FindPenguins
  • Домой
  • Исследовать
    • Скачать программу
    • Регистрация
    • Войти
    • Скачать программу
    • Войти
    • Домой
    • Напечатать альбом
    • Создать видео облёта
    • Исследовать
    • Поддержка
    • Следите за нами
  • Регистрация
Очистить поиск
Weg Agterpaaie Karoo
  • WegTydskrif
  • WegTydskrif

Weg Agterpaaie Karoo

43-дневное приключение от WegTydskrif Читать далее
ПодписатьсяОбзорОбзорКалендарьКалендарьФотографииФотографииПоделитьсяПоделитьсяКорзина
Сначала новые
  • Начало поездки
    15 января 2017 г.
    WegTydskrifWeg Agterpaaie KarooWegTydskrif

    Hier gaan ons weer!

    15 января 2017 г., Южная Африка ⋅ ⛅ 23 °C

    Weg se Toast Coetzer en Erns Grundling is weer op pad met 'n nuwe Weg Agterpaaie TV-reeks. Hierdie slag ry hulle die ganse Karoo plat. Kyk uit vir die Weg Agterpaaie Toyota Hilux - dalk draai hulle in jou dorp ook!Читать далее

    Посмотреть перевод

    Veilig reis. Kan nie wag vir volgende reeks nie.

    15.01.2017Ответить
    0 лайков
     
  • WegTydskrifWeg Agterpaaie KarooWegTydskrif

    Dag 1 - Montagu

    16 января 2017 г., Южная Африка ⋅ ☀️ 24 °C

    Ons kuier by Kogman & Keisie-gasteplaas aan die rand van Montagu, die poort tot die Klein-Karoo. Petrus en Liana Jansen boer hier organies met als van olywe en granate tot erfsaad-tamaties en ander groente, terwyl hulle hoenders en handvol skape (en hul seuntjie Anno) hulle ook besig hou.Читать далее

    Посмотреть перевод
    0 лайков
     
  • WegTydskrifWeg Agterpaaie KarooWegTydskrif

    Dag 2 - Anysberg

    17 января 2017 г., Южная Африка ⋅ ☀️ 21 °C

    By Anysberg kry ons die aand koud, en braai ons wors en skilpadjies uit Krause se slaguis in Montagu. Die oggend ry Toast en Erns perd, terwyl die kameramanne Nic en Chris bloed sweet en klippe kou in die snikhete Klein-Karooson. Ons leer dat jy in dié wêreld op jou knieë moet gaan om dit ordentlik te waardeer.Читать далее

    Посмотреть перевод
    0 лайков
     
  • WegTydskrifWeg Agterpaaie KarooWegTydskrif

    Dag 3 - Matjiesfontein en Laingsburg

    18 января 2017 г., Южная Африка ⋅ ☀️ 40 °C

    Die Weg Agterpaaie-span ry so klein entjie N1 tot by Matjiesfontein se Lord Milner-hotel. Erns en Toast drink 'n vinnige jenewertjie terwyl Jonny Theunissen klavier speel en die son buite sak, oor treinspoor, koppie en Karoobos. Vroegdag wys hoofkelner Gert Willemse ons sy resiesduiwe, en dan wiks ons deur Laingsburg toe vir roosterkoek by tannie Poppie van As en gemmerbier by Cecilia van der Merwe.Читать далее

    Посмотреть перевод
    1 лайк
     
  • WegTydskrifWeg Agterpaaie KarooWegTydskrif

    Dag 4 - Gamkapoortdam

    19 января 2017 г., Южная Африка ⋅ ⛅ 29 °C

    Bosluiskloofpas af, en die landskap val af in die klipperige voue waar die Dwyka en Gamka opgedam staan in die Gamkapoortdam. Dit brand in die Swartberg, die wind storm uit die kloof en ruk en pluk die Weg-span rond op die dorre bodem van die dam. Fox Ledeboer, Eerste Minister van die Republiek van Gamkapoortdam, lag. Dit is droog, maar die skilpaaie is reeds besig om na hoërliggende dele te beweeg. Fox weet die groot reëns kom.Читать далее

    Посмотреть перевод
    0 лайков
     
  • WegTydskrifWeg Agterpaaie KarooWegTydskrif

    Dag 5 - Ladismith

    20 января 2017 г., Южная Африка ⋅ 🌙 16 °C

    Erns dra 'n volstruisveer in sy hoed, Lunga sit die kuikens op hok, Divan lewer 'n nuwe kamera af vir die Weg Agterpaaie-span, Ronnie wys ons sy tattoo, ons stap na 'n bergpoel, en daarna moet François terugry Kaap toe.Читать далее

    Посмотреть перевод

    Ken julle die legende van Dirk Ligter? Hy het so 'n volstruisveer in sy hoed gedra.....

    06.02.2017Ответить
    0 лайков
     
  • WegTydskrifWeg Agterpaaie KarooWegTydskrif

    Dag 6 - Kruisrivier

    21 января 2017 г., Южная Африка ⋅ ☀️ 35 °C

    Ons oornag by Red Stone Hills-gasteplaas, ontmoet vir David Kramer, ontdek 'n tassie vol stowwerige ou foto's, koop hoede by Phyllis Midlane (en gesels fotografie met haar man, Roger Young) en daarna haak dinge uit...Читать далее

    Посмотреть перевод
    1 лайк
     
  • WegTydskrifWeg Agterpaaie KarooWegTydskrif

    Dag 7 - Matjiesrivier

    22 января 2017 г., Южная Африка ⋅ ☀️ 40 °C

    Vandag is rusdag (en wasgoeddag), en ons ontspan by Swartberg Country Manor.

    Посмотреть перевод
    0 лайков
     
  • WegTydskrifWeg Agterpaaie KarooWegTydskrif

    Dag 8 - Swartbergpas

    23 января 2017 г., Южная Африка ⋅ ☀️ 29 °C

    By Kobus se Gat lag ons dik stukke, en ry daar weg met homp roosterkoek en wig wortelkoek. Dis bewolk, en wanneer ons bo-op die Swartbergpas kom, stuifreën dit en soek ons warm goed. Dan draai ons links, Gamkaskloof toe, verby klipspringer en suikerbos.Читать далее

    Посмотреть перевод
    0 лайков
     
  • WegTydskrifWeg Agterpaaie KarooWegTydskrif

    Dag 9 - Gamkaskloof

    24 января 2017 г., Южная Африка ⋅ ☀️ 29 °C

    Hier is die mense en stories verweef, en tussen tannie Annetjie en oom Bennie Joubert, hul seun Pieter en skoondogter Marinette (plus twee slim kinders, Beon en Mia), gesels ons ou stories en ver, van uitstap dorp toe, donkies, vloed, padbou - en turksvypluk. Tusse deur torring Koejawel die hond gedurig met Oinkie die vark.Читать далее

    Посмотреть перевод
    0 лайков
     
  • WegTydskrifWeg Agterpaaie KarooWegTydskrif

    Dag 10 - Prins Albert

    25 января 2017 г., Южная Африка ⋅ ☀️ 25 °C

    Buite die dorp dié kant toe, en daai kant toe, van Weltevrede-vyeplaas na Blaauwkrantz-bokplaas. Die mense wat hier lewens uitkap, of dit nou in die boorde of skaapkrale is, verryk ons met hul wyshede. Dankie aan die De Klerks en die Van Hasselts.Читать далее

    Посмотреть перевод
    0 лайков
     
  • WegTydskrifWeg Agterpaaie KarooWegTydskrif

    Dag 11 - Rietbron

    26 января 2017 г., Южная Африка ⋅ ☀️ 13 °C

    Rietbron is 'n planmaakplek, waar die ou Poskantoor die Koskantoor ('n winkeltjie waar jy appelkooslekkers kan koop en vir Cheeky die brakkie kan ontmoet) word, en die ou aanklagkantoor en hofsaal Dalene Dorfling se Karoohof-gastehuis word. By die laerskool staan kinders se draadkarre geparkeer op die speelgrond.Читать далее

    Посмотреть перевод
    0 лайков
     
  • WegTydskrifWeg Agterpaaie KarooWegTydskrif

    Dag 12 - Baviaanskloof

    27 января 2017 г., Южная Африка ⋅ ☀️ 21 °C

    Ons ry van Rietbron na Willowmore, stuur daarvandaan Baviaanskloof toe, en slaap in 'n grotkamer by Makkedaat-grotte, waar tannie Henriette en oom Boetie Terblanché die gasvryheid uitdeel soos reën. Peres Maganie stap ons Grootkloof in, waar ons Boesmantekeninge kyk, en pad-af lei Skollie die hond (en Quintis Bezuidenhout) ons na die noue wonderwerk van Waterkloof, vol wildevyeboom, varing, vlier en varkoor.Читать далее

    Посмотреть перевод
    0 лайков
     
  • WegTydskrifWeg Agterpaaie KarooWegTydskrif

    Dag 13 - Steytlerville

    28 января 2017 г., Южная Африка ⋅ 🌙 11 °C

    Op 'n Saterdagaand in Steytlerville, by die Karroo Theatrical Hotel, vaar jy 'n ander wêreld binne. Mark en Jacques se show begin effens later as gewoonlik (danksy 'n Eskom boggerop), maar hou al die (gemaskerde) gaste in hul stoele tot die laaste nommertjie van die verhoog weergalm. By die Karroo Theatrical Hotel word drome bewaarheid, en kry jy dalk selfs 'n lift in 'n limo...Читать далее

    Посмотреть перевод
    0 лайков
     
  • WegTydskrifWeg Agterpaaie KarooWegTydskrif

    Dag 14 - Steytlerville na Cradock

    29 января 2017 г., Южная Африка ⋅ ⛅ 4 °C

    Sondag en langpad: 200 km grondpad van Steytlerville na Mount Stewart, dan iets vir die kies by Die Ark in Jansenville, noorsdorings verby na Pearston, op in die groen Swaershoek, af met die pas Cradock toe.Читать далее

    Посмотреть перевод
    0 лайков
     
  • WegTydskrifWeg Agterpaaie KarooWegTydskrif

    Dag 15 - Cradock

    30 января 2017 г., Южная Африка ⋅ 🌙 16 °C

    Die Weg Agterpaaie-span kuier in Cradock, Toast Coetzer se tuisdorp. Skrywer Etienne van Heerden gesels Karoolandskap, Toast en Erns leer deurgetrapte drumpels waardeer. In die middedorp verkoop Joseph Minnaar en Zebulon Kettledas (oftewel, Sak en As) kruie al die pad van Humansdorp, terwyl Patrick Donkor van Ghana Erns se vellies regmaak. Die gasvryheid van Lisa Antrobus-Ker en haar ma, Sandra, by die Tuishuise en Victoria Manor, boul ons skoon uit, oor en oor. (Kliek op die foto om nog te sien, of kliek op die sirkel gemerk: "Full Trip" om die hele reis tot dusver te sien.)Читать далее

    Посмотреть перевод
    0 лайков
     
  • WegTydskrifWeg Agterpaaie KarooWegTydskrif

    Dag 16 - Cradock na Middelburg

    31 января 2017 г., Южная Африка ⋅ ☀️ 22 °C

    Die Weg Agterpaaie-span ontmoet Karoo-joernaliste Chris Marais en Julienne du Toit in die Cradock-begraafplaas waar die stil stories van grafstene ontsluit word (slegte nuus: Harry Potter is oorle). Dan draai die Hilux noord, al teen die Grootvisrivier op en later die Grootbrakrivier na Karoo River Rafting, waar Toast en Erns nat word, maar danksy gids James Jordaan darem die witwater oorleef. (Roeifoto's met vergunning van Karoo River Rafting.)Читать далее

    Посмотреть перевод
    0 лайков
     
  • WegTydskrifWeg Agterpaaie KarooWegTydskrif

    Dag 17 - Springfontein

    1 февраля 2017 г., Южная Африка ⋅ ☀️ 15 °C

    Erns en Toast speel krieket by Prior Grange, suid van Springfontein waar Springfontein en Trompsburg mekaar takel in 'n 20-boulbeurtstryd. Die lopies vloei en die sesse reën neer tussen die miershope en Karoobossies, daarna is dit tyd vir daai skapie op die spit...Читать далее

    Посмотреть перевод
    0 лайков
     
  • WegTydskrifWeg Agterpaaie KarooWegTydskrif

    Dag 18 - Gelykfontein

    2 февраля 2017 г., Южная Африка ⋅ ☀️ 21 °C

    Op Gelykfontein gesels ons Ngunibeeste en resiesperde (en reën, en reënboë) met oom Schalk van der Walt, terwyl sy dogter Marené later die aand ons trakteer op 'n vyfstermaaltyd by Morning Glory Cottages naby Venterstad.Читать далее

    Посмотреть перевод
    0 лайков
     
  • WegTydskrifWeg Agterpaaie KarooWegTydskrif

    Dag 19 - Colesberg-distrik

    3 февраля 2017 г., Южная Африка ⋅ ☀️ 21 °C

    Dis tyd vir rustig raak en ernstig stoepsit by Antony en Margie Osler se plaas Poplar Grove, waar die katte om jou enkels krul en die skaaphonde gewillig gegooide stokke gaan haal. Dit reën byna 'n duim, die gifbolle blom flambojant en die veld is groen einders toe. Dankie, dankie, dankie.Читать далее

    Посмотреть перевод
    0 лайков
     
  • WegTydskrifWeg Agterpaaie KarooWegTydskrif

    Dag 20 - Graaff-Reinet

    4 февраля 2017 г., Южная Африка ⋅ 🌧 17 °C

    Vandag besoek ons die Camdeboo- nasionale park: rooikatte in die bossies, 'n geelslang wat wegseil, kuddes gemsbok, eland en huppelende springbok. Ons draai by Winterhoek, 'n gerestoureerde ou plaashuis wat binnekort oop is vir besprekings (die uitsig is iets anders) en eindig die dag by die Vallei van Verlatenheid in die heilige teenwoordigheid van spreeugesang en reënbuie wat trek oor die wye vlaktes. Camdeboo Cottages in die dorp is waar die Weg Agterpaaie-span hul koppe rus vanaand.Читать далее

    Посмотреть перевод
    0 лайков
     
  • WegTydskrifWeg Agterpaaie KarooWegTydskrif

    Dag 21 - Doornberg, Nieu-Bethesda

    5 февраля 2017 г., Южная Африка ⋅ ⛅ 14 °C

    Dis rusdag vir die Weg Agterpaaie-span, en ons vertoef by Doornberg-gasteplaas van Peet en Hanna van Heerden. Toast en Erns skryf intussen aan ander Weg-stories.

    Посмотреть перевод
    0 лайков
     
  • WegTydskrifWeg Agterpaaie KarooWegTydskrif

    Dag 22 - Nieu-Bethesda

    6 февраля 2017 г., Южная Африка ⋅ 🌙 4 °C

    Van die Uilhuis se sementstandbeelde na Tant Evelyne se huisrestaurant waar ons onsself disnis eet. Dan opklim in die NG kerk se toring om te sien hoe Oom Lou die horlosie opwen, en daarna terug Doornberg toe vir 'n sonsondergang-uitsig oor Kompasberg (én 'n reënboog).Читать далее

    Посмотреть перевод
    0 лайков
     
  • WegTydskrifWeg Agterpaaie KarooWegTydskrif

    Dag 23 - Wellwood, Nieu-Bethesda

    7 февраля 2017 г., Южная Африка ⋅ ☀️ 26 °C

    Die Rubidge-familie van Nieu-Bethesda is sinoniem met twee dinge: skaars Karoofossiele (versamel deur familielede oor dekades heen) en spogmerinos (gesog by kopers regoor die land). Die plaasopstal by Wellwood is ook iets om te sien, omring deur 'n enorme tuin en grasperk, ou bome en historiese buitegeboue soos 'n skeerhuis wat al vir 'n eeu of wat in diens is. Die weer bou op, en wanneer die eerste druppels val, groet ons en kies in die vroegaand koers na Murraysburg.Читать далее

    Посмотреть перевод
    0 лайков
     
  • WegTydskrifWeg Agterpaaie KarooWegTydskrif

    Dag 24 - Murraysburg

    8 февраля 2017 г., Южная Африка ⋅ ❄️ -1 °C

    Weg Agterpaaie is in Murraysburg en loer in by Hein en Erika Grebe om te kyk hoe hulle as 'n jong gesin die pot aan die kook hou in die platteland. Die middag ry ons deur 'n donderbui na Badsfontein (waar ons ook oornag) waar Erika vir Toast en Erns onder hande neem in die kombuis. Hulle rol deeg uit en leer (moet hulle net nie vra om dit weer te maak nie) hoe om 'n Morokkaanse dis voor te berei. Ons gashere Susanna en Izak van der Merwe sorg vir 'n feesmaal onder die prieël. Cheers!Читать далее

    Посмотреть перевод
    0 лайков
     
Загрузить еще
  • 2025© FindPenguins
  • Домой
  • О нас
  • Групповой трекинг
  • Пресса
  • Правила
  • Конфиденциальность & Cookies
  • Центр помощи
  • Отпечаток
  • Следите за нами