Ons draai by Winterhoek, 'n gerestoureerde ou plaashuis wat binnekort oop is vir besprekings (die uitsig is iets anders) en eindig die dag by die Vallei van Verlatenheid in die heilige teenwoordigheid van spreeugesang en reënbuie wat trek oor die wye vlaktes. Camdeboo Cottages in die dorp is waar die Weg Agterpaaie-span hul koppe rus vanaand.Les mer

  • Dag 23 - Wellwood, Nieu-Bethesda

    7. februar 2017, Sør-Afrika ⋅ ☀️ 26 °C

    Die Rubidge-familie van Nieu-Bethesda is sinoniem met twee dinge: skaars Karoofossiele (versamel deur familielede oor dekades heen) en spogmerinos (gesog by kopers regoor die land). Die plaasopstal by Wellwood is ook iets om te sien, omring deur 'n enorme tuin en grasperk, ou bome en historiese buitegeboue soos 'n skeerhuis wat al vir 'n eeu of wat in diens is. Die weer bou op, en wanneer die eerste druppels val, groet ons en kies in die vroegaand koers na Murraysburg.Les mer

  • Dag 24 - Murraysburg

    8. februar 2017, Sør-Afrika ⋅ ❄️ -1 °C

    Weg Agterpaaie is in Murraysburg en loer in by Hein en Erika Grebe om te kyk hoe hulle as 'n jong gesin die pot aan die kook hou in die platteland. Die middag ry ons deur 'n donderbui na Badsfontein (waar ons ook oornag) waar Erika vir Toast en Erns onder hande neem in die kombuis. Hulle rol deeg uit en leer (moet hulle net nie vra om dit weer te maak nie) hoe om 'n Morokkaanse dis voor te berei. Ons gashere Susanna en Izak van der Merwe sorg vir 'n feesmaal onder die prieël. Cheers!Les mer