Ngorongoro-krater
October 23, 2016 in Tanzania ⋅ ☁️ 12 °C
Dit kos 'n fortuin om hier in te gaan, maar wat 'n plek! Ngorongoro doen sy reputasie as diereparadys gestand: ons sien leeus met welpies wat 'n buffel vreet, derduisende sebras en wildebeeste op dieRead more
Serengeti - Dag 1
October 24, 2016 in Tanzania ⋅ ☁️ 8 °C
Vandag ry ons sinkplaatpad van Ngorongoro-krater na Serengeti, waar ons (nog voor ons tent staan) 26 leeus en 4 jagluiperds sien. Iewers op pad eet Alice ons laaste pakkie Niknaks. Kan iemand dalk virRead more
Serengeti - Dag 2
October 25, 2016 in Tanzania ⋅ ⛅ 27 °C
Die dag breek rooi en mooi, en later pak die wolke saam - én die hamerkop vlieg hoog - maar reën reën dit nie. Ons ry eers noord van ons kampplek (Dik-Dik, naby Seronera) tot by 'n poel waarin 40Read more
Serengeti - Dag 3
October 26, 2016 in Tanzania ⋅ 🌙 19 °C
Dis ons laaste voldag in die park, en na volmaak by Seronera (dis nou ná ons vir 'n uur na 'n luiperd in 'n boom gekyk het) ry ons - met wasgoed wat droogword op die dashboard - noordweswaarts na dieRead more
Victoriameer
October 27, 2016 in Tanzania ⋅ ⛅ 25 °C
Om na 'n week se sinkplaatslaggatstofpad weer teerpad onder die Fortuner se wiele te voel - lekker! Dis hartseer om tot siens te sê vir die Serengeti en sy wemelende vlaktes, maar verfrissend omRead more
Kom ons bespreek: Serengeti Lager
October 27, 2016 in Tanzania ⋅ ⛅ 25 °C
Vernoem na een van Afrika se grootste wildkykareas - en met 'n forse luiperd op die etiket - jy weet mos dit gaan goed wees! Serengeti het nie veel van 'n smaak nie: dis bier, en dis dit. Maar sy 4.8%Read more
Lang dag, slegte pad
October 28, 2016 in Tanzania ⋅ ⛅ 24 °C
Vandag is lank: ons ry van Mwanza tot digby die Rwandagrens. Die laaste 70 km "teer" is vol slaggate en niks lekker om te ry nie. Tussen die GPS en 'n weldoener spoor ons die Dreamland Motel op, waarRead more
Kigali, Rwanda
October 29, 2016 in Rwanda ⋅ ⛅ 20 °C
Rwanda is dadelik anders: netjies, g'n rommel, beter paaie. In nat valleie sprei ryslande oop. Meer polisie (wat hou van kar deursoek). Geelbekwoue. Heuwels en nog heuwels. O, ja, en jy moet aan dieRead more
Kigali - rondstap en dinge doen
October 31, 2016 in Rwanda ⋅ ⛅ 25 °C
Gister was Sondag, en ons het gerus. Vandag doen ons 'n paar dinge in die stad, beginnende met koffie, ontbyt en poskaarte skryf by Ikerezi-boekwinkel, sommer naby ons hotel. Dit kyk uit oor die stad,Read more
Volcanoes- nasionale park
November 2, 2016 in Rwanda ⋅ ☀️ 19 °C
Hierdie park is in die noordwestelike hoek van Rwanda, waar dit grens aan Uganda en die Kongo. Meeste toeriste kom hierheen om berggorillas te sien, maar ons het die (veel goedkoper) goue-aap ("goldenRead more
Kom ons bespreek: Skol Lager
November 2, 2016 in Rwanda ⋅ ☀️ 18 °C
Bier is nie die eerste ding waaraan jy dink wanneer Rwanda ter sprake kom nie, maar die land het 'n handvol plaaslik-vervaardigde biere. Skol se 5% alkohol belowe skop, maar dis eintlik 'n bedeesdeRead more
Gisenyi
November 3, 2016 in Rwanda ⋅ ☀️ 21 °C
Gisenyi lê teenaan die grens met die Demokratiese Republiek van die Kongo. Alice bly agter in Gisenyi by ons hotel, Discover Rwanda Gisenyi Beach, vir die naweek terwyl ek in die Kongo gaanRead more
Nyiragongo-vulkaan, Kongo
November 4, 2016 in DR Congo ⋅ ☀️ 19 °C
Dit was harde werk: vyf ure se steil klim byna reguit op teen die Nyiragongo-vulkaan - met los klippe, reën en krampe. Maar was dit die moeite werd! Bo gekom is jy op die kraterrand van dié aktieweRead more
Kom ons bespreek: Simba Lager
November 5, 2016 in DR Congo ⋅ ⛅ 28 °C
Hierdie fris 5% Kongo-bier kom in 'n allemintige 650 ml-bottel - jy moet dus gereed wees om bier te drink wanneer die kelner hom voor jou neersit. Simba is lekker, en sonder fiemies. Dit het goedRead more
Berggorillas in die Kongo
November 6, 2016 in DR Congo ⋅ ⛅ 31 °C
Vandag het ek die voorreg gehad om berggorillas van naby te sien in die Virunga- nasionale park in die Kongo naby Goma. Ons was ook gelukkig: 'n nuwe kleinding het deur die nag aangekom en ons was dieRead more
Die pad na Kibuye
November 7, 2016 in Rwanda ⋅ ⛅ 0 °C
'n Kaart en GPS kan jou net soveel vertel. Na 'n lui oggend in Gisenyi ry ons suidwaarts teen die Kivumeer na Kibuye. Ons stop om mooi teeplantasies af te neem. Dan kry ons padwerke, en reën, modder,Read more
Hotel Bethany, Kibuye, Kivumeer
November 8, 2016 in Rwanda ⋅ ☀️ 23 °C
Vandag vat ons dit rustig en vang op met rekenaarwerk, eposse en dinge. Môre ry ons verder suid na Nyungwe Forest- nasionale park. Die uitsig hier is dalk een van Afrika se mooistes. Kan heeldag hierRead more
Nyungwe- nasionale park
November 10, 2016 in Rwanda ⋅ ⛅ 27 °C
In die suide van Rwanda, teen die Burundi-grens, lê dalk hul mooiste park: Nyungwe. Bergwoud, sjimpansees, endemiese voëls - en stilte. Dís wat Nyungwe jou bied. Ons kamp (onderdak, op netjieseRead more
Reënbui oor Kigali
November 11, 2016 in Rwanda ⋅ ⛅ 18 °C
Terug in Kigali vir 'n nag - môre ry ons weer Tanzanië toe. Die terugtog het begin. Ons reis nou al vir 10 000 km nadat ons in September uit Kaapstad vertrek het.
Terug na links, Rusumo
November 12, 2016 in Tanzania ⋅ ⛅ 30 °C
By die Rusumo-grenspos is daar 'n plek in niemandsland - tussen Rwanda en Tanzanië se grensposte - waar jy van "kante" verander. In Rwanda bestuur jy aan die regterkant van die pad, maar in TanzaniëRead more
Weer hierdie stuk pad...
November 13, 2016 in Tanzania ⋅ ⛅ 30 °C
Ek kla nie sommer oor swak paaie nie, maar Tanzanië kan gerus die laaste 80 km "teerpad" na die Rusumo-grenspos regmaak.
Die pad na Kigoma
November 13, 2016 in Tanzania ⋅ ☁️ 15 °C
Kigoma is 'n groot hawedorp teenaan die Tanganjikameer in Tanzanië. Hierdie sowat 350 km-grondpad is ons voorland vandag. Dis nie te sleg nie en die Fortuner handhaaf gemiddeld 50-60 km/h. GelukkigRead more
Jakobsen's Beach, Kigoma
November 13, 2016 in Tanzania ⋅ ⛅ 25 °C
Die plan was om een aand hier te slaap - maar daai plan het verander. Dis net te mooi hier. Ons tent staan naby 'n strandjie, en die water is heerlik. Nog 'n aand, dan.
Ujiji
November 14, 2016 in Tanzania ⋅ ⛅ 26 °C
"Mr Livingstone, I presume?" Dít was Henry Morton Stanley se gevleuelde woorde aan David Livingstone toe hy hom byna presies 145 jaar gelede (onder 'n mangoboom) in die hawedorpie Ujiji teen dieRead more
Die pad na Mpanda
November 15, 2016 in Tanzania ⋅ ⛅ 2 °C
Van Kigoma na Uvinza strek die mooiste teerpad voor die Fortuner uit - ons ry selfs 120 km/h! Daarvandaan is dit (rooi) grondpad van so 180 km na Mpanda, vanwaar 'n nuwe stuk teer ons bring na netRead more




































































































































